AfriForum-suksesse: Maart 2019

NOORDSTREEK

 LIMPOPO

  • AfriForum se buurtwagte in Ellisras, Nylstroom, Warmbad, Tzaneen, Matlabas en Marble Hall het in samewerking met die SAPD, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer ten einde polisiëringsigbaarheid op te skerp.

 Ellisras

  • Lede van AfriForum se buurtwagte in Ellisras en Matlabas het gevorderde opleiding ontvang in tien verskillende kategorieë wat strek vanaf basiese hand-tot-hand-gevegs- en arrestasietegnieke tot hoe om ’n voertuig te nader. Dié opleiding vorm deel van die voordele wat AfriForum aan sy lede bied en bemagtig ook buurtwagpatrolleerders om korrek en binne die raamwerk van die wet op te tree en hulself in noodsituasies te beskerm.
  • Die burgerregte-organisasie AfriForum het die Ant’s Hill-plaaswag naby Ellisras in die Waterberg-distrik gestig. Die stigting het plaasgevind na afloop van die gemeenskap se besluit om hulself teen misdaad in die gebied te organiseer en te mobiliseer.

Tzaneen

  • Lede van AfriForum se Tzaneen-tak het 500 liter water na ouetehuise geneem wat op Menseregtedag sonder water moes klaarkom omdat hulle geen toegang tot lopende water gehad het nie. Die tak het 100 5 liter-waterhouers aan die El Natan-, Goue Jare- en God’s Haven-ouetehuis geskenk.

Thabazimbi-Suid

  • AfriForum het die Thabazimbi-Suid-tak gestig, wat Leeupoort, Kromdraai, Rooiberg en Koedoeskop insluit. Die tak is gestig met die doel om dié gemeenskappe by te staan met kwessies wat met gemeenskapsveiligheid, plaaslikeregeringsake, omgewingsake en jeug verband hou.

Naboomspruit

  • Die AfriForum-tak in Naboomspruit het 2019 afgeskop deur ’n slaggatprojek van stapel te stuur. Nagenoeg 194 slaggate is al vanjaar opgevul.
  • Die AfriForum-tak in Naboomspruit het verskeie projekte van stapel gestuur om die dorp op te kikker. Dié projekte sluit in die plant van Nabome by die ingange van die dorp, die opvul van slaggate in die dorpsgebied, asook die herstel van ’n water- en boorgatpomp wat gebreek het.
  • AfriForum het in samewerking met ander organisasies en owerhede ongeveer 150 beeste geskut op ’n plaas naby Vaalwater. Dié aksie het gevolg nadat ’n boer se drade en kettings geknip is om dié trop beeste in te jaag vir weiding, waarna die boer deur die betreder meegedeel is dat die grond aan die staat behoort en aan die betreder toegeëien is.

