AfriForum taksuksesse: Oktober 2021

NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Bronkhorstspruit

  • Die tak het ’n kransleggingseremonie gehou by die monument wat die Slag van Bronkhorstspruit herdenk.
  • Die buurtwag het gereeld sigbaarheidspatrollies gehou.
  • Die Vaalbank- en Arbor-buurtwag het gehelp met die bestryding van verskeie veldbrande.
  • Vier buurtwaglede het opleiding in brandbestryding ontvang.
  • Die Arbor-buurtwag het 38 gesteelde skape opgespoor.
  • Die Vaalbank-buurtwag het ’n gesteelde waterpomp en 80 m-kabel teruggevind.
  • Die buurtwag het bystand verleen op motorongelukstonele.

Groter Moot

  • Die tak het nog ’n persoon aangestel om deel te wees van sy volhoubare tuinspan.
  • Die buurtwag het voortgegaan om sigbaarheidspatrollies te hou.
  • Die buurtwag het bystand verleen op motorongelukstonele.
  • Die buurtwag het gemeenskapslede bygestaan nadat ’n dronkaard hulle geteister het.
  • Die buurtwag het ’n vrou bygestaan nadat ’n voorval van huismoles aangemeld is.
  • Die tak het ’n boom – wat omgeval en ’n pad versper het – opgesny en verwyder.
  • Die tak het bystand verleen tydens ’n veldbrand in Colbyn, asook tydens ’n hele paar ander brande in die gebied.
  • Die buurtwag het ’n persoon bygestaan wat asemnood ervaar het.
  • Die tak het bome tydens boomplantmaand geplant.
  • Die buurtwag het ’n kind bygestaan wat aangeval is.
  • Taklede het die AfriForum Kongres bygewoon.

Wes-Moot

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en ander rolspelers aan ’n operasie deelgeneem.
  • Taklede het verskeie boere in die gebied gehelp met die bestryding van brande danksy die tak se waterkar.

Centurion

  • Die tak het in samewerking met die gemeenskap en ander rolspelers ’n skoonmaakprojek by die kanaal tussen Breyten- en Reddersburgstraat in Rooihuiskraal gehou. 
  • Die tak het ook sy skoonmaak-en-opknappingsprojek by die kanaal in Valhalla afgehandel ná maande se harde werk om hierdie kanaal weer op peil te kry. Meer as 2 000 swartsakke vullis en 17 vragte (14 ton elk) vullis is verwyder, terwyl meer as 600 liter brandstof gebruik is en ongeveer 2 880 manure spandeer is om die projek suksesvol te voltooi.
  • Die tak se tuinspan het deur die loop van die maand die middelmanne en sypaadjies reg oor Centurion skoongemaak. Die hooffokus was egter in Westlaan, Die Hoewes en in Jeanlaan, Lyttelton.
  • Die tak se tuinspan het ook hand bygesit nadat ’n boom oor die pad geval het in Topazlaan, Lyttelton Manor.
  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojek in Highveld. Die tak het ’n werker aangestel wat al agt maande lank daagliks in dié buurt vullis verwyder, sypaadjies netjies maak en onwettige plakkate verwyder.
  • Die tak het die metro se besluit om ’n waterlekkasie in Valhalla te herstel, verwelkom. Dít volg nadat die tak verskeie skrywes aan die metro gerig het oor hierdie lekkasie wat al langer as vier maande problematies is en gevolglik duisende liters water vermors het.
  • Die tak het tydens die AfriForum Kongres ’n toekenning ontvang as die tak wat die meeste projekte gedurende die jaar gedryf het.
  • Die tak het ’n sigbaarheidsaksie by die Springbokkie-kleuterskool in Wierdapark gehou. Die doel daarvan was om sigbaarheid in die gebied te verhoog en sodoende te probeer om misdaad te voorkom.

Moreletapark

  • Die tak het ’n sigbaarheidspatrollie in die Moreletapark- en Grootfontein-gebied gehou. Die doel daarvan was om sigbaarheid te verhoog.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Krugersdorp

  • Die buurtwag het drie suksesse binne twee dae behaal: ’n Meisie wat van haar huis af weggeloop het is binne 24 uur aan haar familie terugbesorg, terwyl ’n gesteelde voertuig én ’n gesteelde vragmotor ook opgespoor is
  • Die tak het meer as 4 km se middelmanne in Robert Broomweg skoongemaak, asook by die kruising van Voortrekkerweg en die R28.
  • Buurtwaglede het nagenoeg 5 000 km in meer as 600 ure gepatrolleer.  

Vanderbijlpark

  • Die tak het ’n #VegEnBou-week gehou waartydens:
  • ’n begraafplaaspatrollie gehou is;
  • ’n skoonmaakprojek in De Foreststraat gehou is;
  • slaggate met 5 ton teer opgevul is;
  • 80 bome by die begraafplaas geplant is;
  • voedsel aan die Laerskool Vaalrivier se voedingskema geskenk is;
  • ’n braai vir die Pioneer House se inwoners gehou is; en
  • AfriForum se teenboeliespan die Laerskool Eligwa besoek het.
  • Die buurtwag het bystand gelewer op ’n motorongelukstoneel op die hoek van Rossini- en Faradayboulevard.
  • Die buurtwag het gereageer op ’n voorval by De Foreststraat 2 nadat ’n verdagte persoon in die erf aangetref is.
  • Die buurtwag het bystand gelewer met sy vuurvegter nadat ’n rondawel in Erbenstraat aan die brand geslaan het. Die vuur is suksesvol geblus.
  • Die buurtwag het hulp verleen op ’n motorongelukstoneel by die Engen-vulstasie in Frikkie Meyerboulevard.
  • Die buurtwag het weer eens die begraafplaas beveilig sodat inwoners hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.
  • Die tak het tien bome by die Laerskool Kollegepark geplant.
  • Die tak het 13 bome by die Laerskool Vaalrivier geplant.
  • Die takbestuur het Vanderbijlpark saam met AfriForum-hoofkantoor en die minister van Water en Sanitasie besoek. AfriForum-hoofkantoor het ook vergaderings gereël en voorleggings aan ander instansies gedoen oor hoe om die rioolprobleme in die Vaaldriehoek aan te pak.
  • Die tak het bystand aan CBI-Electric verleen en verversings en water vir hulle gereël tydens die herstel van ’n 88 kV-kabel tydens ’n kragonderbreking in die dorp.
  • Die tak het kospakkies en ander voedselvoorraad in Roodepoort gaan oplaai en dit namens Solidariteit Helpende Hand aan hulpbehoewende gesinne versprei as deel van dié diensorganisasie se volhoubare voedselprojek.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek saam met die Laerskool Kollegepark gehou.
  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojek op die hoek van Rossini- en Faradayboulevard, asook in die veld in Rossiniboulevard.
  • Die tak het as deel van sy volhoubare skoonmaakprojek Westinghouseboulevard langs die Coca-Cola-fabriek skoongemaak.

Heidelberg

  • Die buurtwag het ’n suksesvolle wapenopleidingsdag gehou.

Roodepoort

  • Die tak het 50 bome by Helderberg Park geplant.

OOS-RAND

Benoni

  • Die buurtwag het 12 nuwe lede verwelkom.
  • Die buurtwag het nege patrolleerders gestuur om basiese opleiding by te woon.
  • Die buurtwag het 4 078 km in 472 ure afgelê.
  • Die buurtwag het 21 uit 24 dae patrollie gehou.
  • Patrolleerders het ER24 op ses motorongelukstonele bygestaan.
  • Die buurtwag se brandspan het hand bygesit en ses brande (wat voertuigbrande, huisbrande, veldbrande en ’n fabrieksbrand insluit) help bestry.
  • Die tak het ’n “Meet the Team”-dag aangebied. Die geleentheid was ’n groot sukses; almal het die pretdag in die son geniet en die kans gebruik om sowel die takbestuur as die gemeenskapsveiligheidspan te ontmoet.
  • Die buurtwag het in samewerking met verskeie rolspelers ’n massapatrollie in die dorp gehou.

Germiston

  • Die buurtwag het kabeldiewe in Pretoriaweg, Primrose vasgetrek met 6 kg gesteelde telefoonkabels in hulle besit, waarna die kabeldiefstaleenheid ontbied is.
  • Die buurtwag het verdagtes in Primrose aangekeer ná ’n poging van huisbraak.
  • Vier verdagtes is in ’n gesteelde voertuig aangekeer nadat die voertuig se lisensienommer deur LPR-kameras vasgevang is. Hierdie verdagtes is ook positief gekoppel aan ander voertuigdiefstalle en huisbrake.
  • Die buurtwag het hulp verleen op vyf motorongelukstonele
  • Die tak het die volgende voorraad aan die Primrose-brandweerdiens geskenk tydens die bestryding van brande by die Simmer en Jack-vullisterrein:
  • 48 x 500 ml-bottels bruiswater
  • 48 x 500 ml-bottels stilwater
  • 12 x 2 liter-bottels Pepsi
  • 12 liter vrugtesap
  • Koekies geskenk deur Remme-los
  • Die buurtwag het FRS Security en Fidelity Security Services bygestaan tydens ’n Numsa-protesoptrede.
  • Die buurtwag het bystand aan die SAPD en Fidelity Security Services verleen tydens ’n protesoptrede. Personeel van Actom en Tomco was op ’n perseel vasgekeer en buurtwaglede het gehelp om hulle uit te begelei.
  • Die buurtwag het ’n noodoproep van ’n persoon ontvang wat gesukkel het om asem te haal. Buurtwaglede het gevolglik ’n ambulans ontbied.
  • Buurtwaglede het gehelp om die verkeer te reguleer tydens ’n vragmotorongeluk.
  • Die buurtwag het ’n vragmotor van Evapco South Africa in en uit Isando met sy vrag begelei.

Boksburg

  • Die buurtwag het 16 van sy lede vir Helivac-opleiding gestuur.
  • Die tak het ’n stalletjie met Kersgeskenke beman ten einde fondse in te samel.
  • Die buurtwag het verskeie suksesse behaal, waaronder die afhandeling van groot operasies saam met ander AfriForum-strukture en die SAPD.

Kempton Park

  • Die tak se portefeuljevoorsitter vir plaaslikeregeringsake het ’n parkie in die dorp skoongemaak.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, die Boksburg-tak en verskeie sekuriteitsmaatskappye aan ’n misdaadvoorkomingsoperasie deelgeneem.

Springs

  • Die buurtwag het bystand gebied met die bestryding van drie brande.
  • Die buurtwag het mediese bystand verleen tydens drie voorvalle.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op twee motorongelukstonele.
  • Die buurtwag het bystand gebied ná afloop van drie huisbrake.
  • Die buurtwag het verskeie operasies onder leiding van die SAPD uitgevoer; 27 buurtwaglede was hierby betrokke.
  • Patrolleerders het nagenoeg 300 ure aan patrollies afgestaan deur die loop van die maand.

MPUMALANGA

Witrivier

  • Die buurtwag het gehelp om bome te verwyder wat paaie versper het ná ’n storm.
  • Die buurtwag het hulp verleen op talle motorongelukstonele.

Nelspruit

  • Die tak het bystand gebied aan WeCare4Nelspruit en vier dae se projekte help befonds.
  • Die tak het 18 vullisdromme aan WeCare4Nelspruit geskenk wat op strategiese plekke in die dorp aangebring is.
  • Die buurtwag het gehelp om bome te verwyder wat paaie versper het ná ’n storm.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou om sigbaarheid te verhoog.

Malelane

  • Die buurtwag het R60 000 se gesteelde goedere opgespoor met behulp van sy kameranetwerk.
  • Die buurtwag het nuwe toerusting ontvang.

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak se groentetuinprojek het meer as 400 kg spinasie gelewer wat aan verskeie organisasies en tehuise in Bethal en omliggende dorpe geskenk is.
  • Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp gediens.
  • Die tak het talle slaggate opgevul.

Belfast

  • Die tak het tien nuwe vullisdromme in die dorp aangebring.
  • Die tak het twee skoonmaakprojekte voltooi.

Piet Retief

  • Die tak se jeugvleuel het ’n kruis langs die N2 heropgerig nadat hulle dit herstel en vernuwe het.

Standerton

  • Die buurtwag het in samewerking met Kasselman Security Services gehelp om vyf vandale te arresteer.
  • Die tak het in samewerking met Lekwa Cleanup Crew en ander rolspelers gehelp om ’n sloot in Schwichardstraat te herstel nadat ’n waterlekkasie ook vroeër herstel is.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou om sigbaarheid te verhoog.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die tak het twee slaggatherstelprojekte afgehandel.

Lydenburg

  • Die tak het bystand gebied tydens twee opknappingsprojekte in die dorp.

Ermelo

  • Die buurtwag het ’n kenmekaargeleentheid gehou, waarna buurtwaglede ’n massapatrollie gehou het om sigbaarheid te verhoog.
  • Die buurtwag het gehelp om deelnemers se veiligheid te verseker tydens die Hans Storm-gedenkwedloop.
  • Die buurtwag het nuwe toerusting in ontvangs geneem.

Middelburg

  • Die buurtwag het gehelp om infrastruktuur teen sabotasie te beskerm tydens die onlangse stakings.
  • Die buurtwag het gehelp om water aan inwoners te versprei nadat watertekorte ondervind is weens diensleweringstakings.

LIMPOPO

Marble Hall

  • Die buurtwag het 93 patrollies deur die loop van die maand gehou.
  • Die buurtwag het in samewerking met Lezmin Security en HPG Security vier inbrekers in hegtenis geneem.
  • Die tak het die buurtwagpatrolleerders bedank en geskenke aan hulle uitgedeel as ’n blyk van waardering vir al hulle harde werk en toegewydheid.

Warmbad

  • Die tak het bome by ’n privaat skool geplant.

Tzaneen

  • Die tak en die buurtwag het in samewerking met AfriForum se Tzaneen-buurtwag, die SAPD en die plaaslike munisipaliteit ’n skoonmaakprojek gehou waartydens onwettige stalletjies verwyder en vernietig is.

Naboomspruit

  • Sowel die tak as die buurtwag het bome by skole in die gemeenskap geplant.
  • Die buurtwag het gehelp met die bestryding van drie brande in die omgewing.

SENTRAALSTREEK

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die tak het twee werkers gehuur wat een dag per week die eilande en veld vanaf die Spur tot by die Sasol-vulstasie skoongemaak het.
  • Die tak het ander instansies, ondernemings en individue betrek om die dorp te help skoonmaak.
  • Die buurtwag het elke dag minstens drie patrollies gery en bystand verleen met die arrestasie van twee verdagtes.
  • Die buurtwag het substasies beveilig.
  • Die buurtwag het die dorp tydens ’n protesaksie beveilig.
  • Die buurtwag het ’n sekuriteitsmaatskappy bygestaan met die arrestasie van koperdiewe.
  • Die tak het herstelwerk aan die pypleiding wat riool uit die rivier moet hou deurgaans gemoniteer.

Parys

  • Die tak se omgewingsakebeampte het munisipale probleme aangemeld en toegesien dat oplossings daarvoor gevind word.
  • Die tak het ’n stopteken herstel wat weggesak het en moeilik sigbaar was.
  • Die tak het ’n boom wat omgeval en die pad versper het, verwyder.

Sasolburg

  • Die buurtwag het aan die oorgrenspatrollie deelgeneem.
  • Die tak het 14 slaggate opgevul en 11 sakke teer daarvoor gebruik.
  • Die tak het Solidariteit Helpende Hand gehelp om lemoene vanaf Boksburg aan te ry.
  • Die tak het gras gesny in Mosega-, Magersfontein-, De Wildt-, Opperman- en Nuwekloofstraat.
  • Die tak het sy #VegEnBou-projek rondom Owen Horwoodstraat van stapel gestuur waartydens hulle bome gesnoei het, grond gelykgemaak het, sypaadjies skoongemaak het en gras gesny het.

NOORDWES

MARICO

Rustenburg

  • Die tak het vier peperbasbome aan Schoongezigt Estate en Tambotie Park geskenk as deel van die organisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek.
  • Die tak se skoonmaakspan het parke en sypaadjies in die dorp drie keer per week opgeknap deur gras te sny en rommel op te tel. Ongeveer 4 ha gras is in Protea Park en Safari Tuine gesny. ’n Stopteken is ook in Safari Tuine vervang, terwyl ’n stormwaterdrein wat met plante toegegroei was, ook weer oopgegrou is.
  • Buurtwag- en gemeenskapslede het opleiding by die SAPD ontvang. Die opleiding het spesifiek gehandel oor siviele arrestasies en het gefokus op die regte van gemeenskapslede om hierdie arrestasies uit te voer.

Lichtenburg

  • Die tak het 8 ton teer gebruik om ongeveer 120 m² se slaggate in Eerstestraat op te vul.

Zeerust

  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojek by die Burgermonument. Die tak het in Meimaand verantwoordelikheid vir die monument geneem deur dit die eerste keer skoon te maak en dit sedertdien te onderhou.

Coligny

  • Die tak het ’n vullisverwyderingsprojek in Voortrekkerstraat van stapel gestuur as deel van die organisasie se jaarlikse #OnsDorp-veldtog. Die span het daagliks vullis by ondernemings in die hoofstraat opgelaai en dit van daar af na die vullisterrein aangery. Altesaam 30 bakkievragte vullis is gedurende die maand verwyder.

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare projek by die konsentrasiekampkerkhof deur dit in stand te hou.

Hartbeesfontein

  • Die buurtwag het ongeveer 40 patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het gemeenskapslede bygestaan tydens onluste en ongelukke in die dorp.

Songloed-Ellaton

  • Die buurtwag het die SAPD bygestaan met patrollies in die sentrale sakekern (SSK).

Potchefstroom

  • Die tak het begin om indringerbome in Alexanderpark uit te roei.
  • Die tak het 39 m² se slaggate met 155 sakkies teer opgevul.
  • Die buurtwag het daagliks patrollies gery; 193 aktiewe patrolleerders het 205 patrollies deur die loop van die maand gehou en altesaam 7 198 km in 698 ure afgelê.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en sekuriteitsmaatskappye twee gewoontemisdadigers in hegtenis geneem en ’n gesteelde boot teruggevind.
  • Die tak se omgewingsakebeampte het daagliks probleme met water- en rioollekkasies by die munisipaliteit aangemeld en opgevolg totdat oplossings daarvoor gevind is.
  • Die tak was druk besig met talle plaaslikeregeringskwessies saam met die munisipaliteit.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het konstant druk op die munisipaliteit geplaas om oplossings vir probleme in die dorp te vind.

Ventersdorp

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou en die SAPD-maandvergadering bygewoon.
  • Die buurtwag het praatjies oor gemeenskapsveiligheid by verskeie skole aangebied.
  • Die tak het ’n gasbraaier aan ’n plaaslike onderneming geskenk om die eienaar in staat te stel om met sy sake voort te gaan.

Wolmaransstad

  • Die buurtwag het daagliks patrollies gery om die gemeenskap te beveilig.

STELLALAND

Biesiesvlei

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD 30 patrollies gedurende die maand gehou om verhoogde sigbaarheid te handhaaf.

Delareyville

  • Die tak se werkspan het agt sakke vullis in die hoofstraat verwyder.
  • Die tak het die plaaslike twee begraafplase skoongemaak.

Vryburg

  • Die buurtwag het 30 patrollies deur die loop van die maand gehou.
  • Die tak het sy sonkragstraatligprojek uitgebrei en ’n verdere tien sonkragstraatligte geïnstalleer wat deur die gemeenskap self aangekoop is.
  • Die buurtwag se brandspan het hul weeklikse oefening suksesvol voltooi.
  • Sowel tak- as buurtwaglede het ’n brandbestrydingskursus bygewoon en sertifikate verwerf.
  • Die tak het die plaaslike konsentrasiekamp skoongemaak as deel van die #OnsDorp-projek.

Christiana

  • Die tak se jeugvleuel het ’n goedvoelprojek by die ouetehuis gehou waartydens koekies aan bejaardes uitgedeel is.
  • Die tak se jeugvleuel het bome by die ouetehuis geplant.
  • Die buurtwagbestuur is gereorganiseer.

Hertzogville

  • Die tak het in samewerking met die plaaslike laerskool ’n groentetuinprojek van stapel gestuur.

Schweizer-Reneke

  • Die buurtwag het in samewerking met CB Sekuriteit en die plaaslike SAPD 30 patrollies gehou.
  • Die tak het ’n vasgestelde maandelikse vergadering met die munisipaliteit gehou.

Bloemhof

  • Die buurtwag het 20 patrollies gery en goeie samewerking met die plaaslike SAPD bewerkstellig.

KWAZULU-NATAL

Margate

  • Die tak het bome geplant as deel van die organisasie se nasionale boomplantmaandprojek.
  • Die tak het ’n gemeenskapsvergadering gehou.

Amanzimtoti

  • Die tak het ’n stalletjie beman tydens die Kuswag-gholfdag.

Pongola

  • Die tak het die uPhongolo Plaaslike Munisipaliteit op terme geplaas danksy ’n prokureursbrief.
  • Die tak het verskeie proaktiewe patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het verskeie gebiede in hul dorp skoongemaak, waaronder by die aftreeoord.
  • Die tak het talle rioollekkasies aan die munisipaliteit uitgewys.
  • Die tak het die N2-snelweg skoongemaak as deel van sy #OnsDorp-projek.

Paulpietersburg

  • Die tak het ’n boom by die skool geplant as deel van die organisasie se nasionale boomplantmaandprojek.
  • Die tak het talle patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Vryheid

  • Die tak het talle patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n nuwe gemeenskapsentrum ingerig.

Newcastle

  • Die buurtwag het addisionele veiligheidstoerusting aangekoop om hul patrolleerders te bemagtig.

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Algemeen

  • AfriForum het met die Menseregtekommissie (MRK) vergader om die probleme en uitdagings wat in verskeie Noord-Kaapse dorpe ervaar word, te bespreek.

Bo-Karoo

  • Die Orania-buurtwag en Strydenburg-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het opvolgskrywes aan die Thembelihle Plaaslike Munisipaliteit gerig rakende die komende datums en spertye vir die GOP.

Kimberley

  • Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het gemiddeld 6 ton vullis deur die loop van die maand verwyder en druk op die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen om vullis in die stad te verwyder.
  • Die tak het opvolgskrywes aan die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit gerig rakende die komende datums en spertye vir die GOP.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Departement van Openbare Werke en Paaie gerig oor die stand van die R31.
  • Die tak se voormalige jeugvoorsitter het tydens AfriForum se nasionale kongres die toekenning ontvang as Jeugvoorsitter van die Jaar.

Vaalharts

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het opvolgskrywes aan die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit gerig rakende die komende datums en spertye vir die GOP.

Kamiesberg

  • Die tak het die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit gekontak oor rou riool wat in ’n droë rivierbedding invloei; die tak het gevolglik aanhoudend druk op die munisipaliteit toegepas om die rioolpype te herstel.
  • Die tak het deurlopend die strate van Kamieskroon skoongemaak deur vullis op te tel en dit na die vullisterrein weg te ry.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het gehelp met die bestryding van brande in en om Kathu, Kuruman en Van Zylsrus.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het weekliks die hoofstraat skoongemaak en die vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het daagliks die badkamers by die waterwiel skoongemaak.
  • Die tak het een keer per week gras gesny, bome gesnoei en skoongemaak rondom die plaaslike park sodat die gemeenskap die park ten volle kan benut.
  • Die tak het die plaaslike begraafplaas skoon en netjies gemaak en die vullis na die vullisterrein weggery. Dié skoonmaakprojek het ongeveer twee maande geneem om af te handel.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het gehelp met die bestryding van brande rondom Kuruman, Kathu en Vryburg.
  • Die tak het kos en water aangekoop vir diegene wat gehelp het om die brande te blus.
  • Die tak het gehelp om bloed op te los wat vanuit stormwaterpype gevloei het.

Springbok

  • Die tak het ’n park en straat skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.

Upington

  • Die tak het 2 400 brode aan behoeftige mense en sopkombuise geskenk.
  • Die tak het die hoofstraat skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het deurlopend aandag geskenk aan die rioolprobleem in die dorp.
  • Die tak het die munisipaliteit gekontak rakende die haglike toestand van die dorp se paaie en varswaterpype wat aanhoudend bars.
  • Die tak het die SAPD se tuine opgeknap en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het 400 kg hoender by sopkombuise en behoeftige mense afgelewer.
  • Die tak het 2 000 liter drinkwater na Dakotastraat vervoer om inwoners van water te voorsien.
  • Die tak het ’n kraan aan die Upington-brandweerdiens geskenk.
  • Die tak het vier plaaslike skole ontsmet.

OOS-KAAP

Aliwal-Noord

  • Geen

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het opvolgskrywes aan die Sakhisizwe Plaaslike Munisipaliteit gerig rakende die komende datums en spertye vir die GOP.

Cradock

  • Geen

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei-buurtwag en Gamtoosvallei- en Kirkwood-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Jeffreysbaai

  • Geen

Kamdeboo

  • Geen

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Uitenhage

  • Geen

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Helderbergkom

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het in samewerking met die Blommendal Broken Window-projekspan vier witstinkhoutbome by die Ysterhoutparkie in Blommendal geplant.

Langebaan

  • Die Weskus-tak het in samewerking met West Coast Jetting graffiti van verskeie rotse in die groenstrook tussen Langebaan se middedorp en Myburghpark verwyder.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Overstrand

  • Die Stanford- en Hemel-en-Aarde-plaaswag en die Alfa-, Fisherhaven- en Pearly Beach-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het twee nuwe LPR-kameras in onderskeidelik Lynxweg en Vermontlaan in Vermont opgerig.

Stellenbosch

  • Geen

Vredendal

  • Die Holrivier-, Koekenaap-, Vredendal-, Spruitdrif-, Lutzville-, Kleinrivier-, Nuwerus- en Trawal-plaaswag en die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Buurt- en plaaswagte in die Matzikama-distrik, wat deel vorm van die organisasie se Vredendal-tak, het nuwe veiligheidstoerusting ontvang. Dit sluit onder meer koeëlvastebaadjies met kameras wat daaraan gekoppel is in.
  • AfriForum se Trawal- en Matzikama-plaaswag en Vredendal-buurtwag het elk ’n Natalse mahonieboom geplant as deel van die organisasie se jaarlikse nasionale boomplantmaandprojek.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n dringende skrywe aan die munisipale bestuurder van die Breërivier Plaaslike Munisipaliteit gerig rakende rioolprobleme in die dorp.

George

  • Die tak het die Dormehlsdrift-buurtwag gestig om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Geelhoutboom-plaaswag en Dormehlsdrift-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het ’n uiters suksesvolle #VegEnBou-week aangebied:
  • Die Wes-Kaapse munisipale verslag is onder meer bekendgestel, terwyl dr. Eugene Brink, AfriForum se strategiese raadgewer vir gemeenskapsake, ook twee radio-onderhoude gevoer het. Brink het ook die sakeontbyt toegespreek wat by ArendsRus Country Lodge gehou is.
  • Die tak het ’n goedvoelprojek by Huis JJ Watson, ’n tehuis vir bejaardes, geloods waartydens ’n muur en geute herstel is.
  • ’n Veiligheidsaanbieding is gedoen in samewerking met verskeie rolspelers vanuit die gemeenskap. Sprekers was Jan Wessels, AfriForum se hoof van Gemeenskapsveiligheid, Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder, en Johan Klopper, ’n traumaberader verbonde aan AfriForum se traumaeenheid.
  • AfriForum se nuutgestigte sportafdeling is ook bekendgestel deur die aanbied van ‘n bergwedloop in samewerking met Garden Route Trail Running (GTR), ’n plaaslike hardloopgemeenskap en -inisiatief.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Kaap Agulhas

  • Geen

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.         

Oudtshoorn

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Robertson

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Soortgelyke plasings