|

Tzaneen-buurtwag trek vermeende kabeldief vas

Die AfriForum-buurtwag in Tzaneen het op 26 April saam met die AfriForum-tak gewerk om ’n vermeende kabeldief vas te trek. Dit was ’n spanpoging saam met die plaaslike SAPD.

Hierdie sukses het net weer gewys dat die Tzaneen-buurtwag altyd op hulle pos is en die gemeenskap altyd op hul hoede.

“Sonder hierdie buurtwag se bereidwilligheid om laat aande in te sit en hard te werk sou hierdie tipe suksesse nie moontlik gewees het nie nie,” sê Richards Bouwer, tesourier van AfriForum se Tzaneen-tak

Die buurtwag moedig die gemeenskap van Tzaneen aan om hulle oë en ore oop te hou en enige ongerymdhede aan te meld. 

“Dit is baie belangrik om ’n goeie samewerkingsverhouding te hê met verskillende groepe in ’n gemeenskap. Saam maak ons ’n groter verskil as wat elkeen alleen kan maak,” sê Cee-J van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Soutpansberg.

Raak vandag nog by AfriForum betrokke by www.wordlid.co.za om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak.

Soortgelyke plasings