TAKSUKSESSE: FEBRUARIE 2023

GAUTENG

GROTER PRETORIA-NOORD

Groter Moot

  • Die tak se buurtspan het voortgegaan met talle van sy projekte.
  • Die tak se buurtspan het nuwe toerusting by ’n parkie geïnstalleer.
  • Die tak se buurtspan het voortgegaan met volhoubare skoonmaakprojekte.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n boom te verwyder wat omgeval en ’n pad versper het.
  • Die tak het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel.
  • Die buurtwag het twee onwettige daggaplantasies verwyder.
  • Die tak het ’n nuwe Mahindra-bakkie ontvang.
  • Die buurtwag het gereeld sigbaarheidspatrollies gehou.

Wes-Moot

  • Die buurtwag het ’n sigbaarheidspatrollie gehou.

Noord van die berg

  • Die tak se buurtspan het voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojekte.

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het gehelp om ’n arrestasie uit te voer ná ’n diefstal.
  • Die buurtwag het gereeld sigbaarheidspatrollies gehou.
  • Die tak het ’n noodwaterpunt opgerig om water aan die gemeenskap te verskaf.

Apiesrivier

  • Die buurtwag het sigbaarheidspatrollies gehou.

Moreletapark

  • Die buurtwag het ’n boom uit ’n pad verwyder sodat verkeer kon vloei.

GROTER PRETORIA-SUID

Centurion

  • Die tak se buurtspan het seker gemaak Furman-park bly netjies deur onkruiddoder toe te dien.
  • Die tak se buurtspan het skoongemaak op die hoek van die R101 (Ou Johannesburgweg) en Panoramaweg in Rooihuiskraal.
  • Taklede het seker gemaak die woonbuurt bly skoon deur vier betonasblikke in Fleurpark in Lyttelton op te rig.
  • Die tak en sy buurtspan het saamgewerk om gevaarlike gebiede op die hoek van Naaldehout- en Silwer-Eikelaan in Heuweloord skoon te maak.
  • Taklede het Furman-park skoongemaak as deel van hul neem-’n-area-aan-ooreenkoms met die Tshwane-metro.
  • Die buurtwag het ’n suksesvolle sigbaarheid-en-werwingsoperasie op die hoek van Cliftonlaan en Rabiestraat in Lyttelton Manor gehou.
  • Die tak het voortgegaan met sy herwinningsprojek. 

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Fochville

  • Buurtwaglede het die SAPD en die verkeerspolisie op twee geleenthede ondersteun tydens optogte in die gebied.
  • Die tak het die elektriese afdeling van die Merafong Plaaslike Munisipaliteit ondersteun deur vir hulle ’n TLB en ’n gazebo te reël tydens swaar reën sodat hulle kon voortgaan met herstelwerk aan die kragnetwerk.
  • Taklede het saam met gemeenskapslede ’n skoonmaakprojek by die watertenk gehou.
  • Die tak en die gemeenskap het ’n gesamentlike skoonmaakprojek by die Gert van Rensburg-stadion gehou.

Heidelberg

  • Die buurtwag het die SAPD gehelp om ’n motorkaping te fnuik.
  • Buurtwaglede het kabels toegegooi wat deur kabeldiewe oopgegrou is.

Roodepoort

  • Die tak het ’n bewusmakingsaksie in die dorp gehou.
  • Buurtwaglede het verhoed dat verkeersligte gesteel word.

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op die hoek van Mendelssohn- en Dvorakstraat tydens ’n huisbraak. Die verdagte is aangekeer en aan die SAPD oorhandig.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n brahmaanbul wat in Ameshofstraat rondgedwaal het saam met ander beeste terug na sy eienaar se kleinhoewe te jaag.
  • Die tak het 14 klagtes oor waterlekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 16 klagtes oor rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Taklede het ’n speelpark in Louw Wepenerstraat oorgeverf.           
  • Taklede het herstel- en verfwerk op speelparktoerusting in Parsonsstraat gedoen.
  • Die tak het middelmanne in Pasteurboulevard gesny.
  • Taklede het gras gesny en ’n mangat oopgemaak in Rossiniboulevard.
  • Taklede het gras gesny in Pasteurboulevard en skoongemaak voor Herfsoord en Jeugland.
  • Die tak het gras gesny en skoongemaak in Carpentierstraat.
  • Taklede het gras gesny in Parsonsstraat.

Alberton

  • Buurtwaglede het ’n gemeenskapslid te hulp gesnel nadat haar voertuig sonder brandstof langs die pad gaan staan het in Randhart, Alberton.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n ongelukstoneel in Brackendowns te beveilig.
  • Taklede het gehelp om hulp te ontbied met die hantering van ’n psigiatriese pasiënt.
  • Die tak het ondersteuning gebied nadat ’n mesgeveg in Mayberry Park uitgebreek het. Die SAPD en plaaslike sekuriteitsmaatskappye was ook op die toneel. Verdagtes is in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op wapens.
  • Die tak het in samewerking met privaat sekuriteitsmaatskappye en die Ekurhuleni-metropolisie ’n diensleweringbetogingstoneel bygewoon waartydens voertuie met klippe bestook en die R554 versper is. Die skare is uiteindelik uiteen gedryf en geen beserings is aangemeld nie.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD ’n suksesvolle misdaadbekampingsoperasie in die Alberton-gebied uitgevoer.

OOS-RAND

Brakpan

  • Die tak het ’n opleidingskursus in basiese brandbestryding bygewoon ten einde die gemeenskap te help in onvoorsiene omstandighede.
  • Die buurtwag het ’n suksesvolle taktiese vuurwapenopleidingsessie aangebied.
  • Taklede het basiese opleiding in noodhulp en brandbestryding by die Laerskool Dalpark aangebied as deel van ’n projek om die gemeenskap te bemagtig.
  • Taklede het in samewerking met die gemeenskap ’n park in Anzac skoongemaak.
  • Die tak het die gras op die middelmanne in Hamiltonlaan in Brakpan-Noord gesny.

Benoni

  • Die buurtwag het basiese vuurwapenopleiding aan agt van sy lede gebied.
  • Die buurtwag het 3 192 km in 483 manure in Februarie afgelê.
  • Taklede het die dorp netjies help hou deur die park tussen Mowbraylaan, Kimbolton- en Wootenstraat se gras te sny.
  • Taklede het die dorp netjies help hou deur die park tussen Princesslaan en Main Reefweg se gras te sny.
  • Taklede het die dorp netjies help hou deur die park tussen Main Reefweg en Russelstraat se gras te sny.
  • Taklede het die dorp netjies help hou deur die sypaadjies in Great Northweg met onkruiddoder te spuit.
  • Die tak het die gemeenskap ondersteun deur die plaaslike polisiestasie se muur te herstel nadat dit onlangs beskadig is toe ’n boom daarop geval het ná hewige storms.
  • Taklede het ’n ouetehuis se wasgoedlyne herstel.
  • Die tak het 29 slaggate in die Rennie-pad opgevul deur 20 sakke geborgde teer te gebruik.
  • Willards het 45 bokse skyfies aan die tak geskenk, waarna die tak dit tussen Shady Pines-ouetehuis en iKhaya da Luz-kinderhuis verdeel het.
  • Die tak het 103 slaggate opgevul waarvoor sowat 60 sakke teer gebruik is wat deur die gemeenskap geborg is. Woodpecker-, Sable-, Bushbuck-, Springbok-, Flamingo- en Weaverstraat se slaggate is opgevul.
  • Taklede het ’n gemeenskapslid gehelp om die gras op haar kleinhoewe te sny. Vier bome is ook gesnoei om sigbaarheid te verbeter.   

Boksburg

  • Die buurtwag het gereageer op ’n voorval van huismoles in Beyerspark. Geen beserings is opgedoen nie en van die partye het gevlug met die buurtwag se aankoms.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n toneel waar ’n gewapende man gedreig het om ’n vrou en drie kinders dood te maak. Nooddienste is ontbied, ’n saak is by die polisie aanhangig gemaak en ’n ongelisensieerde vuurwapen is gekonfiskeer.
  • Buurtwaglede het na afloop van ’n gewapende rooftog noodhulp toegepas op ’n individu wat aangeval is en verskeie snywonde aan sy gesig opgedoen het.
  • Die buurtwag het bystand gebied op ’n toneel waar ’n voetganger deur ’n voertuig raakgery is en verskeie beserings opgedoen het. Nooddienste is ontbied en die pasiënt is na ’n hospitaal vervoer.
  • Die tak het ’n ongelukstoneel in Boksburg-Oos beveilig en ondersteuning aan beseerdes gebied. Nooddienste is ontbied en pasiënte is na die hospitaal vervoer.
  • Taklede het uitgehelp op ’n toneel in Windmill Park waar ’n persoon in die been geskiet is tydens ’n kaping. Die toneel is aan die SAPD oorhandig.

Edenvale

  • Die tak het die gemeenskap ondersteun deur die lisensiekantore wat deur gemeenskapslede gebruik word, gereeld op te knap. Die terrein wat vir die storting van rommel gebruik is, is skoongemaak, gras is gesny en randstene is ook skoongemaak. 

