|

AfriForum-buurtwagte gerat om gemeenskappe dié feesseisoen te beskerm

AfriForum se Mpumalanga-buurtwagte het die feesseisoen op 15 Desember 2021 afgeskop met ’n massapatrollie as deel van die burgerregtewaghond se veiligheidinisiatief, Operasie Kerskous.

Die doel van dié operasie is om sigbaarheid te verhoog, kriminele aktiwiteite gedurende Desember te verminder en om sodoende vir lede én gemeenskappe ’n veiliger vakansie te bied.

Veiligheidstrukture van regoor die provinsie het in samewerking met verskeie GPF-strukture, privaat buurtwagte, sekuriteitsmaatskappye, die plaaslike SAPD en ander nooddienste aan dié patrollie deelgeneem. Die patrollie het vanaf 18:00 tot 04:00 die volgende oggend geduur en buurtwagte het onder meer by ongelukstonele hulp gebied. Geen ander ernstige voorvalle is egter aangemeld nie.

“Hierdie veiligheidsinisiatief sal voortduur tot die einde van die feesseisoen en ons buurtwagte is gerat om ons gemeenskappe by te staan”, sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga.

Sluit vandag nog by AfriForum se buurtwagte in Mpumalanga aan: SMS “Mpumalanga” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings