|

AfriForum reorganiseer sy Waverley-tak

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op Donderdag 19 September 2019 die bestuur van die Waverley-tak gereorganiseer en ’n nuwe bestuur gekies. Dit volg nadat daar besluit is die tak moet nuwe leiers uit die gemeenskap kies om die tak se vooruitgang te bewerkstellig en voort te gaan met projekte.

Die nuwe takbestuur bestaan uit: Gideon van Deventer (voorsitter), Rufus Visagie (ondervoorsitter), Marlien du Plessis (tesourier), Adri Nel (sekretaresse), Andries Opperman (gemeenskapsveiligheid) en Wiets van der Westhuizen (jeug).

“Ons is baie opgewonde oor die nuwe bestuur. Ons sien daarna uit om die tak na nuwe hoogtes te neem en die plaaslike gemeenskap te dien,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria.

Om by AfriForum se Waverley-tak betrokke te raak SMS “Waverley” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings