TAKSUKSESSE: MEI 2022

NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Groter Moot

  • Die tak se tuinspan het voortgegaan met verskeie projekte.
  • Die buurtwag het ’n braaigeleentheid vir sy patrolleerders gehou.
  • Die buurtwag se Pitbull-span het ’n patrollie gehou.
  • Die buurtwag se Renoster-span het ’n bergpatrollie gehou.
  • Die buurtwag se Ratel-span het ’n sigbaarheidspatrollie gehou.
  • Die buurtwag se Wildehond-span het opleiding ontvang.
  • Die tak het sy eie dorpskantoor geopen.

Wes-Moot

  • Die tak het ’n stalletjie beman tydens die viering van Coffee with a Cop.

Moreletapark

  • Die tak het ses vullisdromme aan die Moreletapark Natuurreservaat geskenk.

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het ’n gesteelde voertuig opgespoor.
  • Die buurtwag het die gemeenskap ondersteun deur middel van traumabehandeling.
  • Die buurtwag het ’n protesaksie gemoniteer.

Centurion

  • Die tak is voortdurend besig om hul herwinningsprojek volhoubaar te laat groei en uit te brei en het tans 250 herwinningsakke in die gemeenskap.
  • Die tak het Furman-park en Montague Kneen-park in Valhalla skoongemaak as deel van die tak se Neem ’n park aan-inisiatief.
  • Die tak het slaggate opgevul op die hoek van Broadwaystraat en Heklaweg.
  • Die tak se tuinspan het ’n skoonmaakprojek in Solomon Mahlanguweg voor Sol-Tech gehou.
  • Die tak het twee betonasblikke in Furman-park opgerig sodat gemeenskapslede wat die park besoek dit kan help skoonhou.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Heidelberg

  • Die tak het 14 dae lank slaggate in die dorp opgevul.
  • Die tak het vier dae lank vullis in die dorp opgetel.
  • Die buurtwag het die SAPD bygestaan tydens ’n operasie waar 50 suksesse behaal is.
  • Die buurtwag het die SAPD ondersteun tydens ’n motordiefstal waar drie verdagtes in hegtenis geneem is.

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het bystand gelewer nadat ’n ABSA OTM naby ’n Spar geteiken en met plofstof uitmekaar geskiet is. Die verdagtes het egter in ’n gesteelde bakkie gevlug.
  • Die buurtwag het bystand gelewer by die Harmonie Woonstelle ná klagtes van ’n inbraak ontvang is. Die inbreker het van die toneel gevlug.
  • Die buurtwag het bystand gelewer by ’n woning in Buddstraat nadat dwelmverslaafdes sonder toestemming by die inwoners wou intrek. Een persoon is ook aangerand.
  • Die buurtwag het bystand gelewer op die Roodia-kleinhoewes nadat ’n werknemer van Park Radio Taxi’s se motor gekaap is.
  • Die buurtwag het met hul hommeltuig bystand in Brits gelewer en in samewerking met AfriForum se Brits-buurtwag die SAPD ondersteun.
  • Die buurtwag het bystand gelewer op die R59 ná ’n kapingsvoorval en ’n motorfietsongeluk.
  • Die tak het 264 klagtes oor kragonderbrekings ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 90 klagtes oor waterlekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 62 klagtes oor rioollekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 0,82 ha gras voor Canvas Clinic op die Stephanopark-kleinhoewes gesny.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in samewerking met AfriForum se Vereeniging-tak en die ATKV by die Vaal Teknorama Museum in Vereeniging gehou. 1,26 ha gras is onder meer gesny.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek by die dorp se begraafplaas gehou waartydens grafte skoongemaak is en 0,66 ha gras gesny is.
  • Die tak het die lang gras langs die R57 gesny, asook in ’n veld naby ’n woongebied. In totaal is 1,06 ha gras gesny.

Westonaria

  • Die tak het nege klagtes oor kragonderbrekings ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 12 klagtes oor waterlekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het die munisipaliteit versoek om twee parke skoon te maak.

Vereeniging

  • Die tak het die FAK gehelp om ossewaens van Clarens na Parys te verskuif.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in samewerking met AfriForum se Vanderbijlpark-tak en die ATKV by die Vaal Teknorama Museum in Vereeniging gehou. 1,26 ha gras is onder meer gesny.

