|

Upington-tak installeer straatligte in gemeenskap

Die AfriForum-tak in Upington het onlangs straatligte in die strate van die Dawid Kruiper-munisipaliteit opgerig omdat die huidige straatligte nie meer hul doel dien die oomblik wat die son sak nie. As gevolg van die donker strate is daar ook ’n toename in misdaad.

Die tak het vier sonkragstraatligte op pale van 6 meter hoog op privaat eiendom in Olyvenhouts Drift geïnstalleer. Die ligte is spesifiek op hierdie eiendom opgerig om te voorkom dat die munisipaliteit dit verwyder. Die ligte skyn op die straat en werk met ’n dag/nag-skakelaar.

Die foutiewe straatligte is al menigte kere by die inbelsentrum gerapporteer sonder enige sukses om die probleem op te los. Die munisipaliteit se tegniese afdeling pak die skuld egter op beurtkrag: Omdat die dag/nag-skakelaar as gevolg van beurtkrag beskadig word, skakel die munisipaliteit eerder die straatligte af. Indien hierdie skakelaar sou uitbrand, brand die straatligte gevolglik net in die dag.

Die Upington-tak beplan om hierdie straatligprojek ook in ander woonbuurte van stapel te stuur en sal met die gemeenskap daaroor kommunikeer.

Maak vandag nog ’n verskil in jou gemeenskap en raak betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak. Klik hier om by die Upington-tak aan te sluit of om ’n bydrae te maak.

Soortgelyke plasings