|

Stopteken by gevaarlike kruising in Bethal vervang

AfriForum se Bethal-tak het in samewerking met Konic’s Tyres ’n stopteken by die gevaarlike R545- en Damwalstraat-kruising vervang nadat die aanvanklike teken omgery is.

AfriForum en Konic’s Tyres het die paal en die bord vervang sodat die kruising weer normaal kan funksioneer en sodoende ook motoriste se veiligheid verseker. Hierdie kruising dra hoë volumes verkeer en baie toeriste wat deur Bethal ry maak van dié pad na die sakekern gebruik. Verskeie motoriste het ook oor die kruising gejaag sonder om stil te hou.

“Hierdie kruising word daagliks deur ons kliënte gebruik en ons kan nie wag dat iemand die teken vervang nie, daarom het ons en AfriForum dit self gedoen,” sê Jaco Wehmeyer van Konic’s Tyres in Bethal.

Sluit vandag nog by die AfriForum-tak in Bethal aan: SMS “Bethal” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings