|

Walker Drive-buurtwag bied suksesvolle misdaadbewustheidsdag aan

AfriForum se Walker Drive-buurtwag het op 9 September ’n misdaadbewustheidsdag aangebied. Die doel van hierdie dag was om die inwoners van Sherwood in Gqeberha in te lig oor misdaad en die rolspelers wat misdaad teenwerk in hul omgewing.

Verskeie veiligheidsrolspelers het deelgeneem en demonstrasies aangebied asook verskeie aspekte van veiligheid aangeroer.

“Hierdie dag was ’n reusesukses en ons sou dit nie kon doen sonder al die rolspelers wat bereid was om deel te wees van hierdie dag nie. Ons bedank in besonder elke AfriForum-buurtwaglid vir hul onbaatsugtige bydraes en tyd wat hulle opoffer om die gemeenskap te beveilig,” sê Wikus van der Walt AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

“Deur middel van goeie samewerking tussen verskeie rolspelers kan ons verseker dat ons woonbuurt veilig is. Ons nooi die gemeenskap om betrokke te raak by die AfriForum-buurtwagte in hulle omgewing om sodoende aktief te help om hul omgewing te beveilig,” sê Hannes Oosthuizen, buurtwagleier van AfriForum se Walker Drive-buurtwag.

Die buurtwag bedank ook graag die Kabegapark SAPD; Extreme Sekuriteit; Citywide Sekuriteit; ATLAS Sekuriteit; Fidelity ADT; Omega Risk Solutions; Viper; Nelson Mandelabaai Metro Ambulanse; Miramar Brandweer; Relay EMS; Nelson Mandelabaai-metropolisie; Say Help App; Extreme  Duo; Abbot.coffie; Noi Springroll; Meraki foods en Burgaritos wat gehelp het om hierdie dag ’n sukses te maak.

Raak van dag nog betrokke by jou plaaslike buurtwag by www.afriforumbuurtwag.co.za

Soortgelyke plasings