TAKSUKSESSE: SEPTEMBER 2023

NOORDSTREEK

MPUMALANGA

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak en Skipgo Teksa het weekliks 30 vullisdromme in die dorp leeggemaak.
  • Taklede het slaggate in Tsibitsa Sibanyonistraat (voorheen Vermootenstraat) opgevul.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in Davelweg voltooi.
  • Taklede het ’n skoonmaakprojek langs die Total-vulstasie op die N17-hoofweg voltooi.
  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek voltooi as deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog. Die laaste fase van dié projek het in Tsibitsa Sibanyonistraat (voorheen Vermootenstraat) plaasgevind en 150 sakke teer is daarvoor gebruik.

TEKS (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het ondersteuning op verskeie ongelukstonele gebied. Hulle het die toneel beveilig, die verkeer gereguleer en nooddienste ontbied.
  • Die tak het 50 bome aan 15 skole in die Teks-area geskenk én gehelp om dit te plant.

Delmas

  • Die Delmas Valke-buurtwag het in samewerking met die Sundra Bulldogs ’n gesteelde voertuig teruggekry.
  • Die Delmas Valke-buurtwag het deur die loop van die maand 18 verdagtes in hegtenis geneem. Die inhegtenisnames was onder meer vir huisbraak, kabeldiefstal, diefstal en voertuigkapings.

Standerton

  • Die buurtwag het beurtkragpatrollies geloods om kabeldiewe hok te slaan.
  • Taklede het twee substasies beveilig danksy die installasie van alarmstelsels.
  • Die tak het die SAVF-gemeenskapsentrum se dak geseël.

Ermelo

  • Die tak het radio’s vir die Chrissiesmeer-buurtwag aangekoop.

Nelspruit

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het tydens patrollies op verskeie ongelukstonele ondersteuning gebied. Hulle het die toneel beveilig, die verkeer gereguleer en nooddienste ontbied.
  • Buurtwaglede het aan protospanopleiding deelgeneem.  
  • Die tak het klagtes oor onwettige studentebehuising help hanteer.
  • Die buurtwag het vlak 1-skietopleiding aan agt van sy lede gebied.
  • Die buurtwag het twee van sy lede vir protospanopleiding gestuur.

Witrivier

  • Die buurtwag het tydens patrollies op verskeie ongelukstonele ondersteuning gebied. Hulle het die toneel beveilig, die verkeer gereguleer en nooddienste ontbied.
  • Die tak het twee van sy lede vir PSiRA-opleiding gestuur wat deur Forum Sekuriteit aangebied is.
  • Die buurtwag is in proses om nagsigtoerusting vir sy lede aan te koop.
  • Buurtwaglede het gehelp om verskeie veldbrande in en om die dorp te bestry. 
  • Die tak het twee 3 500 liter-watertenks én twee tenkstellasies ontvang wat deur weldoeners geborg is.

Lydenburg

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig. 
  • Die tak het ’n nuwe vuurvegterwaentjie aangekoop.

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte het goed gefunksioneer tydens watertekorte in die dorp.
  • Die tak se asblikprojek het daartoe bygedra om die dorp skoon en netjies te hou.
  • Die tak het ’n nuwe prokureursbrief bekom wat die munisipaliteit dwing om die stand van riool in die dorp te verbeter.  

Machadodorp

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het die munisipaliteit gehelp om ’n belangrike waterpyp te herstel nadat die dorp se inwoners twee dae lank sonder water moes klaarkom.
  • Die buurtwag het een van sy lede vir PSiRA-opleiding gestuur wat deur Forum Sekuriteit aangebied is.  

Dullstroom

  • Die buurtwag het gereeld patrollies saam met die plaaslike GPF gehou om hul gemeenskap te beveilig.

GAUTENG

OOS-RAND

Alberton

  • Buurtwaglede het ’n minderjarige seun wat vermis was help opspoor en aan sy familie terugbesorg.
  • Die buurtwag het nóg twee lede van sy protospan vir opleiding gestuur.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek by Gatwick Park gehou waartydens ’n geleentheid ook geskep is vir gemeenskapslede om mekaar én taklede te ontmoet en te leer ken.
  • Taklede het ’n gemeenskapslid ondersteun wat weens beurtkrag nie sy suurstofmasjien kon gebruik nie. Danksy die hulp van plaaslike ondernemings het die tak gehelp om die lid se omskakelaar te herlaai.
  • Die buurtwag het ’n uiters suksesvolle operasie saam met die SAPD gehou waartydens 652 mense en 209 voertuie deursoek is. Tydens die operasie is tien onwettige immigrante in hegtenis geneem, vyf mense is in hegtenis geneem vir die besit van dwelms, terwyl drie ondernemings wat onwettig met alkohol handel gedryf het gesluit is.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die SAPD ’n suksesvolle operasie in Brackendowns gehou waartydens 47 mense en 24 voertuie deursoek is. Tydens die operasie is twee onwettige immigrante in hegtenis geneem vir die bestuur van ’n voertuig onder die invloed van alkohol.

Brakpan

  • Taklede het nooddienspersoneel ondersteun tydens die kwartaallikse musiekfees wat by Rose Tulee op die dorp gehou is.
  • Die tak het as gasheer opgetree vir ’n baie belangrike en suksesvolle vergadering wat deur talle rolspelers in die gemeenskap bygewoon is, insluitend die SAPD, die Ekurhuleni-metropolisie, korrektiewe dienste, munisipale verteenwoordigers en nooddienste. Alle betrokke partye het die uitdagings binne die gemeenskap bespreek ten einde oplossings daarvoor te vind.

Benoni

  • Taklede het 3 207 km in 478 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het gras gesny en skoongemaak rondom die veld in Evansweg.
  • in Lakesfield beveilig.
  • Buurtwaglede het in samewerking met plaaslike rolspelers in ’n kort tydperk ’n suksesvolle operasie van stapel gestuur waartydens een verdagte in hegtenis geneem is en nóg twee verdagtes vir ondervraging geneem is. Die vermoede bestaan dat die verdagtes kabels in Apex gesteel het. Sommige van hul toerusting is ook gekonfiskeer.
  • Die buurtwag is in samewerking met plaaslike rolspelers na ’n toneel ontbied waar ’n mislukte voertuigkaping plaasgevind het. Twee van die verdagtes is gewond en een dood verklaar op die toneel. Twee ongelisensieerde vuurwapens is ook gekonfiskeer.
  • ·Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel op die hoek van O’Reilly Merrystraat en 14de Laan deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en nooddienste te ontbied.
  • Die buurtwag het ’n gemeenskapslid ondersteun nadat die trekker waaraan hy gewerk het bo-op hom geval het. Buurtwaglede het noodhulp op hom toegepas totdat nooddienste die toneel oorgeneem het.
  • Die buurtwag het die brandweerdiens ondersteun ná ’n veldbrand in Malherbestraat uitgebreek het.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel op die hoek van Louisa- en Great Northweg deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en nooddienste te ontbied.
  • Die buurtwag het ’n bejaarde man ondersteun nadat hy in sy tuin aangeval is en veelvuldige steekwonde opgedoen het.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n veldbrand in Rynfield onder beheer te kry.
  • Die buurtwag het die brandweer ondersteun om ’n veldbrand in die Vlakfontein-gebied te blus.

Boksburg

  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Bardene deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en nooddienste te ontbied.
  • Die buurtwag het op ’n noodroep gereageer ná ’n gewapende rooftog in Boksburg-Noord. Die pasiënt is aan die nooddienste oorhandig.
  • Buurtwaglede is ontbied na ’n mediese noodgeval in Middelweg.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel op die N12-afrit naby Atlas. Buurtwaglede het die toneel beveilig, die verkeer gereguleer en nooddienste ontbied.
  • La Como Lifestyle Estate/Clearwater Estate ná ’n gewapende rooftog en waartydens twee tieners met gas vergiftig is. Nooddienste het die tieners na die Linmed Hospitaal vervoer.
  • Die buurtwag het gereageer op ’n skietvoorval in Witfield waartydens een verdagte twee skietwonde én ’n sny agter sy kop opgedoen het.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Trichardtweg in Beyerspark deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en nooddienste te ontbied.

Edenvale

  • Taklede het 270 km in 123 manure afgelê om hulle gemeenskap te beveilig
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n toneel waar ’n OTM opgeblaas is.
  • Buurtwaglede het gereageer op ’n noodroep nadat ’n substasie gevandaliseer en aan die brand gesteek is.
  • Die buurtwag is om hulp gekontak ná ’n huisbraak in Tennysonlaan. Een verdagte is aangekeer vir ondervraging.
  • Buurtwaglede se hulp is ingeroep ná ’n huisbraak in King Edwardweg. Een verdagte is aangekeer vir ondervraging.
  • .Die buurtwag het in samewerking met die SAPD gereageer op inligting van ’n voertuigkaping in Wellingtonweg. Die voertuig is uiteindelik teruggevind.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied ná ’n breek-en-gryp-voorval in Danteweg. Een verdagte is aangekeer vir ondervraging.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied by ‘n ongelukstoneel in Shakespearelaan. Hulle het die toneel beveilig, die verkeer gereguleer en nooddienste ontbied.
  • Buurtwaglede is ontbied na ’n toneel waar huismoles gelei het tot ’n skietvoorval waartydens een persoon oorlede is en ’n tweede persoon vir beserings behandel is. ’n Verdagte is in hegtenis geneem, terwyl trauma-ontlonting vir gemeenskapslede beskikbaar gestel is.

Germiston

  • Die buurtwag het saam met die SAPD ’n suksesvolle operasie gehou waartydens meer as 100 onwettige immigrante in hegtenis geneem is. Buurtwaglede het ook gesorg vir kos en water tydens die prosessering van individue.
  • Die tak het druk op die munisipaliteit en die Departement van Gesondheid geplaas ná die oorvloei van rou riool as gevolg van ’n verstopte rioolpompstasie. Die munisipaliteit het ’n kontrakteur aangestel om die blokkasie te verwyder.
  • Die tak se plaaslikeregeringsake-afdeling het die gemeenskap gehelp deur met die owerhede te skakel en druk op hulle te plaas om die onwettige plakkers en strukture oorkant die Primrose-polisiestasie te verwyder. Danksy die hulp van die Ekurhuleni-metropolisie is die plakkers en strukture verwyder en die gebied opgeruim.
  • Taklede is ontbied om toneelbeveiliging toe te pas nadat ’n brand ontstaan het weens foutiewe ondergrondse elektriese kabels. Nooddienste is ontbied en owerhede is gekontak om die nodige herstelwerk te doen.

Kempton Park

  • Taklede het padveiligheid help toepas tydens ’n opvoedkundige uitstappie van die Kruinsig Kletskousies. Leerders het van hul kleuterskool na ’n nabye kerk gestap en weer terug.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en plaaslike sekuriteitsmaatskappye ’n voertuig aangekeer wat vermoedelik gebruik is om diefstalle by verskeie OTM’s te pleeg. Die voertuig se insittendes is gevolglik in hegtenis geneem. Die voertuig is oorspronklik deur ANPR-kameras geïdentifiseer.
  • Buurtwaglede het ’n verdagte vragmotor sonder nommerplate opgemerk en die vragmotor tot by sy staanplek agtervolg. Die SAPD en privaat sekuriteitsmaatskappye is ontbied toe die bestuurder die buurtwag opgemerk en probeer vlug het. Die sleepwa is as gesteel geïdentifiseer, waarna sowel die perd as die sleepwa na ’n plaaslike skut geneem is.
  • Die tak het gemeenskapslede gehelp om ’n addisionele herwinningstasie by die Herfsland-ouetehuis op te rig.

Springs

  • Die tak het ’n uiters suksesvolle veiligheidsbewusmakingsdag by George Sutter Park in die dorp gehou. Plaaslike sekuriteitsmaatskappye en die SAPD se hommeltuig- en berede-eenheid het ook daaraan deelgeneem. Daar was selfs ’n vlooimark. Alle fondse wat tydens die dag ingesamel is is aan die DBV op Springs geskenk.
  • Die buurtwag het ondersteuning aan die brandweer gebied met die blus van ’n brand wat tydens die lenteskou op die dorp uitgebreek het.
  • Buurtwaglede het ’n gesteelde motorfiets help terugvind nadat dit in lang gras versteek was.

GROTER PRETORIA

Algemeen

  • AfriForum het in samewerking met Buffelsfontein Beesboerdery talle slaggate in Menlopark opgevul.

Centurion

  • Die tak se buurtspan het die gebied rondom die Lyttelton Rolbalklub skoongemaak.
  • Die tak se buurtspan het verligting help bring deur meenthuiskomplekse se vullis te verwyder.
  • Die buurtwag het oorgrenspatrollies saam met buurgemeenskappe gedoen om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak se buurtspan het ’n skoonmaakprojek voor die La Vie-aftreeoord in Die Hoewes gehou.
  • Die tak het ’n beplanningsessie gehou tydens hul maandelikse spanbou-aktiwiteite.   
  • Die tak se herwinningsprojek word voortdurend uitgebou namate nuwe lede aansluit.
  • Die tak het ’n bloedskenkveldtog van stapel gestuur.
  • Buurtwaglede het omgesien na die veiligheid van deelnemers aan die Laerskool Swartkop se neonwedloop.
  • Die buurtwag het aan ’n spesiale operasie saam met die Lyttelton SAPD deelgeneem.

Noord van die berg

  • Die tak se tuinspan het 1 092 swartsakke vullis opgetel.
  • Die tak se tuinspan het 36 vragte vullis weggery.
  • Die tak se tuinspan het altesaam 8 ha gras gesny.
  • Die tak se tuinspan het ’n addisionele 6 ha gras gesny.
  • Die tak se tuinspan het 626 km afgelê om al sy werk gedoen te kry.
  • Die tak se tuinspan het elke Maandag 13 parke skoongemaak.
  • Taklede het elke Vrydag die Heldeakker help skoonmaak.

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het gereeld sigbaarheidspatrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n bemarkingstalletjie by die Hoërskool Erasmus beman.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op twee ongelukstonele. Hulle het die tonele help beveilig, die verkeer gereguleer en nooddienste ontbied.
  • Taklede het bome by die Althea Independent School geplant.
  • Die tak het druk op Stad Tshwane geplaas om verskeie waterlekkasies reg te maak.
  • Die buurtwag het sewe van sy lede vir PSiRA-opleiding gestuur wat deur Forum Sekuriteit aangebied is.

Wes-Moot

  • Die buurtwag het ’n gesamentlike operasie saam met die SAPD, die plaaslike GPF en verskeie ander veiligheidsrolspelers gehou.

