|

Vryburg-tak gaan volstoom voort met volhoubare projekte

AfriForum se Vryburg-tak het verskeie volhoubare projekte wat deur die jaar aangepak word. Een van die projekte is die Vryburg Konsentrasiekamp wat die tak al reeds vir langer as drie jaar onderhou deur gras te sny, rommel op te tel en bome te snoei. Hierdie konsentrasiekamp is ’n belangrike erfenisgebied en moet netjies gehou en bewaar word.

Die Vryburg-tak het ook begin om leë erwe in woongebiede skoon te maak aangesien oorgroeide bosse skuiling vir misdadigers bied en daarom ’n veiligheidsrisiko vir die gemeenskap inhou. Die gras is gesny en groot struike is verwyder, tans word hierdie erwe daagliks skoongemaak.

“AfriForum sal aanhou om projekte aan te pak wat ’n daadwerklike verskil in die gemeenskap kan maak en gehandhaaf kan word. Misdaad is landswyd ’n probleem en gemeenskappe moet saamstaan om dit te bekamp,” sê Jp Nel, distrikskoördineerder vir Stellaland.

AfriForum se Vryburg-tak beplan verskeie projekte wat ’n wesenlike verskil gaan maak vir die komende jaar en moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak.

Raak vandag nog by AfriForum se takke betrokke, en help om jóú omgewing te beveilig en op te knap.

Soortgelyke plasings