Germiston

  • Die buurtwag het in samewerking met ’n plaaslike sekuriteitsmaatskappy in Primrose tydens ’n patrollie op ’n verdagte persoon afgekom. Gesteelde sonkragtoerusting en dwelmtoebehore is in sy besit gevind.
  • Taklede het gehelp om ’n boom in Herfsstraat in Klopperpark te verwyder nadat dit omgeval het.
  • Die buurtwag het ’n gemeenskapslid ondersteun nadat sy voertuig gekaap is. ’n Saak is by die polisie oopgemaak en die voertuig is in Soshanguve opgespoor.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die SAPD en die petroljoggies van ’n plaaslike Engen-vulstasie in Klopperpark ’n verdagte aangekeer wat iemand se selfoon probeer roof het. Die verdagte se voertuig is deursoek en ses gesteelde selfone is gevind.
  • Die buurtwag was blitsvinnig op ’n toneel waar ’n huisroof besig was om plaas te vind. Hoewel die rowers onkant betrap is het hulle steeds daarin geslaag om met ’n TV en radio op die vlug te slaan.
  • Die tak het ondersteuning gebied op ’n toneel waar ’n vrou in kraam gegaan en vir ’n ambulans gewag het. ’n Babadogtertjie is egter gebore voordat die ambulans opgedaag het en sowel mamma as baba is gesond.

Kempton Park

  • Die tak het sy prokureurs opdrag gegee om ’n aanmaning aan die Ekurhuleni-metro te stuur met betrekking tot die gebrek aan vullisverwydering.
  • Buurtwaglede het aan ’n skietopleidingsdag aan die Oos-Rand deelgeneem.
  • Die buurtwag het aan verskeie veiligheids- en sigbaarheidsoperasies in die omgewing deelgeneem.

Springs

  • Die tak het sy prokureurs opdrag gegee om ’n aanmaning aan Nersa te stuur om die swak onderhoud en dienslewering op Springs se kragstelsel aan te pak.
  • Die tak het sy prokureurs opdrag gegee om ’n aanmaning aan die Ekurhuleni-metro te stuur ten opsigte van die swak diens met betrekking tot vullisverwydering in die dorp.
  • Taklede het as puntsmanne opgetree tydens die DBV se nagdraf.
  • Die tak het ’n suksesvolle skietdag aangebied wat deur die AfriForum-takke aan die Oos-Rand bygewoon is.
  • Taklede het die gemeenskap ondersteun deur 4de Laan in Geduld af te sper tydens ’n mediese noodgeval.
  • Die buurtwag het die GPF ondersteun nadat hulle deur ’n taxibende geteister is.
  • Die tak het danksy sy SNIPR-kamerastelsel ’n voertuig geïdentifiseer wat vermoedelik by ’n huisroof gebruik is. Die SAPD is ontbied en ’n verdagte is in hegtenis geneem.

MPUMALANGA

Bethal

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

Delmas

  • Die tak het in samewerking met Delmas Herleef die verkeerstrepe en randstene in Van der Waltstraat oorgeverf.
  • Die Delmas Valke-buurtwag, die Eloff-buurtwag en die Sundra Bulldogs het ondersteuning gebied tydens die onlangse onluste wat in Delmas en Eloff voorgekom het.

Witbank

  • Die tak het ’n projek by die Pottebakkershuis in die dorp voltooi; gasstowe is geïnstalleer om die uitwerking van beurtkrag te versag.
  • Die tak het nuwe grassnytoerusting ontvang.
  • Taklede het slaggate opgevul.

Middelburg

  • Die tak het ’n nuwe hommeltuig ontvang om te help om misdaad in die dorp te bekamp.

Standerton

  • Taklede het die dorp se inwoners ondersteun tydens die onlangse vloede.
  • Taklede het die Voetsporemonument skoongemaak.
  • Die tak het in samewerking met die Lekwa Plaaslike Munisipaliteit rondom ’n substasie gras gesny en opgeruim.

Piet Retief

  • Die tak het ’n fondsinsameling vir die HOPE-projek gehou.
  • Die tak het saam met die Mkhondo Plaaslike Munisipaliteit ’n projek van stapel gestuur om die siwwe van die waterpompe wat die dorp se waternetwerk uit die Assegaairivier voed, skoon te maak.

Nelspruit

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou.
  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojek op die Kaapsehoop-pad.
  • Buurtwaglede het tydens patrollies op verskeie ongelukstonele met verkeerbeheer en toneelhantering gehelp.
  • Die tak het staproetes in die Steiltes-natuurreservaat oopgesny.
  • Taklede het gras gesny vanaf die Steiltes-verkeersirkel tot by die afdraai na die Steiltes Spar.

Witrivier

  • Die buurtwag het tydens patrollies op verskeie ongelukstonele uitgehelp met verkeerbeheer en toneelhantering.
  • Buurtwaglede het die Hoërskool Rob Ferreira ondersteun tydens onluste by die skool.

