|

Vullisterreinoudit: Meeste vullisterreine in Suid-Kaap in aanvaarbare toestand

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanjaar 161 vullisterreine landwyd geoudit as deel van hulle nasionale projek om die toestand van vullisterreine in Suid-Afrika te bepaal.

Slegs 14 uit die 25 vullisterreine wat in die Suid-Kaap geoudit is, het aan die nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis 59 van 2008, moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen.

Volgens Marthinus Erasmus, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap, is die meeste vullisterreine in die Suid-Kaap in ’n aanvaarbare toestand. Dit kan volgens hom hoofsaaklik toegeskryf word aan goeie bestuur, en voldoening aan die wetlike vereistes.

“Die algemeenste probleme wat AfriForum se Suid-Kaap-takke tydens hierdie oudit opgemerk het, is die wisselvallige bestuur van terreine. Sekere terreine in die Suid-Kaap word byna perfek in stand gehou, en ander word totaal verwaarloos. Dit is duidelik dat daar nie orals erns gemaak word met die bewaring van ons omgewing nie, en die verantwoordelikhede word aan kontrakteurs uitgedeel, wat geen pligsbesef toon nie. Dit is ’n groot bron van kommer aangesien die munisipale amptenare van die Suid-Kaap nie tot verantwoording geroep word nie. Munisipale verval is aan die orde van die dag en dit is duidelik dat veral kleiner munisipaliteite onder grootskaalse wanbestuur gebuk gaan.”

Hierdie situasie kan toegeskryf word aan die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing wat deur drie verskillende regeringsfere beheer word. Die nasionale departement het slegs bevoegdheid om op nasionale vlak wette, beleide, norme en standaarde vas te stel, maar hulle het geen bevoegdheid op provinsiale of munisipale vlak nie. Die provinsie rapporteer aan die provinsiale LUR, nie aan die minister nie. Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (CoGTA) en die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing kommunikeer nie met mekaar nie en bring dus nóg ’n uitdaging mee.

Só vergelyk die vullisterreine in die Suid-Kaap:

Lees die volledige verslag hier.

Soortgelyke plasings