AfriForum se Alberton-tak kry eie radionetwerk


Die AfriForum-tak in Alberton sal voortaan optimaal kan funksioneer nadat dié tak ’n herhaler vir sy radionetwerk gekry het.

“Dit beteken dat die buurtwag nou sy kommunikasie- en veiligheidsnetwerk baie wyer kan uitbrei,” sê Francois Booysen, veiligheidsvoorsitter van die Alberton-tak.

Louis van Aswegen, takvoorsitter, moedig die plaaslike gemeenskap aan om by die tak en buurtwag aan te sluit en sodoende te help om misdaad te beveg en die gemeenskap te beveilig.
Raak betrokke: SMS “Alberton” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings