|

AfriForum eis Cele se onmiddellike bedanking oor gesteelde vuurwapens

Die burgerregteorganisasie AfriForum eis dat Bheki Cele, minister van Polisie, onmiddellik bedank ná daar onthul is dat meer as 5 000 vuurwapens, wat aan polisielede uitgereik is, oor die afgelope vyf jaar gesteel is.

Cele het ook voorheen erken dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) die afgelope dekade reeds 8 000 vuurwapens verloor het.

“Onder Cele se leierskap het die SAPD misdadigers se grootste verskaffer van vuurwapens geword. Dit is so ironies, dit kon amper lagwekkend wees as dit nie reeds soveel onskuldige mense hul lewens gekos het nie,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid.

“Cele het herhaaldelik bewys dat hy meer besorg is oor toesprake en om fotogeleenthede by te woon as om misdaad in Suid-Afrika te bekamp, ​​hy moet met onmiddellike effek bedank,” sluit Broodryk af.

Soortgelyke plasings