OOS-RAND

Edenvale

  • Die tak het reuseslaggate in Priceweg in Illiondale opgevul. Dié stuk pad is al lank ’n probleem vir motoriste en die organisasie het besluit om in te gryp.

Benoni

  • Die tak het talle slaggate opgevul en ’n skoonmaakprojek aangepak nadat ’n aantal klagtes ontvang is van slaggate wat die paaie onveilig maak, asook van openbare ruimtes wat vuil is. Altesaam 25 slaggate is in Woburnlaan, Bunyan-, Swan- en Russelstraat opgevul.
  • Die tak het ook in Bunyanstraat die gras op die sypaadjie gesny, ’n stormwaterdrein skoongemaak, rommel opgetel en ’n onwettige kennisgewingbord verwyder.

Brakpan

  • Die buurtwag het opleiding in bloedingbeheer ontvang.

Boksburg

  • Die tak het ’n aanlyn vergadering via Microsoft Teams gehou waartydens ’n nuwe takbestuur verkies en aangekondig is.

Germiston

  • Die tak het vreedsaam buite die Germiston Landdroshof betoog ná die moord op baba Chevonne Rusch. Stefan van Niekerk, die beskuldigde, het in die hof verskyn en die tak het saam met vele ander teen sy borgtogaansoek betoog.

MPUMALANGA

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak se groentetuinprojek het groente voorsien aan verskeie organisasies en tehuise in Bethal en omliggende dorpe.
  • Die tak en Skipgo Teksa het weekliks 30 vullisdromme in die dorp gediens.
  • Die tak het in samewerking met boere in die omgewing ’n opruimingsprojek rondom die N17 in die dorp gehou.
  • Die tak het slaggate in Buffelstraat met doleriet opgevul ter voorbereiding van ’n teerprojek.
  • Die tak het slaggate rondom die Silwerjare-tehuis vir bejaardes met doleriet opgevul.
  • Die tak het in samewerking met Acsu Sekuriteit kameras by die Silwerjare-tehuis vir bejaardes laat installeer.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het bystand gebied op verskeie ongelukstonele.
  • Die buurtwag het twee suksesvolle operasies met hul nuwe hommeltuig gehou om kabeldiewe te stuit. Een arrestasie is uitgevoer, terwyl koperkabels ook teruggevind is.

Ermelo

  • Die buurtwag het in samewerking met Mpumalanga Veiligheid ’n begraafplaaspatrollie van stapel gestuur.
  • Die tak het voedsel aan behoeftige organisasies geskenk.

Witbank

  • Die tak het sy skoleveiligheidsprojek voortgesit; padstrepe is oorgeverf en verkeerstekens is vervang rondom talle skole in Witbank.

Middelburg

  • Die tak het voedsel geskenk aan die Koppiestraat-behuisingsprojek.

Delmas

  • Lede van die Delmas Valke-buurtwag het opleiding ontvang.

Standerton

  • Die tak het in samewerking met Lekwa Clean Up Crew die kruising van Beyers Naudé- en Baumanstraat opgeruim. Lang gras is gesny, die gebied is skoon gehark en vullis is weggery.
  • Die buurtwag het in samewerking met Kasselman Sekuriteit, SA Crows Sekuriteit en plaaslike boere gehelp om ’n gekaapte vragmotor wat graan vervoer, op te spoor. Die waarde van die graan beloop meer as R300 000.

Nelspruit

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou deur die loop van die maand.
  • Die tak het in samewerking met WeCare4Nelspruit al die bushaltes vanaf die Westend Sasol-vulstasie tot by die Crossings-kruising skoongemaak.
  • Die buurtwag het tydens patrollies met verkeerbeheer en toneelhantering op verskeie ongelukstonele gehelp.
  • Die tak het doeke geskenk aan arm bejaarde inwoners van die Nelspruit-ouetehuis wat nie basiese sanitasieware kan bekostig nie.
  • Die tak het staproetes in die Steiltes Natuurreservaat skoongemaak.
  • Die buurtwag het toerusting aangekoop om hul operasies meer doeltreffend uit te voer.
  • Die tak het sy GOP-insette aan die Mbombela Plaaslike Munisipaliteit gestuur.

Witrivier

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou deur die loop van die maand.
  • Die buurtwag het tydens patrollies met verkeerbeheer en toneelhantering op verskeie ongelukstonele gehelp.
  • Die tak het sy GOP-insette aan die Mbombela Plaaslike Munisipaliteit gestuur.

Lydenburg

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou deur die loop van die maand.
  • Die buurtwag het tydens patrollies met verkeerbeheer en toneelhantering op verskeie ongelukstonele gehelp.
  • Die buurtwag het ligte by die Laerskool Lydenburg geïnstalleer om sodoende die veiligheid by die skool te verbeter.
  • Die buurtwag het die SAPD bygestaan in reaksie op ’n plaasaanval digby Badfontein.
  • Die tak het sy GOP-insette aan die Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit gestuur.

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte het suksesvol gefunksioneer tydens watertekorte in die dorp.
  • Die tak het weekliks tien vullisdromme gediens om die dorp se netheid te verbeter.
  • Die tak het ’n Besoek ’n Monument-dag in samewerking met die Mpumalanga Erfenisgroep aangebied en ter voorbereiding daarvoor die Boerebegraafplaas in die dorp skoongemaak.
  • Die tak het ’n stalletjie by die Belfast Akademie se sportdag beman.
  • Die tak het sy GOP-insette aan die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit gestuur.

Machadodorp

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou deur die loop van die maand.
  • Die tak het gereorganiseer.
  • Die tak het gehelp met die aan- en afskakel van pompstasies in die dorp tydens watertekorte.
  • Die tak het tydens patrollies met verkeerbeheer en toneelhantering op verskeie ongelukstonele gehelp.
  • Die tak het sy GOP-insette aan die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit gestuur.

Malelane

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou deur die loop van die maand.

Dullstroom

  • Die tak het sy GOP-insette aan die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit gestuur.

LIMPOPO

Warmbad

  • Die tak het 4,1 ton teer gebruik om slaggate in en om skole en ondernemings in die dorp op te vul.

SENTRAALSTREEK

NOORDWES

MOOIRIVIER

Hartbeesfontein

  • Die buurtwag het ongeveer 40 patrollies deur die loop van die maand gehou en gehelp om vyf gesteelde beeste terug te vind.
  • Die buurtwag het in samewerking met ander instansies die plaaslike laerskool besoek om sowel leerders as onderwysers meer oor veiligheid te leer.
  • Die buurtwag het vier arrestasies uitgevoer vir die besit van gesteelde items.

Klerksdorp

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek by Doringkruin se ingang gehou.
  • Tak- en buurtwaglede het saamgewerk en 14 slaggate voor die Hoërskool Schoonspruit opgevul; 30 sakke teer is daarvoor gebruik.

Potchefstroom

  • Die buurtwag het daagliks patrollie gery; 194 patrolleerders het 148 patrollies tussen 24 April en 23 Mei gery. Altesaam 5 430 km is in 469 manure afgelê.
  • Die tak het talle probleme met betrekking tot plaaslikeregeringsake met die munisipaliteit bespreek, asook ’n vergadering met die waarnemende munisipale bestuurder gehad.
  • Die tak het deur die loop van die maand 152 m² se slaggate met 467 sakke teer opgevul.
  • Die tak het gehelp met die verwydering van indringerbome wat verstoppings tot gevolg het en tot oorstromings langs die Mooirivier lei.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het konstant druk op die munisipaliteit geplaas om oplossings vir probleme in die dorp te vind.
  • Die buurtwag het talle patrollies deur die loop van die maand gehou.
  • Die buurtwag het die SAPD bygestaan met die inhegtenisname van talle verdagtes.
  • Die buurtwag het talle voorvalle hanteer waar die SAPD nie daartoe in staat was nie.

Orkney

  • Die buurtwag het ’n sigbaarheidspatrollie gehou.

Ventersdorp

  • Die buurtwag het addisionele patrollies tydens beurtkrag gery om kabeldiefstal te verhoed.
  • Die tak het deur die loop van die maand 8 ton vullis wat onwettig in die dorp gestrooi is, opgetel en weggery. Dit sluit 296 swartsakke vullis, twee munisipale vullisdromme en tien bakkievragte rommel in.

Wolmaransstad

  • Die buurtwag het addisionele patrollies gery om elektriese substasies tydens onwettige stakings te beskerm.
  • Die buurtwag het beskerming aan kontrakteurs gebied terwyl hulle die dorp se kragtoevoer herstel het.
  • Die tak het teer aan die plaaslike hoërskool geskenk om slaggate rondom die skool op te vul.

STELLALAND

Algemeen

  • Die buurtwagte in Christiana en Vryburg het hard gewerk om sigbaarheid in die onderskeie dorpe te verhoog. 211 patrolleerders het ’n totaal van 107 patrollies aangepak. Die hoofdoel van die patrollies was om sigbaarheid in die onderskeie gebiede te verhoog en sodoende misdaad teen te werk.

Christiana

  • het altesaam 85 kolwyntjies gebak en op Moedersdag uitgedeel aan inwoners van die Edith Smith-ouetehuis op die dorp.    

Vryburg

  • Die tak het die Konsentrasiekampherdenkingsterrein op die dorp skoongemaak. Dit vorm deel van die tak se volhoubare projek om maandeliks hierdie terrein se gras te sny, vullis te verwyder en die bome te snoei. 

Hertzogville

  • AfriForum het strafregtelike klagtes teen die bestuurder van die Tokologo Plaaslike Munisipaliteit gelê rakende rou riool wat al vir meer as agt maande uit die rioolplaas in ’n nabygeleë boer se plaas vloei. Hierdie klagtes volg nadat AfriForum die munisipaliteit op terme geplaas het oor die riool. AfriForum het by die saak betrokke geraak nadat die organisasie verskeie klagtes uit die gemeenskap ontvang het dat die rioolwerke op Hertzogville nie funksioneer soos dit moet nie en dit dan aanleiding gee tot die uitvloei van rou riool.

MARICO

Rustenburg

  • Die tak het in Januarie ’n volhoubare skoonmaakprojek van stapel gestuur. Taklede het hard gewerk om Rustenburg skoon te maak. Vanaf Januarie tot op hede is daar al ongelooflik baie gedoen. In April is 14 sleepwaens vullis en rommel weggery en altesaam 4 ha gras is gesny. Daar is veral gefokus op Arendweg, Kruger-, Dawes- en Nelson Mandelastraat.
  • Die tak is genader om te help met ’n gemeenskapskoonmaakprojek waartydens Bodensteinpark se gras gesny en bome gesnoei is. Die projek was ’n inisiatief van Michael Maritz, ’n passievolle inwoner van Rustenburg, wat 19 ondernemings/organisasies bymekaar getrek het om met die projek te help. Meer as vyf vullisbakke is weggery en 1 ha gras is gesny.

Mooinooi

  • Die tak het slaggate opgevul nadat AfriForum talle klagtes ontvang het oor die haglike toestand van die dorp se paaie. Volgens Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico, versuim die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit om hul daadwerklike pligte na te kom en belastingbetalers se geld reg aan te wend deur basiese dienste in die dorp te lewer.

Zeerust

  • Taklede het bymekaargekom om die slaggatprobleem in Zeerust te takel. Dít volg ná die gemeenskap menige klagtes by die Ramotshere Moiloa Plaaslike Munisipaliteit ingedien het omdat munisipale werkers min tot geen instandhouding verrig nie. 250 sakke teer van 25 kg elk is gebruik om die slaggate op te vul.

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die buurtwag het 96 patrollies gery aangesien goeie sigbaarheid die voorkoms van misdaadaktiwiteite verlaag.

Heilbron

  • Die tak het die ingange na die Vegkop-uitbreiding skoongemaak deur gras te sny, stormwatervore oop te maak en slaggate met gruis op te vul.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit gerig oor die haglike toestand waarin die vullisterrein verkeer, asook die pad langs die terrein.
  • Die tak het ’n buurtwaginligtingsvergadering gehou met die oog op die stigting van ’n AfriForum-buurtwag.

Parys

  • Die tak het gehelp om slaggate op te vul en 2 ton teer hiervoor geskenk.

Sasolburg

  • Die tak het 133 ha gras deur die loop van die maand gesny en ’n gebied van 10 ha skoongemaak.
  • Die tak het voortgegaan met instandhoudingswerk by die Hoëveldse Tuine.
  • Die tak het sy algemene jaarvergadering gehou.

Viljoenskroon

  • Die tak het ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig rakende die rioolprobleem in die dorp.

HOOGLAND

Welkom

  • AfriForum het strafregtelike klagtes teen Zingisa Tindleni, munisipale bestuurder van die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit, ingedien oor rou riool wat al jare lank oorspoel in vleilande, boere se plase, velde, sakegebiede en selfs in erwe uitborrel. Dié klagtes volg nadat AfriForum die munisipaliteit op terme geplaas het oor die rioolprobleme in Welkom en omliggende dorpe. Nadat geen terugvoer ontvang is nie het AfriForum dringend verdere stappe geneem en die munisipale bestuurder strafregtelik aangekla, aangesien sy versuim om haar pligte na te kom.

Kroonstad

  • AfriForum het strafregtelike klagtes teen die munisipale bestuurder van die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit ingedien oor rou riool wat al jare lank oorspoel in vleilande, die Valsrivier, velde, sakegebiede en selfs in erwe uitborrel. Dié klagtes volg nadat AfriForum die munisipaliteit op terme geplaas het oor die rioolprobleme in Kroonstad en geen terugvoer ontvang het nie.

ROSESTAD

Wilgehof

  • Die tak se kontrakteurs het gefokus op die skoonmaak van en sny van gras in Kommandant Erwee- en Montgomerystraat.
  • Taklede het hul trekkergrassnyer gebruik en gefokus op die sny van die middelmanne en velde in Roselaan, Kommandant Erwee- en Mauritzstraat.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in samewerking met verskeie woonbuurtassosiasies in Walter Sisuluweg, een van Bloemfontein se hoofroetes vanaf die N1-snelweg, aangepak waar die hooffokus die sny van gras en vullisverwydering was.

Pellissier  

  • Die tak het Anchor of Hope as kontrakteur aangestel om die AfriForum-parkie namens die tak te onderhou en op die algemene netheid daarvan te fokus.

Hospitaalpark

  • Die tak se kontrakteurs het gefokus op die netheid van Pasteurrylaan waar vullis opgetel is, dreine skoongemaak is en sypaadjies netjies geskoffel is.

Uitsig

  • Die tak se kontrakteurs het gefokus op die skoonmaak van die park op die hoek van Napoleonstraat en Barry Richterweg. Vullis is opgetel en ’n gedeelte van die park is met bossiekappers gesny.
  • Die tak se kontrakteurs het vullis in Dapperweg opgetel om sodoende netheid te bevorder.

Langenhovenpark  

  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare roosboomprojek, asook die skoonmaak van Du Plessisstraat.
  • Die tak het verskeie velde se gras gesny danksy hul trekkergrassnyer.  
  • Die tak het kontrakteurs aangestel om te help met instandhouding en netheid van verskeie velde en parke in Langenhovenpark. Meer as 200 ha gras is al gesny.

Rayton-Heuwelsig

  • Die tak het Anchor of Hope bygestaan met drie volhoubare skoonmaakprojekte.
  • Die tak het instandhouding gedoen by die speelpark in Lucas Steynweg, asook by  die park en veld in David Bothasingel.
  • Die tak het die park in Flockemanstraat in Hillsboro in stand gehou.

KWAZULU-NATAL

Pongola

  • Die tak het ’n dringende vergadering met die uPhongolo Plaaslike Munisipaliteit gehad oor die huidige ontwikkeling van ’n sportstadion in ’n woongebied. Die vergadering volg nadat verskeie regulasies en vereistes nie nagekom is nie.

Richardsbaai

  • Die tak het ’n skrywe aan Nkosenye Zulu, waarnemende munisipale bestuurder van die uMhlathuze Plaaslike Munisipaliteit, gerig en ’n aksieplan versoek om aandag te skenk aan die rioolprobleem by die plaaslike dierebeskermingsvereniging (DBV). Dít volg nadat die tak talle klagtes ontvang het oor rou riool wat ná reënbuie by die mangate op die DBV se perseel uitvloei.

Margate

  • Die tak het weer eens verskeie gemeenskapslede met noodverligting bygestaan tydens die tweede vlaag oorstromings in die provinsie.
  • Die buurtwag het saam met ander organisasies gewerk om plundering in Izingolweni te voorkom.

