|

Bantjesstraat het nou nóg ’n paar slaggate minder

Die AfriForum-tak in Lichtenburg laat nie gras onder hulle voete groei nie. Dié tak het vanjaar al 12 ton teer gebruik om slaggate in Bantjesstraat te vul. Die oorblywende teer is gebruik om ’n sloot wat regdeur Beyers Naude-rylaan loop te herstel.

Hoewel daar nog baie werk voorlê om Lichtenburg heeltemal slaggatvry te maak is hierdie tak positief dat die werk wat hulle doen daartoe bydra. “AfriForum se Lichtenburg-tak sou nie kon doen wat hulle doen sonder die ondersteuning en skenkings vanuit die gemeenskap nie. Elke onderneming en elke lid wat hand bysit help ons om ’n verskil te maak,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groot Marico.

Pine Pienaar, leier van hierdie slaggatprojek bedank graag verskeie ondernemings vir hulle bydra en doen ’n beroep op ander ondernemings in die gemeenskap om deel te word van hierdie projek. “Ons bedank graag die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit wat die sement en gruis gegee het vir die voorbereiding, NWK wat weereens hul snymasjien en roller beskikbaar gestel het. Dankie ook aan Gideon van Lichcrete wat die vrag warm teer vervoer het.”

Besoek www.wordlid.co.za om aan te sluit of indien jy graag ’n bydra wil maak vir die slaggatprojek kontak die takvoorsitter, Steyn Kearny, by 082 803 3628.

Soortgelyke plasings