Kuruman-beheerkamer help om verdagte vas te trek


AfriForum se Kuruman-buurtwag het verlede week ’n verdagte help vastrek danksy sy beheerkamer.
Die AfriForum-beheerkamer word daagliks beman. Die beheerkamerbeampte het op 24 Augustus 2017 gemerk hoe toeriste in Livingstonestraat beroof word, waarna sy onmiddellik die polisie in kennis gestel en die verdagte op die kamerastelsel gevolg het totdat ’n suksesvolle arrestasie gemaak is.

“Daar is gereeld gevalle op die dorp waar inwoners en toeriste beroof word. Ons moedig mense aan om by die tak betrokke te raak. Ons beplan om nóg kameras te installeer sodat die hele dorpsgebied gedek word, asook om ’n addisionele beampte aan te stel,” sê Ettienne Louw, voorsiter van AfriForum se Kuruman-buurtwag.

AfriForum-lede is welkom om hul maandelikse bydrae te verhoog sodat die plaaslike tak die beheerkamer kan finansier. SMS “Kuruman” na 32532 (R1) om dié aksie te ondersteun.

Soortgelyke plasings