GAUTENG

  • Die volgende Gauteng-Suid-takke het aan die nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem: Vanderbijlpark, Vereeniging, Heidelberg, Meyerton, Westonaria, Krugersdorp, Roodepoort en Randfontein.
  • Verskeie van AfriForum se Vaaldriehoek- en Wes-Randse buurtwagte het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem, waaronder Vanderbijlpark, Roodepoort en Randfontein. Dié buurtwagte het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF’s, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies massapatrollies in hul onderskeie gebiede uitgevoer.
  • AfriForum se Oos-Rand-takke het ’n veldtog van stapel gestuur om voorgestelde naamsveranderinge van verskeie strate én geboue aan die Oos-Rand teen te staan.
  • AfriForum het Projek Nehemia – ’n strategie teen geweldsmisdaad wat reeds aan die Oos-Rand uitgerol is – verskerp deur opleiding in vyf modules aan ongeveer 200 lede aan te bied.
  • AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem ten einde polisiëringsigbaarheid op te skerp.
  • AfriForum se buurtwagte in Alberton, Brakpan, Germiston en Springs het opleiding in regsaspekte ontvang. Sowat 55 patrolleerders het daaraan deelgeneem.
  • As deel van Wêreldvleilanddag het AfriForum die vleiland in die Moreletakloof-natuurreservaat skoongemaak. Die onlangse swaar reënbuie het hope vullis in die stormwaterkanale afgespoel wat deur die spruit tot in die vleiland gevoer is. Sowat tien sakke vullis is tydens die aksie opgetel.
  • Die Tshwane-metro het ná ’n drie jaar lange hofgeding geen ander keuse gehad as om ’n skikkingsooreenkoms met AfriForum te bereik oor onderhoud en herstelwerk by die Rooiwal-rioolwerke nie.
  • AfriForum het sy #AnkerdorpPadskou in Bothalaan, Centurion afgeskop waartydens die organisasie se personeel én gemeenskapslede dié straat skoongemaak het deur vullis op te tel. Nagenoeg 150 sakke vullis is uiteindelik verwyder.
  • AfriForum het ’n memorandum aan ’n verteenwoordiger van die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming oorhandig waarin dié burgerregte-organisasie sy besware teen ’n massiewe residensiële grondeis in Centurion uiteensit.
  • AfriForum het die #AnkerdorpPadskou by ’n massiewe veld op die hoek van De Villebois Mareuilrylaan en Delmasweg in Moreletapark voortgesit. Sowat 200 vullissakke vol rommel en vullis is uiteindelik verwyder.
  • AfriForum het bome by die Wollies-diereprojek in Pretoria-Noord geplant. Die burgerregte-organisasie het ook kos en speelgoed vir die diere ingesamel en 200 leibande geborg. Dié projek vorm deel van AfriForum se #AnkerdorpPadskou, wat daarop gemik is om hoop in ons gemeenskappe te skep.
  • Verskeie AfriForum-buurtwagte in die Tshwane-metropool het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem. Die buurtwagte in die Apiesriviervallei, Bronkhorstspruit, Hennopsriviervallei, Moot, Meyerspark, Pretoria-Wes en Wes-Moot was in samewerking met talle ander veiligheidsinstansies, sekuriteitsmaatskappye en die polisie by die nasionale patrollie betrokke. Altesaam 15 AfriForum-buurtwagte en 241 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem. Meer as 3 215 km is in 156 voertuie afgelê in ’n totaal van 276 manure. Geen voorvalle is aangemeld nie.
  • AfriForum het al die vullisterreine in die Tshwane-metropool geoudit as deel van dié burgerregte-organisasie se landwye vullisterreinouditprojek.

 Roodepoort

  • AfriForum se Roodepoort-buurtwag het nuwe hoogtes bereik tydens sy maandelikse misdaadvoorkoming- en massapatrollie wat gehou is.
  • AfriForum se Roodepoort-buurtwag het opleiding in noodbloedingbeheer en toneelhantering ontvang wat onderskeidelik deur die Stop the Bleed-organisasie en die SAPD aangebied is.

 Vereeniging

  • AfriForum se Vereeniging-tak het skouer aan die wiel gesit met opknappingswerk in samewerking met DRC Labour Hire en Bambanani Tuindienste in Langrandweg in dié stad.

 Randfontein

  • AfriForum se Randfontein-tak het sukses behaal in ’n kommerwekkende saak wat die laaste twee jaar sloer.

 Bronkhorstspruit

  • AfriForum se Bronkhorstspruit-Arborpad-buurtwag het ’n gekaapte vragmotor aan die eienaar daarvan terugbesorg.

Kempton Park

  • AfriForum se Kempton Park-tak het ’n nuwe dubbelkajuitbakkie en sleepwa bekend gestel.
  • AfriForum se Kempton Park-tak se jeugvleuel het as deel van hulle 2019-projekte ’n volhoubare uilhuisprojek van stapel gestuur.
  • AfriForum se takbestuur en jeugportefeulje in Kempton Park het op Menseregtedag slaggate in dié dorp opgevul.
  • AfriForum se Kempton Park-tak het ’n straatnaambordprojek van stapel gestuur wat behels dat verskeie borde in en rondom Kempton Park vervang moet word.
  • AfriForum se Kempton Park-tak het ’n brandkraanprojek geloods ten einde brandkrane te oudit as veiligheidsvereiste vir die omgewing.
  • AfriForum se Kempton Park-buurtwag het bystand gebied:
    • Aan ’n sekuriteitsmaatskappy tydens ’n mesverwante voorval met rowers.
    • Tydens ’n inbraak op ’n perseel naby die Rhodesfield Gautrein-stasie.
    • Tydens vier motorongelukke, terwyl hulle skare- en voertuigbeheer toegepas het.
    • Tydens die konfiskering van dagga ná ’n klagte vanuit die gemeenskap ontvang is.
    • Tydens die opspoor van ’n gekaapte dubbelkajuitbakkie.
    • Tydens ’n voorval waar ’n gesin se voertuig aan die brand geslaan het deur mediese bystand, brandweerdienste en berading vir die gesin van vyf te reël.
    • Aan ER24 en ’n sekuriteitsmaatskappy tydens ’n voorval waar honde drie kinders aangeval en gebyt het. Die honde is aan die DBV oorhandig.

Alberton

  • AfriForum se Alberton-reaksiespan het in samewerking met die Katlehong-Noord SAPD, EMPD, Reaper Tactical Sekuriteit en die Alberton Community Responders ’n gesteelde voertuig opgespoor.

Springs

  • AfriForum se Springs-tak het klagtes by die departement van gesondheid aanhangig gemaak rakende die vullisprobleem in die dorp wat nie uitgeklaar word nie.
  • AfriForum se Endicott-plaaswag het bystand aan die SAPD gebied tydens onluste in die gemeenskap rakende ontevredenheid oor behuising en die nuwe voorgestelde myn.

Brakpan

  • AfriForum se Brakpan-buurtwag het bystand gebied tydens die opruiming van ’n ongelukstoneel.
  • AfriForum se Brakpan-buurtwag het bystand verleen tydens twee arrestasies.

Germiston

  • AfriForum se Germiston-tak het verskeie rietbosse in die Lambton-gebied gesny.
  • Ná volgehoue druk van AfriForum se Germiston-tak is straatligte vervang en bome gesnoei in die Elsburg-gebied, terwyl strate in die Estera-gebied ook geteer is.

Waverley

  • Die AfriForum-tak in Waverley het onduidelike en afgeskilferde padtekens rondom skole oorgeverf. Dié aksie het deel gevorm van AfriForum se #AnkerdorpPadskou, wat geloods is om dorpsgebiede op te knap. AfriForum het saam met die gemeenskap al die padtekens – wat hoofsaaklik stopstrate insluit – rondom die Hoërskool Oos-Moot en die Laerskool Wonderboom-Suid oorgeverf. Verkeersirkels en spoedhobbels in Codonialaan is ook oorgeverf.
  • AfriForum se Waverley- en Moot-jeugstruktuur het ’n skoonmaakaksie in die Waverley- en Moot-omgewing geloods. Die jeugstruktuur het met die hulp van die gemeenskap Codonialaan in Waverley (hoofsaaklik voor Checkers) skoongemaak en rommel opgetel.

 Apiesrivier

  • Die AfriForum-buurtwagte van die Apiesriviervallei het aan ’n massapatrollie deelgeneem. Sowat 118 buurtwaglede het ongeveer 2 640 km tydens dié patrollie afgelê.

MPUMALANGA

Witrivier

  • AfriForum se Witrivier-buurtwag het bystand op verskeie ongelukstonele gebied.
  • AfriForum se Witrivier-buurtwag het ’n funksie aangebied waartydens patrolleerders vir hulle harde werk en deursettingsvermoë bedank is.
  • AfriForum se Witrivier-buurtwag het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem in samewerking met die Cairn-Burnside-plaaswag en die Nelspruit Concerned Citizens.