Lydenburg

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou deur die loop van die maand.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsrolspelers die moordenaars van ’n plaasboer in Badfontein vasgetrek. 
  • Die tak het R3 200 aan die plaaslike sakekamer geskenk om te gebruik vir skoonmaakprojekte.
  • Die buurtwag het die dorp help opruim ná hewige storms groot skade veroorsaak het.

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte het goed gefunksioneer tydens watertekorte in die dorp.
  • Die tak se asblikprojek het daartoe bygedra om die dorp skoon en netjies te hou.

Machadodorp

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou deur die loop van die maand.
  • Die tak het vier noodwaterpunte in die dorp opgerig.
  • Taklede het slaggate in Kerkstraat opgevul.
  • Die tak het die munisipaliteit gehelp om waterpype reg te maak. 

Dullstroom

  • Die tak het ’n skoonmaakaksie gehou vanaf die MBT-vulstasie tot by Anvil Ale House & Brewery.
  • Buurtwaglede het gereeld patrollies gery saam met die plaaslike GPF.

LIMPOPO

Ellisras

  • Die tak het aan die munisipaliteit gekommunikeer dat ’n vullisterreinoudit uitgevoer gaan word.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.
  • Die tak het ’n nuwe bestuur verkies.
  • Die tak het ’n brandkar ingestuur vir ’n diens.
  • Die tak het ’n bestuursvergadering gehou.

Pietersburg

  • Taklede het patrollies gery deur die loop van die maand.
  • Die tak het aan die munisipaliteit gekommunikeer dat ’n vullisterreinoudit uitgevoer gaan word.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.
  • Die tak het die openbare verhoor oor die Bela-wet bygewoon.
  • Die tak ondersoek ’n saak nadat kinders by ’n skool deursoek is.

Tzaneen

  • Die tak het aan die munisipaliteit gekommunikeer dat ’n vullisterreinoudit uitgevoer gaan word.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.
  • Die tak het die openbare verhoor oor die Bela-wet bygewoon.
  • Die buurtwag het patrollies gery deur die loop van die maand.

Messina

  • Die buurtwag het patrollies gery deur die loop van die maand.
  • Die tak het aan die munisipaliteit gekommunikeer dat ’n vullisterreinoudit uitgevoer gaan word.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.
  • Die tak is besig met ’n sesmaandeprojek.

Thabazimbi

  • Die tak het aan die munisipaliteit gekommunikeer dat ’n vullisterreinoudit uitgevoer gaan word.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.
  • Die tak het ’n nuwe bestuur verkies.

Marble Hall

  • Die buurtwag het 93 patrollies gery deur die loop van die maand.
  • Die tak het ’n teenboeliepraatjie by drie skole aangebied.
  • Die tak het ’n leierskapontwikkelingskursus by die Laerskool Marble Hall vir 65 leerders aangebied.
  • Taklede het die Ruiterwagmonument besoek en beplan ’n moontlike projek.

Naboomspruit

  • Die buurtwag het ’n gesteelde voertuig teruggevind.
  • Die buurtwag het die SAPD gehelp om ’n gewapende rooftog te fnuik.
  • Buurtwaglede het gesteelde vuurwapens teruggevind.

Nylstroom

  • Die tak beplan ’n gholfdag.

Warmbad

  • Die tak het ’n teenboeliepraatjie by die Laerskool Warmbad gehou.
  • Die tak het ’n leierskapontwikkelingskursus by die Laerskool Warmbad aangebied.
  • Die tak het twee bossiekappers aangekoop.
  • Die tak het twee parke in die dorp skoongemaak.
  • Die tak het ’n asblikprojek van stapel gestuur.
  • Die tak het die dorp se watersuiweringsaanlegte besoek.

Potgietersrus

  • Die tak het ’n vergadering oor landelike veiligheid bygewoon.
  • Die tak het ’n gemeenskapsbraai gehou om nooddienste te bedank.

Hoedspruit

  • Die tak het ’n boorgatpomp by die noodwaterpunt by die AGS Kerk reggemaak.

Groblersdal

  • Die tak het as borg opgetree by die Bosveld-interhoëratletiekbyeenkoms.
  • Die tak het ’n teenboeliepraatjie by die CVO Gromar Landbou-akademie aangebied.
  • Die tak het ’n leierskapontwikkelingskursus by die CVO Gromar Landbou-akademie aangebied.
  • Die tak het ’n memorandum aan die Landdroshof in Groblersdal oorhandig.
  • Die tak het ’n volhoubare herwinningsprojek by skole in die dorp gehou.
  • Die tak het asblikke vir die Hoërskool Ben Viljoen op die dorp aangekoop.
  • Taklede het die Ruiterwagmonument besoek en beplan ’n moontlike projek.

