| |

AfriForum se Kirkwood-buurtwag trek inbreker vas

AfriForum se Kirkwood-buurtwag het op 26 Augustus 2023 ’n vermeende inbreker vasgetrek. Dit volg nadat die buurtwag se patrolleerders ’n noodroep ontvang het oor ’n verdagte wat toegang tot ’n bejaarde inwoner se huis verkry het. Op pad na die toneel het ’n AfriForum-patrolleerder die vermeende inbreker langs die pad gewaar en aangekeer. Die SAPD was kort nadat hulle in kennis gestel is van die voorval op die toneel en het die verdagte vir ondervraging geneem.

“Dit is ’n groot sukses vir AfriForum se Kirkwood-buurtwag en die hele Kirkwood-gemeenskap. Ons bedank elke AfriForum- en buurtwaglid vir hul onbaatsugtige bydrae en tyd wat opgeoffer word om hierdie gemeenskap te beveilig,” sê Wikus van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

“Danksy die patrolleerder se vinnige optrede en die nodige rolspelers se betrokkenheid kon die verdagte suksesvol gearresteer word. Dit is belangrik dat gemeenskapslede inskakel by hul plaaslike AfriForum-buurtwag,” sê Pieter Potgieter, buurtwagleier van AfriForum se Kirkwood-buurtwag.

“AfriForum versoek alle gemeenskappe om by hul plaaslike buurtwagstrukture betrokke te raak om sodoende, in samewerking met ander veiligheidsdienste in hul omgewing, na hul eie veiligheid te begin omsien. Sluit dus vandag nog aan by jou plaaslike AfriForum-buurtwag,” beklemtoon Van der Walt.

Soortgelyke plasings