Nelspruit

  • AfriForum se Cairn-Burnside-plaaswag het bystand gebied tydens ongelukke.
  • AfriForum se Nelspruit-tak se jeugvleuel het ’n selfdoenaksie by Pro Gratia-skool voltooi.
  • AfriForum se Cairn-Burnside-plaaswag het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem in samewerking met AfriForum se Witrivier-buurtwag en Nelspruit Concerned Citizens.

 Bethal

  • AfriForum se Bethal-tak het ’n suksesvolle selfdoenprojek voltooi en 240 sakkies teer gebruik om slaggate in Blesbok- en Ribbokstraat op te vul.
  • Die AfriForum-tak het gras langs die N17-hoofweg in Bethal gesny.
  • AfriForum se Bethal-tak het gras gesny in die park in Hoëveldlaan.
  • Die AfriForum-tak het gras gesny by die plaaslike polisiestasie.
  • AfriForum se Bethal-tak het Chevron-borde op die hoek van Du Plooy- en Kieserstraat aangebring.
  • Bethal se AfriForum-tak het die Nestlé-driehoek skoongemaak en gras gesny.
  • AfriForum se Bethal-tak het ’n kontrakteur aangestel om asblikke in die sentrale sakekern leeg te maak.

 Machadodorp

  • Machadodorp se AfriForum-buurtwag het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.

 Lydenburg

  • Die AfriForum-buurtwag in Lydenburg het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.

 Middelburg

  • Middelburg se AfriForum-buurtwag het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.

 Piet Retief

  • AfriForum se Piet Retief-buurtwag het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die Piet Retief-tak het ’n petisie van stapel gestuur rakende die misbruik van drank in openbare parkies.

Standerton

  • AfriForum se Standerton-tak het water aan die Standerton-gemeenskap voorsien omdat daar geen water in die woongebiede was nie.
  • AfriForum se Standerton-tak het ’n waterpunt tydens die Goldi Marathon beman.
  • AfriForum se Standerton-buurtwag het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die Standerton-tak se jeugportefeulje het die Voetsporemonument skoongemaak.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • AfriForum se Teks-buurtwag het in samewerking met die SAPD aan ’n sigbaarheidspatrollie deelgeneem.
  • AfriForum se Teks-tak het in Maartmaand verskeie groenstroke skoongemaak en gras gesny.
  • AfriForum se Teks-buurtwag het uitgehelp op ongelukstonele om verkeer te reguleer.
  • AfriForum se Teks-tak se jeugvleuel het padtekens voor ’n skool in Evander oorgeverf om sodoende sigbaarheid vir padgebruikers te verbeter.
  • AfriForum se Teks-buurtwag het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • AfriForum se Teks-tak het by Davieshof gehelp om ’n kamer uit te verf en mooi te maak.

Delmas 

  • AfriForum se Delmas- en Eloff-buurtwag, asook die Argent-plaaswag het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.

 Ermelo  

  • AfriForum se Ermelo-tak het ’n bemarkingstalletjie by die Ermelo-skou beman en ’n petisie geloods rakende die slaggate in Ermelo.
  • Die Ermelo-tak het die Ermelo-ouetehuis gehelp om kalk te strooi waar daar ’n rioollyn geblok was om die reuk te verbloem.

SENTRAALSTREEK

NOORDWES

  • Die volgende AfriForum-buurtwagte het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem: Bloemhof, Christiana, Delareyville, Schweizer-Reneke, Biesiesvlei en Vryburg.
  • Die volgende buurtwagte het in samewerking met die SAPD en sekuriteitsmaatskappye in die Marico-distrik aan die nasionale massapatrollie deelgeneem: Rustenburg, Coligny, Koster (Millvale) en Mooinooi.
  • Verskeie AfriForum-takke in die Marico-distrik het aan die vullisterreinouditprojek deelgeneem: Koster, Zeerust, Rustenburg, Lichtenburg, Mooinooi en Coligny.
  • Die buurtwagte van Bloemhof, Christiana en Schweizer-Reneke het gehelp om paaie af te baken en inligting te versprei ná ’n gewapende roof in Wolmaransstad.

Vryburg

  • Die AfriForum-tak in Vryburg se jeugvleuel het boomtakke voor stoptekens afgesaag.

Christiana

  • Die AfriForum-buurtwag in Christiana het die brandweer gehelp om verskeie brande te blus.
  • Die AfriForum-buurtwag in Christiana het gehelp om sluipslapers uit ’n verlate huis te verwyder.
  • Die AfriForum-buurtwag in Christiana het die SAPD bygestaan met die arrestasie van ’n ontvoerder.

Bloemhof

  • Die AfriForum-buurtwag in Bloemhof het gehelp met die arrestasie van ’n ontvoerder.

Hertzogville

  • Die AfriForum-tak in Hertzogville het ’n stalletjie by die plaaslike landbouskou beman.

Rustenburg

  • Die Rustenburg-been van AfriForum se #AnkerdorpPadskou het met ’n skoonmaakaksie afgeskop. Die plaaslike tak het saam met munisipale werkers die openbare swembad, asook Marais-, Kruger-, Boshoff- en Kerkstraat skoongemaak.
  • AfriForum se Rustenburg-tak het gewoeker tydens week 1 van die #AnkerdorpPadskou. AfriForum het die teenboelieveldtog aangebied by sowel die Laerskool Rustenburg as die Laerskool Vastrap. Terselfdertyd is smullekker pizzas vir ’n plaaslike onderneming gekoop.
  • Die Rustenburg-tak het gras in Kremetartlaan gesny en munisipale woonstelle in Kerkstraat besoek tydens die #AnkerdorpPadskou.
  • Slaggate is in Rustenburg opgevul tydens fase 1 van die #AnkerdorpPadskou. AfriForum het hierdie slaggate in samewerking met Mongola Trading Enterprises in Rustenburg opgevul.
  • Die Rustenburg-tak het slaggate opgevul tydens fase 2 van die #AnkerdorpPadskou, terwyl hulle ook munisipale woonstelle in Kremetartlaan besoek het. Die Rustenburg-tak het altesaam 500 sakkies teer aangekoop en tydens die opvullingsproses gebruik.

 VRYSTAAT

Leeuwberg

  • AfriForum se Leeuwberg-tak is onlangs gestig. Dit is die negende tak en buurtwag wat in Bloemfontein gestig is.

Pellissier

  • AfriForum se Pellissier-buurtwag het ’n arrestasie uitgevoer op ’n verdagte wat geld gesteel en probeer vlug het.

 Bethlehem

  • AfriForum se Bethlehem-tak het selfverdedigingsklasse vir dames aangebied. Die eerste twee klasse het teenverkragtingsopleiding ingesluit.
  • Die Bethlehem-tak het die inisiatief geneem om self die dorp se slaggate te begin opvul. Hierdie projek het oor twee dae gestrek waartydens 1 388 slaggate opgevul is. Die tak kon nie langer staan en toekyk hoe die paaie in die dorp verswak nie en het daarom besluit om self hierdie aksie te loods om die paaie in die dorp te verbeter.
  • Ná volgehoue druk deur die Bethlehem-tak het die munisipaliteit die vullisterrein naby die Morelig-woongebied gesluit.

 Welkom

  • AfriForum se Welkom-tak en die Sandrivier-buurtwag het baie goed saam met ander sekuriteitsfirmas en die SAPD gewerk. ’n Totaal van amper 5 000 km is afgelê waartydens sewe arrestasies gemaak is.

 Harrismith

  • Die AfriForum-buurtwag in Harrismith het tydens die nasionale massapatrollie ondersteuning aan die metropolisie gebied. Tydens een insident het ’n vragmotor aan die verkeerde kant van die snelweg gery en ’n groot gevaar vir aankomende verkeer ingehou. Die buurtwag het die vragmotor gestop en bygestaan totdat die metropolisie opgedaag het.