SENTRAALSTREEK

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die buurtwag het 87 patrollies gery.
  • Die tak het in samewerking met die Nala Plaaslike Munisipaliteit, Trota Bothaville en die Bothaville Sakekamer slaggate opgevul in die pad wat na die Meyerhof-uitbreiding lei.

Deneysville

  • Taklede het ’n skoonmaakaksie rondom die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit gehou. Sommige werknemers van die munisipaliteit het ook daaraan deelgeneem.  

Parys

  • Die buurtwag het vyf patrollies gery.
  • Die tak het vloedslagoffers ondersteun deur voertuie uit die water te haal en paaie te sluit.

Sasolburg

  • Taklede het 78 ha gras gesny en 4 ha skoongemaak.
  • Die tak het ’n Amper Herfsmark in die Hoëveldse Tuine gehou.
  • Die buurtwag het vyf patrollies gery in samewerking met die GPF, die SAPD en ander buurtwagte. Drie voorvalle is suksesvol hanteer en buurtwaglede het die SAPD ook gehelp met die uitvoering van arrestasies en die korrekte hantering van ’n moordtoneel.

Viljoenskroon

  • Die tak het ’n skrywe aan die toepaslike departement gerig oor kennisgewingborde wat nie by ’n oorstroomde pad opgerig is nie.

HOOGLAND

Kroonstad

  • Die tak het op Valentynsdag inwoners van Residentia Arboretum, ’n sentrum vir bejaardes, besoek en elkeen met ’n sjokolade bederf. Anci en Anthony Duffin, asook Carel Steyn het inwoners én taklede met hul musiek vermaak, waarna almal saam middagete geniet en gekuier het.

ROSESTAD

Algemeen

  • Volhoubare skoonmaakprojekte is weekliks by die volgende plekke gehou:
  • Nelson Mandelaweg
  • Curielaan
  • Du Plessisstraat (asook die park)
  • Gardeniapark (park)
  • Rayton-Heuwelsig (parke)
  • Hillsboro (park)
  • Brits-monument
  • Ou Presidensie se tuin
  • Pres. Brand-begraafplaas
  • Vullisterreinoudits is by die vullisterreine in Bloemfontein-Suid en Bloemfontein-Noord uitgevoer, asook in Dealesville, Boshof en Zastron.
  • Een van die takke se lugsteunspanne het die Laerskool Universitas (Tjokkies) se opedag ondersteun deur ’n hommeltuigdemonstrasie te doen.
  • Die AfriForum-buurtwagte in die stad het saam met nooddienste en sekuriteitsmaatskappye hul ondersteuning vir Internasionale Kinderkankerdag gewys. Die volgende rolspelers was ook daarby betrokke en het gehelp om bewusmaking daaroor te skep: AfriForum 911 S1, VR Security, VR Med, Trauma Response Africa, Life Rosepark Hospitaal EMS, ER24, SecuriForce en die SAPD.
  • AfriForum se Bloemfontein-takke het die nuwe jaar op ’n hoë noot afgeskop deur vier nuwe volhoubaarheidsprojekte in die stad van stapel te stuur. Dié nuwe projekte fokus op Du Plessisstraat in Langenhovenpark en ’n groot gedeelte van Nelson Mandelaweg en Curielaan, asook die park in Orchidsingel in Gardeniapark.

Langenhovenpark

  • Willie van Zyl, ’n taklid, het AfriForum se trekker gebruik om die gras in die velde rondom Jan Marxstraat te sny en skoon te maak.

Bloemfontein-Noord

  • Die buurtwag se reaksiespan het in samewerking met Bloemsec, Pro Force Security en die Bayswater-polisiestasie ondersteuning gebied ná inligting ontvang is oor ’n gewapende rooftog wat besig was om plaas te vind.

Pellissier

  • Buurtwaglede het ’n bewusmakingsaksie gehou by die bewaringsarea in Pellissier.

Uitsig

  • Die Sektor 4-buurtwag se patrolliespan het saam met SecuriForce en ADT op ’n noodroep gereageer en verdagtes vasgetrek. Die verdagtes is daarna aan die SAPD oorhandig.
  • Die Sektor 4-buurtwag se patrolliespan het ’n inligtingsessie gehou oor wat om te doen wanneer jy ’n giftige slang teëkom. Tydens die inligtingsessie is daar aan die patrolleerders verduidelik hoe om ’n giftige slang uit te ken en hoe om te reageer.

Fichardtpark

  • Sektor 5-buurtwaglede het die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) ondersteun deur as ’n groep almal saam bloed te skenk.

Hospitaalpark

  • Die Sektor 3-buurtwag en AfriForum se Hospitaalpark-buurtwag was in beheer van alle veiligheidsaspekte tydens ’n konsert van Droomsindroom wat by die Hoërskool Jim Fouché gehou is.

Gardeniapark

  • Die Sektor 3-buurtwag se reaksiespan het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Gardeniapark. Danksy AfriForum se nasionale radionetwerk was Life Rosepark EMS en VR Med binne 3 minute op die toneel.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Taklede het gehelp om slaggate in Doringkruin op te vul.

Hartbeesfontein

  • Buurtwaglede het daagliks patrollie gery.
  • Die buurtwag het die SAPD ondersteun om onluste onder beheer te bring.

Potchefstroom

  • Buurtwaglede het daagliks patrollie gery; 197 patrolleerders het aan 160 patrollies deelgeneem, terwyl altesaam 5 160 km in 508 manure afgelê is.
  • Die buurtwag het sy hommeltuig ingespan en sodoende die SAPD gehelp om ’n arrestasie uit te voer. Die hommeltuig is ook gebruik om akkurate inligting tydens onluste aan die gemeenskap te voorsien.
  • Taklede het waterlekkasies by Molen- en Rossstraat aangemeld en herstel, asook ’n rioollekkasie op die hoek van Perold- en Hoskingstraat.
  • Die tak het 18 slaggate met 70 sakke teer opgevul, waaronder in Chief Albert Luthuliweg naby die Engen-vulstasie, asook in Govan Mbekilaan net ná die kruising met Du Plooystraat.  

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het konstant druk op die munisipaliteit geplaas om oplossings vir probleme in die dorp te vind.
  • Die buurtwag het daagliks patrollie gery.

Orkney

  • Buurtwaglede het vloedslagoffers ondersteun deur kospakkies aan hulle uit te deel en die verkeer te reguleer.

Wolmaransstad

  • Die buurtwag het daagliks patrollie gery, veral in ag genome die gedurige kragonderbrekings.

STELLALAND

Delareyville

  • Die tak het meer as 119 sakke teer aan gemeenskapslede uitgedeel wat self ingespring het om slaggate in die dorp op te vul.

Vryburg

  • Taklede het die konsentrasiekamp op die dorp onderhou deur die gras te sny en onkruid te verwyder. Die tak het die konsentrasiekamp aangeneem en sal voortgaan om dié erfenisterrein te onderhou.
  • Die buurtwag het hulp aan die SAPD verleen toe ’n verdagte voertuig deur die SAPD afgetrek en deursoek is. Daar is beslag gelê op 30 bondels koperdraad en die ongelisensieerde voertuig.
  • AfriForum se Stella-sektor, wat deel van die Vryburg-buurtwagstrukture vorm, het verskeie gesteelde goedere teruggevind, waaronder ’n sonpomp en sonpanele ter waarde van R30 000. Dit behoort aan ’n boer in die Stella-omgewing.

MARICO

Brits

  • Die buurtwag het inligting ontvang dat twee verdagtes besig was om die treinspoor agter Lighthouse Christian College in Raasblaarstraat te beskadig. Buurtwaglede het in samewerking met Transnet en sekuriteitsmaatskappye soos Monitor Net, Protego Security, Secra Security en PPS Security ondersoek gaan instel en hulle na die toneel gehaas. ’n Beskrywing van die verdagtes is uitgestuur en hulle is uiteindelik op die treinspoor vasgetrek met die kabels nog in hul besit.
  • Die tak het na aanleiding van die ontdekking van ’n liggaam in ’n park in Van Deventerstraat besluit om saam met die plaaslike gemeenskap te werk en Bodensteinstraat in Kareepark skoon te maak. Lang gras is ’n groot veiligheidsrisiko vir die omliggende gemeenskap en word daarom eerder kort gesny.
  • Die buurtwag het in samewerking met Secra Security ’n verdagte vasgetrek wat ’n selfoon by ’n onderneming in die dorp gesteel het.

Rustenburg

  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojek en 3 ha gras op die hoek van Kerk-, Bult- en Krugerstraat gesny om sodoende veiligheid te verbeter.

KWAZULU-NATAL

Newcastle

  • Die tak het met die Normandien-boeregemeenskap vergader om die stand van die Ntshingwayo-dam te bespreek. Dít volg nadat verskeie pogings deur die boeregemeenskap onsuksesvol was om die Departement van Waterwese so ver te kry om dié dam se sluise te herstel.

Vryheid

  • Die tak het deelgeneem aan gesprekke met betrekking tot die AbaQulusi Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP). Tydens hierdie vergadering het AfriForum die swak finansiële prestasies en probleme van die munisipaliteit uitgewys. Taklede het ook skriftelik voorstelle gedoen vir dringende projekte wat aangepak moet word.

Richardsbaai

  • Die tak het druk op die uMhlathuze Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen om ’n aksieplan saam te stel om die gedurige rioolstorting by ’n pompstasie stop te sit.

Laer Suidkus

  • Die tak het verskeie veiligheidstoerusting aangeskaf. Hierdie toerusting sluit koeëlvastebaadjies, kolligte, kegels en noodhulpsakke in. Dit is deel van die tak se pogings om hul gemeenskap te beveilig.

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Kamiesberg

  • Die tak het Kamieskroon se strate gereeld skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het deurlopend water-, elektrisiteits- en rioolprobleme aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het ’n boorgatwaterpomp uitgehaal en by Franklin Johannesburg laat toets en laat regmaak, waarna taklede dit weer gaan terugsit het om water aan die gemeenskap van Kamieskroon te verskaf.

Kakamas

  • Die tak het deurlopend water-, elektrisiteits- en rioolprobleme aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het gehelp om die dorp skoon te maak.
  • Taklede is ook besig om die plaaslike vullisterrein reg te ruk.
  • Die tak het in samewerking met Lumber City spoedhobbels in Kakamas se hoofstraat voor die Hoërskool Martin Oosthuizen en die Laerskool Kakamas oorgeverf.

Kathu

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het die parkeerterrein voor Fit-It skoongemaak en bome wat taklede in die parkeerterrein geplant het, met water natgelei.
  • Die tak het deurlopend water-, elektrisiteits- en rioolprobleme aan die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het drinkwatermonsters van twee woonbuurte in Kathu by Pathcare laat toets, wat bevestig het dat die water 100% geskik is vir menslike gebruik.
  • Die tak het die Kathu-brandweer gehelp om hulle terrein skoon te maak en die kantore te verf.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het gereeld patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het weekliks Keimoes se hoofstraat en waterwiel (wat tot ’n nasionale monument verklaar is) skoongemaak, vullis na die vullisterrein weggery, gras gesny en beddings skoongemaak.
  • Taklede het die badkamers by die waterwiel wat vir toeriste bedoel is, skoongemaak. Hierdie is ’n volhoubare projek.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het gereeld patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, elektrisiteits- en rioolprobleme aan die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het gehelp om brande in die omgewing van Kuruman, Daniëlskuil en Postmasburg te blus.

Springbok

  • Die tak het deurlopend water-, elektrisiteits- en rioolprobleme aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het saam met die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit gewerk om die dorp se vullisterrein op standaard te bring. Hierdie is ’n deurlopende projek.

Upington

  • Die tak het deurlopend water-, elektrisiteits- en rioolprobleme aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het ’n park naby die Kalahari-winkelsentrum skoongemaak en gebreekte takke en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het stoptekens en pale by drie belangrike en besige kruisings in Upington vervang waar daar baie verkeer is.

Williston

  • Die tak het deurlopend water-, elektrisiteits- en rioolprobleme aan die Karoo Hoogland Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Delportshoop

  • Die tak het aan die Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit se GOP-proses deelgeneem.

Kimberley

  • Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het gereeld patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het opleiding aan buurtwaglede en belangstellendes gebied.

Vaalharts

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied om verdagtes ná ’n rooftog vas te trek.
  • Die buurtwag se lede het vergader.
  • Die tak het die vullisterreine in Jan Kempdorp en Hartswater geoudit as deel van AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek.

Warrenton

  • Die tak het die vullisterrein in Warrenton geoudit as deel van AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek.

OOS-KAAP

Cradock

  • Die tak het die Inxuba Yethemba Plaaslike Munisipaliteit gehelp om waterprobleme in Cradock op te los.
  • Taklede het talle vergaderings bygewoon om die dorp se waterprobleem op te los.
  • Die tak het twee noodwaterpunte vir die gemeenskap opgerig.

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei- en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Jeffreysbaai

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het kameras opgerig as deel van hulle kameraprojek.
  • Die tak het sy eie herhaler opgerig om kommunikasie tussen mekaar te verbeter.

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive- en Broadwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het sy beplanning vir die nuwe jaar afgehandel.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die buurtwag het drie van sy lede gehelp om as hommeltuigvlieëniers te kwalifiseer.

Uitenhage

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse vullisterreinouditprojek deelgeneem.

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het sy hommeltuig gebruik om die SAPD en ander partye te ondersteun.
  • Taklede het ’n herhaler opgerig om radiokommunikasie in die gebied te verbeter.

Durbanville

  • Taklede het die opknappingswerk by die Byekorf-verkeersirkel naby die Laerskool Durbanville en die Durbanville Kinderhuis voltooi. AfriForum se Durbanville-tak was die grootste borg van hierdie gemeenskapsprojek.

Helderbergkom

  • Die buurtwag het drie van sy lede gehelp om as hommeltuigvlieëniers te kwalifiseer.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n gesteelde voertuig terug te vind, terwyl hulle ook twee arrestasies help uitvoer het.

Kraaifontein

  • Die tak het deurlopend aan klein projekte gewerk, waaronder die skoonmaak en grassny van parkies in die omgewing.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het help soek na verdagtes ná ’n plaasaanval naby die N7-snelweg.

Overstrand

  • Die Stanford- en Hemel-en-Aarde-plaaswag, asook die Alfa-, Fisherhaven- en Pearly Beach-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak se protospan het talle suksesse met hul hommeltuig behaal.
  • Die tak het ’n sosiale funksie gehou waartydens taklede in die dorp die takbestuur ontmoet het. Dit is ná die tyd afgesluit met ʼn bring-en-braai-geselligheid.

Stellenbosch

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het demonstrasies gelewer oor nagsigtoerusting en flitse, asook die aanwending van ’n hommeltuig in die aand.

Strand

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het uitreikingswerk in die gemeenskap gedoen om veral bejaardes en behoeftiges te ondersteun.

Matzikama

  • Die Holrivier-, Koekenaap-, Vredendal-, Spruitdrif-, Lutzville-, Kleinrivier-, Nuwerus- en Trawal-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het met die Matzikama Plaaslike Munisipaliteit onderhandel oor water wat vuil is en die waterpompe van party dorpe wat foutief is.
  • Die tak het met die munisipaliteit vergader oor die vervanging van die ouetehuis se veiligheidsheining.

Weskus

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak is besig met kleiner projekte en bewusmakingsaksies in die gemeenskap, waaronder skoonmaakaksies soos die optel van vullis en die skoonmaak van strande.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

George

  • Die Geelhoutboom- en Harold-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak se jeugvleuel het ondersteuning gebied met die uitvoer van ’n vullisterreinoudit.
  • Die tak het ’n inligtingsessie oor bedreigde plantspesies bygewoon wat deur kapt. Du Toit van die SAPD aangebied is.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die takbestuur het die Groot Brakrivier-buurtwag se sosiale geleentheid bygewoon wat by Ruiterbosch Lodge gehou is.

Kaap Agulhas

  • Die tak beplan om 2023 met mening aan te durf.

Knysna

  • Die takbestuur het die Groot Brakrivier-buurtwag se sosiale geleentheid bygewoon wat by Ruiterbosch Lodge gehou is.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana- en Groot Brak-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die buurtwag het ’n sosiale geleentheid aangebied waartydens genl.maj. Roland de Vries die gaste toegespreek het oor die veiligheidsituasie in die Suid-Kaap.
  • het naamplate aangebring by die bome wat tydens 2021 en 2022 se boomplantmaand aangeplant is.
  • Die tak het bemarking gedoen tydens Business Finder se weeklikse netwerksessie.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n jeugbraai aangebied.
  • Die tak het bemarking gedoen by die Mosselbaai Sakekamer se maandelikse netwerkbyeenkoms.
  • Die tak het met AfriForum se Oudtshoorn-tak vergader om raakpunte te bespreek en inligting oor die #VegEnBou-week met hulle te deel.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het met AfriForum se Mosselbaai-tak vergader om raakpunte te bespreek en inligting oor die #VegEnBou-week met hulle te deel.
  • Taklede het die bome in Luscombe-, Rademeyerstraat en Parkweg-Suid versorg.
  • Die tak het sy algemene jaarvergadering gehou waartydens dr. Ernst Roets die gaste oor federalisme toegespreek het.                          
  • Die tak het ’n ontbyt aangebied waartydens dr. Ernst Roets verskeie hoërskole vanuit die gemeenskap se hoofleiers, asook die skoolhoofde oor leierskap toegespreek het.
  • Taklede het verskeie koördineringsvergaderings bygewoon ten einde ‘n veiligheidswerksessie te reël.                                    
  • Die tak het ’n twee dag lange werksessie by die Oudtshoorn Plaaslike Munisipaliteit aangebied waartydens ’n gemeenskapsveiligheidsforum vir Oudtshoorn gestig is.
  • Taklede het die munisipaliteit ondersteun met die organisering en aanbied van ’n twee dag lange kursus waartydens gebeurlikheidsplanne bespreek en gefasiliteer is deur genl.maj. Roland de Vries en AfriForum se veiligheidspesialis vir die suidstreek.
  • Die tak het die Grootkop-vullisterrein geoudit as deel van AfriForum se jaarlikse vullisterreinouditprojek.

Robertson

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het takvergadering gehou en jaarbeplanning gedoen.

Swellendam

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het met AfriForum se Suid-Kaapse distrikskoördineerder en AfriForum se veiligheidspesialis vir die suidstreek vergader, asook met die SAPD, die verkeerspolisie en Justin Lottering van die Departement van Gemeenskapsveiligheid om onsekerhede rakende samewerking uit die weg te ruim en verhoudinge te versterk.
  • Taklede het takvergadering gehou en jaarbeplanning gedoen.

Soortgelyke plasings