|

Vanderbijlpark-tak skop 2023 af met skoonmaakprojek

Die AfriForum-tak in Vanderbijlpark het op 14 Januarie 2023 die nuwe jaar op ’n hoë noot afgeskop en ongeveer 60 sakke vullis gedurende ’n skoonmaakprojek in ’n reuse-veld in Adderleystraat verwyder.

Die gemeenskap het hierdie tak genader om die veld, wat sowat twee hektaar groot is, skoon te maak waarna 15 AfriForum-lede en 10 gemeenskaplede ingespring het om te help.

Die Vanderbijlpark-tak doen vanaf 2021 op ’n weeklikse basis skoonmaakprojekte in hierdie dorp as deel van hul volhoubare projekte. Die takbestuur wil alle gemeenskaplede bedank wat ’n bydrae lewer om ’n verskil in hul gemeenskap te maak.

Volgens Stephanus Blignault, distrikskoödineerder vir die Wes-Rand, is dit belangrik dat gemeenskaplede eienaarskap neem van hul omgewing. “Met die verval van munisipaliteite het dit tyd geraak dat ons self begin om ’n verskil in ons omgewings te maak voordat daar niks meer daarvan oor is nie.”

Diegene wat by hierdie tak wil aansluit, kan ’n e-pos stuur na vanderbijlpark@afriforumtak.co.za.

Soortgelyke plasings