Moreletapark

  • Taklede het 2 000 asblikke leeggemaak terwyl Stad Tshwane se werkers gestaak het.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Fochville

  • Die buurtwag het die SAPD ondersteun met die beheer van onluste oor kragprobleme.

Krugersdorp

  • Taklede het in samewerking met die GPF Sektor 3 die Paul Kruger-monument in die dorp skoongemaak.
  • Buurtwaglede het wapenopleiding ontvang.
  • Die buurtwag het gehelp om agt veldbrande in die omgewing te bestry.

Midvaal

  • Buurtwaglede het saam met ander veiligheidsrolspelers die SAPD ondersteun met die bestryding van veediefstal.
  • Die buurtwag het deelgeneem aan die SAPD se Operasie Shanela waartydens 400 voertuie en byna 700 persone deursoek is. 30 boetes is uitgereik en 35 onwettige immigrante is in hegtenis geneem.

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het gehelp om twee veldbrande onder beheer te bring.
  • Taklede het met hul volhoubare skoonmaakprojek voortgegaan en 11,8 ha gras gesny.
  • Die tak het saam met die DA Phoenix Park skoongemaak en nagenoeg 8 ton vullis na die vullisterrein weggery.

Westonaria

  • Die tak het 15 klagtes rakende kragprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 40 klagtes rakende waterprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 45 klagtes rakende rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het tien klagtes rakende vullisprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.

LIMPOPO

Ellisras

  • Die Beska-plaaswag het verskeie veediewe vasgetrek.
  • Die Beska-plaaswag het ’n brand help bestry.
  • Die Beska-plaaswag het met AfriForum se veiligheidshoof vergader en toekomstige planne bespreek.
  • Taklede het vergader oor AfriForum se #OnsDorp-projek.
  • Die tak is baie dankbaar vir die bakkie wat ’n plaaslike myn aan hulle geskenk het om te gebruik in die uitvoering van hul take.

Pietersburg

  • Die buurtwag het diewe op ’n plaas vasgetrek.
  • Die tak het ’n nuwe LPR-kamera aangekoop as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek.
  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het kabeldiewe vasgetrek.
  • Taklede het gehelp met die bestryding van brande.
  • Die tak beplan om brandbestrydingstoerusting vir sy lede aan te koop.
  • Die tak beplan om brandbestrydingstoerusting te skenk as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek.

Tzaneen

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het ’n brand op ’n plaas help bestry.

Messina

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag beplan om aan AfriForum se nasionale massapatrollie deel te neem.
  • Die tak het twee LPR-kameras ontvang as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek.
  • Taklede het voortgegaan met talle van hul projekte.

Thabazimbi

  • Die tak het ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig oor die voortslepende waterprobleem in die dorp.
  • Taklede het ’n stalletjie by die gholfdag beman.
  • Die buurtwag het nuwe toerusting vir sy lede aangekoop.
  • Die tak het slaggate opgevul en die dorp skoongemaak as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek.
  • Die tak het ’n plan uitgestuur wat oplossings bied vir die voortslepende waterprobleem in die dorp.
  • Die buurtwag het met AfriForum se veiligheidshoof vergader en toekomstige planne bespreek.

Naboomspruit

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het verkeerstekens in die dorp opgerig en padstrepe oorgeverf.
  • Die buurtwag het gehelp om veldbrande te bestry.

Warmbad

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het gehelp om veldbrande in en om die dorp te bestry.

Marble Hall

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.  
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem. 

Nylstroom 

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.  
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied ná ’n plaasaanval in Vaalwater.

Phalaborwa

  • Die tak het skoonmaakmiddels aan die ouetehuis op die dorp geskenk.
  • Taklede het die gemeenskap ondersteun tydens ’n watertekort in die dorp.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Groblersdal

  • Die tak het die SAPD ondersteun om ’n veediefstalsindikaat op Groblersdal vas te trek.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het in samewerking met landelike veiligheid begin om ’n AfriForum-buurtwag op die dorp te stig.

Potgietersrus

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.  
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied ná ’n huisroof.

SENTRAALSTREEK

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die buurtwag het 30 patrollies deur die loop van die maand gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het die SAPD ondersteun tydens die inhegtenisname van 12 kabeldiewe die afgelope twee maande.

Heilbron

  • Die tak het ’n kontrakteur aangestel wat die volgende take verrig het:
  • Verf die padstrepe van die vierrigtingstoppe in Langmark-, Pierce- en Kerkstraat.
  • Maak die middelmanne en padgeute skoon in Piercestraat.
  • Tel vullis op in die gebied rondom die dam.
  • Maak die gebied skoon tussen Kerkstraat en die hospitaal.
  • Tel vullis op in die oop veld agter die munisipaliteit.
  • Opsaag en verwydering van ’n boom wat in Piercestraat omgeval het.

Parys

  • Die tak het weer eens druk op die munisipaliteit uitgeoefen oor die voortslepende water- en kragkrisis in die dorp.
  • Taklede het nagenoeg 30 groot slaggate met 50 sakke teer opgevul.

