Vanderbijlpark-tak pak padtekenprojek


AfriForum se Vanderbijlpark-tak het in Oktober 2017 reeds talle verkeerstekens aangebring as deel van die burgerregte-organisasie se Maand van Selfstandigheid-veldtog. Kruisings of padaansluitings sonder stop- of toegeetekens verhoog die gevaar van verkeersongelukke, veral naby besige gebiede soos skole.
Die projek word as ‘n diens aan die gemeenskap aangepak en word deur die plaaslike tak befonds. Die tak bedank elke lid van AfriForum – julle bydraes maak ’n verskil!

“Ons kan óf die munisipaliteit kritiseer, óf ons kan self inspring en ’n verskil maak. Hoe meer ondersteuning daar van ons lede en uit die gemeenskap kom, hoe groter is die verskil wat ons kan maak om Vanderbijlpark veiliger en netjieser te maak,” sê Adriaan le Roux, voorsitter van AfriForum se Vanderbijlpark-tak.

Mense wat graag nog verkeerstekens wil borg, kan ’n e-pos na afriforumvdb@gmail.com stuur.

Soortgelyke plasings