|

Witbank-tak loods tweede fase van projek om skole te beveilig

Die AfriForum-tak in Witbank het fase twee van sy projek om die gebied rondom skole te beveilig op 25 Maart geloods deur verdere verbeteringe aan te bring.

Gedurende die tweede fase van die projek is ontbrekende padtekens rondom die Laerskool Taalfees vervang. Hierdie tekens ontbreek al vir ’n geruime tyd en het kinders se lewens in gevaar gestel wat bedags van die oorgange gebruik moes maak.

Met die eerste fase vroeër vandeesmaand is die spoedhobbels en stoptekens op die pad rondom Laerskool Taalfees en Robert Carruthers School oorgeverf sodat dit weer duideik sigbaar is.

“Die veiligheid van ons kinders word  baie ernstig opgeneem, daarom vervang ons die padtekens wat ontbreek rondom skole,” sê Alf Friess, voorsitter van AfriForum se Witbank-tak.

Sluit vandag aan by AfriForum se Witbank-tak: SMS “Witbank” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings