|

Walker Drive-buurtwag vul slaggate op

AfriForum se Walker Drive-buurtwag het op 7 Julie verskeie slaggate opgevul. Die area waarop gefokus is, is Sherwood in Gqeberha. Daar is ongeveer een ton teer gebruik om al dié slaggate op te vul. Dit volg nadat verskeie motors se bande beskadig is.

“Hierdie buurtwag is toegewyd aan die verbetering van die stad se padnetwerk en die veiligheid van die gemeenskap. Motoriste kan nou met gemoedsrus dié paaie in Sherwood gebruik. In hierdie uitdagende tye kan ons, deur saam te werk, ’n daadwerklike verskil maak. Deur slaggate op te vul, wys ons ons vasberadenheid om ons gemeenskap se behoeftes te takel en ’n veilige omgewing vir almal te skep. Die Walker Drive-buurtwag waardeer die samewerking en ondersteuning van die gemeenskap gedurende hierdie projek. Dít is weereens ’n bewys van die gemeenskap se toewyding aan hul omgewing,” sê Wikus van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

AfriForum se Walker Drive-buurtwag moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak. Skakel Wikus van der Walt by 066 486 7611.

Soortgelyke plasings