|

Middelburg-tak knap erfenisterrein in Kareestraat op

AfriForum se Middelburg-tak het op 11 Maart 2023 die gras by die konsentrasiekamp kinderbegraafplaas in Kareestraat gesny en die algemene netheid van hierdie terrein verbeter.

Hierdie projek is geloods na gelang van versoeke wat vanuit die gemeenskap ontvang is. Tydens die projek het vrywilligers en lede van AfriForum se Middelburg-tak die gras gesny en rommel opgetel. Daar is ongeveer ’n bakkievrag vol gras weggery.

Hierdie erfenisterrein het grafte van kinders wat tydens die Anglo-Boereoorlog in konsentrasiekampe gesterf het. Die Steve Tswete Plaaslike Munisipaliteit versuim om hulle pligte na te kom en die terrein skoon te hou en daarom het die tak dit op hulself geneem om te sorg dat hierdie terrein netjies is.

“Ons onderneem om die projek aan te neem as ’n volhoubare projek en sal binnekort ’n opvolg projek loods om die terrein verder op te knap”, sê Mike Ebersohn, voorsitter van AfriForum se Middelburg-tak. “Dit is belangrik om hierdie terreine skoon en netjies te hou sodat ons geskiedenis behoue kan bly vir die volgende geslagte.”

Sluit vandag aan by AfriForum se Middelburg-tak, SMS “Middelburg” na 45340 (R1) of stuur ‘n epos aan: voorsitter.middelburg@afriforumtak.co.za

Soortgelyke plasings