Sasolburg

  • Taklede het 8,3 ha gras gesny.
  • Die tak het sy maandelikse mark – in Septembermaand die lentemark – by die Hoëveldse Tuine in die dorp gehou.  
  • Taklede het vyf witkareebome in die Hoëveldse Tuine geplant.
  • Die buurtwag het daagliks patrollies in woonbuurte en die sentrale sakekern (SSK) gehou, asook by substasies.
  • Buurtwaglede het die SAPD tydens verskeie operasies ondersteun.
  • Die buurtwag het elke Sondag vir twee ure lank die begraafplaas gepatrolleer.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die SAPD ’n padblokkade gehou waartydens 17 arrestasies vir verskillende oortredings gemaak is.

Viljoenskroon

  • Die tak het gereorganiseer.

ROSESTAD

Algemeen

  • Volhoubare skoonmaakprojekte is weekliks by die volgende plekke gehou:
  • Nelson Mandelaweg
  • Curielaan
  • Du Plessisstraat (asook die park)
  • Gardeniapark (park)
  • Rayton-Heuwelsig (parke)
  • Hillsboro (park)
  • Brits-monument
  • Ou Presidensie se tuin
  • Pres. Brand-begraafplaas
  • AfriForum se Bloemfontein-takke het ’n gesamentlike veldtog van stapel gestuur wat behels dat AfriForum-lede ’n aansoek aan die Mangaung-metro kan rig om te kwalifiseer vir korting op munisipale vullisverwyderingsdienste.
  • Die AfriForum-takke in Bloemfontein het aan die MLS Gholfdag by die Schoemanpark Gholfklub deelgeneem wat ten bate van liefdadigheid gehou is. Die dag was ’n reusesukses en ongeveer 128 spelers het daaraan deelgeneem.

Pellissier

  • Taklede het hard gewerk en goeie vordering gemaak om die AfriForum-park op te knap. Die tak streef daarna om ’n veilige en netjiese speelplek vir ons jeug te verseker waar hulle ook fisies kan ontwikkel.

Wilgehof

  • Die tak se jeugvleuel het ’n skoonmaakprojek in Gardeniapark van stapel gestuur naby sowel die Hoërskool Jim Fouché as die Laerskool Jim Fouché. Leerders van albei skole het hand bygesit tydens die projek.
  • Buurtwaglede het tydens ’n patrollie ’n verdagte persoon opgemerk en met nadere ondersoek is gevind dat die verdagte elektroniese toerusting in sy besit het. Hy is gevolglik aan die SAPD oorhandig.
  • Buurtwaglede het tydens erge winde verskeie bome en takke verwyder. 
  • Die Wilgehof-buurtwag het in samewerking met die Sektor 3-buurtwag en lede van WR2, WA1, WA4 en WB4 tydens ’n roetinepatrollie opgemerk dat ’n groot boom as gevolg van sterk winde omgewaai en die hele pad versper het. Buurtwaglede het die toneel beveilig en die verkeer gereguleer. Sektor 3-buurtwaglede was in staat om die boom uit die pad te beweeg en albei bane veilig oop te stel vir verkeer.

Uitsig

  • Buurtwaglede het saam met ITR Sekuriteit ondersoek ingestel by ’n woning waar persone die huis onwettig betrek het. Die vermoede bestaan dat inwoners van dié huis ’n ander huis in die omgewing se hekmotor gesteel het. Verskeie gesteelde items – waaronder talle wapens, dwelmpype en items van die SANW – is onder meer op die perseel gevind. Ongelukkig is die gesteelde hekmotor nie gevind nie. Die SAPD is ontbied, waarna hulle die onwettige inwoners van die perseel verwyder het en vir verdere ondersoek geneem het.

Fichardtpark

  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied nadat ’n kragopwekker by ’n wegneemeterestaurant vlam gevat het. Die brand is geblus en die buurtwaglede het vir die brandweer gewag om verdere ondersoek in te stel.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en nooddienste te ontbied. Geen beserings is aangemeld nie.

Rayton-Heuwelsig

  • Buurtwaglede én traumavrywilligers het ondersteuning aan mense gebied nadat ’n lid van hul familie selfmoord op ’n kleinhoewe gepleeg het.

Langenhovenpark

  • Die buurtwag het ’n groot boom in Blouberglaan wat tydens erge winde omgewaai en ’n risiko vir motoriste ingehou het, opgesaag en verwyder.  

Bloemfontein-Noord- landelike buurtwag

  • Buurtwaglede het ondersteuning op ’n ongelukstoneel gebied deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en nooddienste te ontbied.

Dealesville

  • Die tak het ’n skrywe aan die Tokologo Plaaslike Munisipaliteit gerig om stukkende straatligte te herstel. Taklede het ook hul hulp daarmee aangebied.

Zastron

  • Die tak het twee strafregtelike klagtes by die Zastron-polisiestasie teen die munisipale bestuurder van die Mohokare Plaaslike Munisipaliteit aanhangig gemaak weens vullis- en rioolbesoedeling wat sowel ’n omgewings- as gesondheidsrisiko vir inwoners inhou.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die Songloed- en Hartbeesfontein-buurtwag, asook die Hartbeesfontein-plaaswag het gereeld patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Hartbeesfontein-buurtwag én -plaaswag het gehelp met die blus van brande.
  • Die tak het ’n vergadering gehou om nuwe bestuurslede te verkies.

Potchefstroom

  • Die buurtwag se 191 aktiewe lede het 107 patrollies deur die loop van die maand gery om hul gemeenskap te beveilig. Buurtwaglede het 3 570 km in 338 manure afgelê.
  • Taklede het gehelp om padstrepe by die verkeerslig op die N12-snelweg en by die drierigtingstop in M.C. Roodeweg oor te verf.
  • Die tak het 16 sipresbome by die konsentrasiekampkerkhof op die dorp geplant.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks probleme soos water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies by die munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg.
  • Die buurtwag het daagliks patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Buurtwaglede het ook twee arrestasies gemaak; een vir gewapende roof en die ander vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

MARICO

Lichtenburg

  • Die tak het 124 slaggate binne 11 dae in twee strate in dié dorp opgevul. Taklede het onder meer talle slaggate in Greeff- en Lettiestraat met 220 sakke teer opgevul en dit met een drom ss60 bitumen-emulsie verseël. Dit beteken dat die tak sedert Junie vanjaar meer as 300 slaggate in Lichtenburg opgevul het. ’n Totaal van 462 sakke teer – oftewel meer as 11,5 ton teer – is in dié tyd gebruik om Lichtenburg se paaie op te knap.

Brits

  • Die tak het agt bome by die Laerskool Olienpark geplant ter bewusmaking van Boomplantmaand. Elke graad, asook die onderwysers, het die geleentheid gehad om ’n boom te plant. Vier olienhoutbome, twee vaderlandswilgerbome en twee wildepruimbome is aangeplant.

Rustenburg

  • Die nuwe AfriForum-plaaswag op Kroondal is gereed om die spreekwoordelike bul by die horings te pak en veiligheid op plase en kleinhoewes in dié gemeenskap op te skerp. Die stigting van dié plaaswag spruit uit die gemeenskap se behoefte om self in te spring en misdaad hier hok te slaan. AfriForum is daarom genader om hiermee te help. Joseph Renaud, AfriForum se veiligheidshoof vir die sentraalstreek, het die stigting behartig.

STELLALAND

Vryburg

  • Die tak het help reël dat 63 koringstrooibale aan boere in die Vryburg-omgewing geskenk word wat onlangs onder veldbrande deurgeloop het. Dié strooibale het altesaam 14 ton geweeg. In Augustus en September het meer as 200 000 ha se weiding afgebrand as gevolg van veldbrande. Meer as 60 beeste het in hierdie tydperk doodgebrand. 

KWAZULU-NATAL

Pongola

  • Taklede het 15 oranje asblikke met AfriForum-plakkers daarop op verskeie plekke in Pongola geplaas. Dit dien as ’n poging om die dorp netjieser te hou. Die tak het ook deelgeneem aan die organisasie se Boomplantmaand-inisiatief en verskeie bome by Pongola Agri-hub geplant.

Vryheid

  • Die buurtwag het nege van sy lede gestuur om ’n protospankursus te voltooi. Die protospan het verskeie arrestasies gemaak en beplan ook om opleiding vir gemeenskapslede aan te bied.

Newcastle

  • Die tak het voortgegaan met ’n volhoubare slaggatherstelprojek wat in samewerking met die Newcastle Plaaslike Munisipaliteit van stapel gestuur is. Tydens die laaste drie maande is meer as 500 sakke teer gebruik om slaggate op te vul.

STELLALAND

Vryburg

  • Die tak het help reël dat 63 koringstrooibale aan boere in die Vryburg-omgewing geskenk word wat onlangs onder veldbrande deurgeloop het. Dié strooibale het altesaam 14 ton geweeg. In Augustus en September het meer as 200 000 ha se weiding afgebrand as gevolg van veldbrande. Meer as 60 beeste het in hierdie tydperk doodgebrand. 

KWAZULU-NATAL

Pongola

  • Taklede het 15 oranje asblikke met AfriForum-plakkers daarop op verskeie plekke in Pongola geplaas. Dit dien as ’n poging om die dorp netjieser te hou. Die tak het ook deelgeneem aan die organisasie se Boomplantmaand-inisiatief en verskeie bome by Pongola Agri-hub geplant.

Vryheid

  • Die buurtwag het nege van sy lede gestuur om ’n protospankursus te voltooi. Die protospan het verskeie arrestasies gemaak en beplan ook om opleiding vir gemeenskapslede aan te bied.

Newcastle

  • Die tak het voortgegaan met ’n volhoubare slaggatherstelprojek wat in samewerking met die Newcastle Plaaslike Munisipaliteit van stapel gestuur is. Tydens die laaste drie maande is meer as 500 sakke teer gebruik om slaggate op te vul.

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Kamiesberg

  • Taklede het Kamieskroon se strate gereeld skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Kakamas

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het gehelp met die herstel en opgradering (verf, teer en arbeid) van die pad en toetsstasie wat vir die uitreik van voertuiglisensies op Kakamas gebruik word.
  • Die tak het in samewerking met ander rolspelers Karoo-aalwyne by die ingange na die dorp geplant. Al die ingange na die dorp is nog nie klaar verfraai nie, so die tak sal in Oktober daarmee voortgaan.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het die parkeerterrein voor Fit-It gereeld skoongemaak en die bome wat taklede in die parkeerterrein geplant het, natgelei.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het ’n radiotoring by Gamagara Fire and Rescue Kathu opgerig om die radio-opvangs van sowel sy eie lede as van die brandweer te verbeter.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het weekliks die hoofstraat en die gebied rondom die waterwiel (wat tot ’n nasionale monument verklaar is) skoongemaak, vullis na die vullisterrein weggery, die gras gesny en die beddings skoongemaak.
  • Die tak het die badkamers by die waterwiel wat vir toeriste bedoel is, skoon gehou.
  • Taklede het witkareebome by die Keimoes-kliniek geplant en is besig om ’n rotstuin te vestig waar hulle onder meer Karoo-aalwyne geplant het.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede is besig met herstelwerk aan die beheerkamer se kameras ten einde veiligheid in die dorp te verbeter.

Springbok

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het saam met die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit gewerk om die plaaslike vullisterrein weer op standaard te bring. Dit is geïdentifiseer as ’n volhoubare projek.
  • Verteenwoordigers van die tak het die hofsaak van Aubrey Baartman, Springbok se voormalige burgemeester, bygewoon. Die hofsaak is ongelukkig wéér uitgestel tot 16 Oktober 2023.

Upington

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het druk op die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit geplaas om die voortslepende rioolprobleme by die Kalahari-winkelsentrum op te los.

Williston

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Karoo Hoogland Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Kimberley

Delportshoop

  • Die tak het ’n watersloot skoon gesny en vier sleepwaens vol vullis opgetel en na die vullisterrein weggery.
  • Taklede het in samewerking met leerders van die Laerskool Delportshoop en die Hoërskool Delportshoop vier Australiese waterbessiebome by dié skole geplant en daarna ’n praatjie gehad oor hoe noodsaaklik dit is om bome te plant.
  • Die tak het gereeld saam met ander rolspelers aksies geloods om die dorp skoon en netjies te hou. Vullis is onder meer opgetel en na die vullisterrein weggery.

Bo-Karoo

  • Die tak het ’n skenking van 30 witkareebome by Orania Kwekery ontvang en dit orals in Orania geplant.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het sy straatligprojek afgeskop wat behels dat taklede in samewerking met die munisipaliteit straatligte se stukkende of foutiewe gloeilampe vervang.

Cradock

  • Die tak se noodwatertenks kon deur gemeenskapslede gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei- en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Jeffreysbaai

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het die finale fase van sy kameraprojek afgeskop en sien daarna uit om die projek finaal af te handel.

Oos-Londen

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse boomplantmaandprojek deelgeneem deur drie bome by die Laerskool Grens te plant.

Port Elizabeth

  • Die tak se 21 noodwatertenks is deur gemeenskapslede gebruik tydens onderbrekings in die stad se watertoevoer.
  • Die Walker Drive- en Broadwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Walker Drive-buurtwag het ’n inbreker vasgetrek.
  • Die Walker Drive-buurtwag het ’n veiligheidsbewusmakingsdag vir die gemeenskap gehou.
  • Die Walker Drive-buurtwag het nooddienste ondersteun nadat ’n lewelose liggaam op die Maitland-strand gevind is.
  • Die Broadwood-buurtwag het een van sy patrollielede vir protospanopleiding gestuur.

Uitenhage

  • Die Winterberg-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse boomplantmaandprojek deelgeneem deur bome in ’n park te plant.
  • Die Winterberg-plaaswag se plaaswagleier het opleiding bygewoon om sy kennis te verbreed.

WES-KAAP

Durbanville

  • Buurtwaglede het deurlopend aan patrollies deelgeneem, veral in die sentrale sakekern, terwyl hulle ook verskerpte optredes saam met die SAPD gehou het.
  • Die tak het opruimingswerk saam met die MES Centre of Hope en Stad Kaapstad se wetstoepassingsbeamptes en maatskaplike werkers gedoen.
  • Die buurtwag se spanleiers, asook vier addisionele lede het protospanopleiding bygewoon.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig, terwyl hulle ook verskeie suksesse behaal het, veral waar inhegtenisnames ná inbrake plaasgevind het.
  • Die Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gery en die SAPD tydens operasies ondersteun om hul gemeenskap te beveilig.

Kraaifontein

  • Die tak het gereeld aan skoonmaakprojekte deelgeneem waartydens hulle parke skoonmaak en gras sny.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem en bome by die munisipaliteit, die begraafplaas, kerke en monumente geplant.
  • Die buurtwag het van sy lede vir spanleiers- en protospanopleiding gestuur.

Matzikama

  • Die De Draai-, Draaihoek-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif-, Trawal- en Vanrhynsdorp-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die buurtwag het van sy lede vir spanleiers- en protospanopleiding gestuur.
  • Die tak se voorsitter het aan die openbare verhore rakende die regering se nuwe gesondheidsplan deelgeneem deur dit teen te staan.

Weskus

  • Die Langebaan-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Hopefield-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig én observasieposte te beman.
  • Die tak het aan die openbare verhore rakende die regering se nuwe gesondheidsplan deelgeneem deur dit teen te staan.
  • Die Hopefield-plaaswag en Langebaan-buurtwag het van sy lede vir spanleiers- en protospanopleiding gestuur.

De Doorns

  • Die tak het ’n nuwe bestuur verkies.

Helderbergkom

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan ’n potjiekoskompetisie deelgeneem om blootstelling te bevorder en lede te werf.
  • Taklede het die gemeenskap ondersteun nadat swaar reën tot vloede gelei het; groot skade is aangerig en paaie is verspoel.
  • Die tak het die gemeenskap ondersteun nadat ’n onlangse springgety baie skade aangerig en mense se veiligheid bedreig het.

Overstrand

  • Die tak het sy blou-en-groendruppelprojek voortydig afgesluit nadat toegang tot verskeie rioolwerke geweier is.
  • Die Alfa-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Alfa-buurtwaglede het verskeie operasies in samewerking met die SAPD, sekuriteitsmaatskappye en ander buurtwagte uitgevoer om misdaad te voorkom.

Paarl

  • Die tak het in samewerking met AfriForum se teenboelieveldtogspan AfriForum se teenboelieveldtog by verskeie laerskole in die Paarl en Wellington aangebied.
  • Die Noorder-Paarl-buurtwag het twee van sy lede vir opleiding gestuur.
  • Taklede het met die provinsiale regering geskakel rakende bekommernisse rondom die Bainskloofpas en die groot getal vragmotors wat dit gebruik.
  • Die Paarl-Noord-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Stellenbosch

  • Die buurtwag het twee van sy lede vir opleiding gestuur.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n PAIA-aansoek by die munisipaliteit ingedien in verband met ’n vergadering wat in Augustus gehou is; dit behels om toegang te verkry tot sekere dokumente en inligting wat aangevra is, maar nooit voorsien is nie.
  • Die tak het in samewerking met die SAPD ’n vergadering met die gemeenskap van Simondium belê. Die doel hiervan was om gemeenskapslede se inkoop te kry in die beveiliging van hul gemeenskap.

Strand

  • Die tak het inwoners van Kays-karavaanpark ondersteun tydens die onlangse vloede wat deur swaar reën veroorsaak is.
  • Taklede het die plaaslike gemeenskap ondersteun nadat ’n onlangse springgety groot skade tot gevolg gehad het.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en talle sekuriteitsmaatskappye 14 arrestasies uitgevoer.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n projek tydens Boomplantmaand van stapel gestuur wat behels dat laerskoolleerders aan ’n inkleurkompetisie deelgeneem het en die top-20-leerders bome vir hul onderskeie skole gewen het. Hierdie bome gaan deur taklede geplant word.

George

  • Die Geelhoutboom- en Harold-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die tak het ’n stalletjie beman tydens Solidariteit Helpende Hand se potjiekoskompetisie.
  • Die tak het gebeurlikheidsbeplanning saam met genl.maj. Roland de Vries gedoen.
  • Die Hoekwil-plotwag het hul hommeltuig ingespan om drie jagluiperdwelpies te help red.
  • Taklede het ’n leierskursus bygewoon wat deur Mark Kuys aangebied is.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem en bome by verskeie skole geplant.
  • Taklede het ’n opedag in Heidelberg gehou om bewusmaking van en werwing namens die tak te doen.
  • Die Albertinia-plaaswag en Riversdal-buurtwag het gehelp om vetplantsmokkelaars in hegtenis te neem.
  • Die Albertinia-plaaswag en Riversdal-buurtwag het ondersteuning aan die Swellendam-buurtwag gebied tydens onlangse onluste in Swellendam.

Kannaland

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem.
  • Die Kannaland-plaaswag het van sy lede vir protospanopleiding gestuur.
  • Die tak het van sy lede vir spanleiersopleiding gestuur.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana-, Grootbrak- en Midbrak-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem.
  • Die Grootbrak- en Midbrak-buurtwag het hul lede vir spanleiersopleiding gestuur.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem.
  • Die buurtwag het sy lede vir spanleiersopleiding gestuur.
  • Die tak het mondelingse kommentaar teen die NGV-wetsontwerp gelewer.

Robertson

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Swellendam

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem.
  • Buurtwaglede het gehelp om die dorp en sy inwoners tydens onluste te beskerm.

Soortgelyke plasings