Amanzimtoti

  • Die tak het in samewerking met die Kuswag Primêre Skool beplanning gedoen om noodwatertenks te installeer ten einde watertekorte aan te vul. Dít volg ná gereelde wateronderbrekings ná die onlangse oorstromings. Die tak het ook bystand verleen tydens die tweede vlaag oorstromings.

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Bo-Karoo

  • Die tak het ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens die takbestuur gereorganiseer is. Verteenwoordigers van Douglas en Philipstown is ook verkies om hul dorpe op die bestuur te verteenwoordig.
  • Die Orania-buurtwag en Strydenburg-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • AfriForum se teenboelieveldtogspan het besoek by die Volkskool en die CVO Skool in Orania afgelê, asook by die Hoërskool Douglas. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in.
  • Die tak het in samewerking met Leo Prinsloo selfverdedigingsopleiding vir Oraniërs aangebied. Die opleiding het gefokus op verskillende tegnieke hoe ’n mens jouself kan verdedig indien jy nie gewapen is nie. Die opleiding het begin met teorie waar sekere scenario’s bespreek is, asook regsaspekte. Van studente en vroue tot meer gevorderde veiligheidsbeamptes van die dorp het die opleiding bygewoon.
  • Die tak se Havengabrug-protospan en die Orania-taakspan het aan ’n gesamentlike veiligheidsoefening deelgeneem. Die doel van hierdie oefening was sodat lede mekaar beter kon leer ken en om sodoende samewerking tussen dié twee groepe in die streek te versterk. Altesaam 16 mense was deel van hierdie oefening onder leiding van Leo Prinsloo.
  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Delportshoop

  • Die tak het kos aan die plaaslike sopkombuis geskenk in ruil vir die gebruik van The Salvation Army-saal. 
  • Die tak het die Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit se GOP-vergadering bygewoon. 
  • Die tak het ’n gemeenskapsvergadering gehou.
  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Kimberley

  • Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het gereeld vullis verwyder en druk op die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen om weer vullisverwyderingsdienste in die stad te hervat. 
  • Die tak het ’n inligtingsvergadering oor gemeenskapsveiligheid gehou as deel van die #VegEnBou-week. 
  • Die tak het die mediese personeel van Lenmed, Gariep Mediclinic en Kimberley Hospitaal met middagetes bederf as deel van die #VegEnBou-week. 
  • Die tak het ’n gedenkplaat onthul en ’n kranslegging gedoen by die Kimberley Konsentrasiekampmonument as deel van die #VegEnBou-week.
  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Prieska

  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Vaalharts

  • Die buurtwag het in samewerking met Hartswater Crime Watch deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Warrenton

  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Kamiesberg

  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Springbok

  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Upington

  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Williston

  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het gereeld vullis verwyder en druk op die Sakhisizwe Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen om weer vullisverwyderingsdienste in die dorp te hervat. 
  • Die tak het ’n gemeenskapsvergadering saam met die stigter van We Love Somerset gehou om ’n daadwerklike plan te beraam om die dorp se netheid te verbeter.
  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Gamtoosvallei

  • Die tak het twee vragte teer (8,62 ton) aangekoop om slaggate op te vul. Dit sal deur die loop van die jaar tydens verskeie slaggatherstelprojekte gebruik word.  
  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Jeffreysbaai

  • Die tak het sy algemene jaarvergadering gehou en ’n nuwe bestuur verkies.
  • Die tak het ’n werksessie oor gemeenskapsveiligheid gehou wat ten doel het om die Oos-Kaapse veiligheidstrukture te verbind, asook om ’n provinsiale gebeurlikheidsplan op te stel. Alle AfriForum-veiligheidstrukture in die Oos-Kaap, asook drie Suid-Kaapse veiligheidstrukture het die werksessie bygewoon.
  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Oos-Londen

  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Walker Drive-buurtwag het ’n kabeldief in hegtenis geneem en ’n 600 m lange kabel teruggevind.
  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Uitenhage

  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Helderbergkom

  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Kraaifontein

  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Overstrand

  • Die Stanford- en Hemel-en-Aarde-plaaswag en die Alfa-, Fisherhaven- en Pearly Beach-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Stellenbosch

  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Vredendal

  • Die Holrivier-, Koekenaap-, Vredendal-, Spruitdrif-, Lutzville-, Kleinrivier-, Nuwerus- en Trawal-plaaswag en die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Weskus

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

George

  • Die Geelhoutboom-, Outeniqualand- en Harold-plaaswag en die Hoekwil-plotwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Kaap Agulhas

  • Die tak het as hoofborg opgetree by die Hoërskool Bredasdorp se rugby-en-netbalnaweek; die tak het ook die nuut opgeknapte rugbykleedkamer aan die skool oorhandig.
  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag en die Groot Brak-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het die Glentana-buurtwag gestig.
  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.
  • Die tak het ’n uiters geslaagde #VegEnBou-week aangebied waar daar hoofsaaklik op die Bou-gedeelte gefokus is.
  • Die week het op Maandag 25 April afgeskop met ’n ligte ontbyt vir 40 genooide gaste by die Bahia Bleu Restaurant & Lounge in die Diaz Hotel & Resort. Tydens hierdie geleentheid het Ernst Roets, AfriForum se hoof van Beleid en Aksie, as gasspreker opgetree.
  • Op Dinsdag 26 April is ’n teenboelie-aksie by die Hoërskool Punt van stapel gestuur, terwyl onderwysers tydens ’n verlengde pouse oor die Dink of Sink-debatskompetisie ingelig is. ’n Suid-Kaap Landelike Veiligheidseminaar – wat met ’n paneelbespreking afgesluit is – is later die dag aangebied. Die gassprekers was dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van Landbou, dr. Theo de Jager, uitvoerende direkteur van Saai, en Raymond Hohls van AfriForum Gemeenskapsveiligheid.
  • Op Woensdag 27 April is verskeie geslaagde sportaktiwiteite in samewerking met die Bahia Bleu Restaurant & Lounge aangebied. ’n Pretdraf/-stap met sowat 80 deelnemers is strandlangs vanaf die Hartenbos-seefront tot by Klein Brakrivier gehou. Klein Brakrivier se blouvlagstrand was die bymekaarkomplek vir ’n prettige strandspele vir skoliere; raakrugby vir seuns, vlugbal vir meisies, ’n vlagspeletjie (flags) en toutrek het aan die beurt gekom. Tien spanne het hieraan deelgeneem.
  • Op Donderdag 28 April is ’n veiligheidsoudit by die Laerskool Hartenbos uitgevoer, terwyl ’n seminaar oor streeksoutonomie en ekonomiese selfstandigheid vir die Suid-Kaap later die dag in die Pero Dias Konferensiesentrum by die Dias Hotel & Resort aangebied is. Die eerste gedeelte van die seminaar is afgestaan aan die streeksoutonomie vir die Suid-Kaap waartydens Flip Buys, prof. Koos Malan, Morné Mostert en Heindrich Wyngaard elk ’n spreekbeurt gekry het. Daarna het die ekonomiese selfstandigheid vir die Suid-Kaap aan die beurt gekom waartydens dr. Theo de Jager, Dirk Kotzé (Mosselbaai se burgemeester) en dr. Willie Cilliers van die AHI toesprake gelewer het.
  • Op Vrydag 29 April het AfriForum se Mosselbaai-tak en Solidariteit Helpende Hand se Mosselbaai-tak die munisipale raad en direkteure toegelig oor die doel en funksies van dié twee organisasies en hul aksies in Mosselbaai. Flip Buys het weer eens waardevolle insette gelewer. Daarna is AfriForum en Helpende Hand op ’n begeleide toer deur die Mosselbaai Veiligheidsbeheersentrum geneem. Later die dag is daar gepraat oor wat die Solidariteit Beweging doen om die Afrikaanse jeug te bemagtig. Akademia, Sol-Tech, Helpende Hand, AfriForum Jeug, Solidariteit Helpende Hand Studiefonds, die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum en S-Leer het almal kort toesprake gelewer oor hoe hulle die jeug behulpsaam kan wees.
  • Die week is op Saterdag 30 April afgesluit met twee aktiwiteite wat in samewerking met Bahia Bleu Restaurant & Lounge by Klipheuwel Trail Park aangebied is. Vir drawwers was daar ’n 5 km- en 13 km-roete en vir bergfietsentoesiaste ’n uitdagende 13 km- en 22 km-roete.

Oudtshoorn

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Robertson

  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Swellendam

  • Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.

Soortgelyke plasings