AfriForum besoek Laerskool Die President as deel van teenboelieveldtog

 

AfriForum het die Laerskool Die President in Germiston vandeesweek besoek as deel van die burgerregte-organisasie se teenboelieveldtog.
Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders, onderwysers en ouers in.

“Dit is belangrik vir die AfriForum Navorsingsinstituut (ANI) en die trauma-eenheid om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan,” sê Leandie Lombaard, navorser by ANI.

Sybrand van Wyk, hoof van die Laerskool Die President, is van mening dat sy skool ’n waardegedrewe skool is en tans op die konsep van verdraagsaamheid fokus, wat juis uiters nodig is in enige boelie- of konfliksituasie.
Leerders het aktief aan hierdie veldtog deelgeneem deur hul eie kreatiewe teenboelieplakkate vir bewusmaking te maak.
 
Indien jou kind se skool by hierdie veldtog betrokke wil raak, stuur ’n e-pos na boelie@afriforum.co.za.
 

Soortgelyke plasings