Frankfort

  • Die AfriForum-tak op Frankfort het besluit om die begraafplaas netjies en skoon te maak.

 Bultfontein

  • AfriForum se Bultfontein-tak en -buurtwag het tydens die nasionale massapatrollie nou saam met die polisie en ander rolspelers in die gemeenskap gewerk. Tydens die patrollie is 38 arrestasies gemaak en 49 verkeersake hanteer.

KWAZULU-NATAL

  • AfriForum-takke in KwaZulu-Natal het ’n bespreking met die provinsiale SAPD gehad rakende die kwessie rondom rondloperbeeste op die provinsie se paaie.
  • AfriForum-takke in KwaZulu-Natal het 34 gemeenskappe gemobiliseer om aan die nasionale massapatrollie deel te neem.
  • AfriForum-takke in KwaZulu-Natal het ’n korrupsiesaak met die Valke bespreek.

Newcastle

  • AfriForum se Newcastle-tak het die gemeenskap teen abnormale waardasieverhoging gemobiliseer.
  • AfriForum se Newcastle-tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer en klagtes vir die munisipaliteit voorberei rakende rioolstorting.

 Vryheid

  • AfriForum se Vryheid-tak ry gereeld patrollie om die dorp en omliggende dele te beveilig.
  • AfriForum se Vryheid-tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.
  • AfriForum se Vryheid-tak het basiese noodhulpopleiding aan hul patrolleerders gebied.

 Margate

  • AfriForum se Margate-tak het ’n vullisterreinoudit gedoen en strande skoongemaak.

 Richardsbaai

  • AfriForum se Richardsbaai-tak het buurtwagbeplanning gedoen.

Hluhluwe

  • AfriForum se Hluhluwe-tak het aan verskeie gebiedsbeveiligingsoperasies saam met die plaaslike SAPD deelgeneem.
  • AfriForum se Hluhluwe-tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.

 Pongola

  • AfriForum se Pongola-tak het ’n vullisterreinoudit gedoen.
  • AfriForum se Pongola-tak het aan verskeie proaktiewe patrollies deelgeneem om hul gebied te beveilig.

 Paulpietersburg

  • AfriForum se Paulpietersburg-tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer en die stand van die vullisterrein met die munisipaliteit bespreek, waarna besluit is dat die tak as ’n eksterne ouditeur vir die vullisterrein sal optree.
  • AfriForum se Paulpietersburg-tak het verskeie patrollies gehou om hul gebied te beveilig.

 Utrecht

  • AfriForum se Utrecht-tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer.

 SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Kuruman

  • AfriForum se Kuruman-buurtwag het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • AfriForum se Kuruman-tak het stelsels geïmplementeer wat SMS’e uitstuur as die krag by waterpompe af is.

 Kathu

  • AfriForum se Kathu-buurtwag het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem, asook ’n nagmark saam die patrollie gehou.
  • AfriForum se Kathu-tak het ’n PAIA-aansoek ingedien om senior beamptes se kwalifikasies aan te vra.

 Keimoes

  • AfriForum se Keimoes-buurtwag het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • AfriForum se Keimoes-tak het met die munisipale bestuurder vergader.
  • AfriForum se Keimoes-tak het opleiding in regsaspekte ontvang.

 Upington

  • AfriForum se Upington-tak se jeugvleuel het saam met Sakkie se Arkie die Oranjerivier skoongemaak.
  • AfriForum se Upington-buurtwag het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.

 Springbok

  • AfriForum se Springbok-buurtwag het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • AfriForum se Springbok-tak het die kwalifikasies van die tegniese hoof aangevra.

 Douglas

  • AfriForum het ’n tak in Douglas gestig.
  • AfriForum se Douglas-tak het aan die nasionale patrollie deelgeneem.

 Orania

  • AfriForum se Orania-tak het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • AfriForum se Orania-tak het verdagtes help vastrek.
  • AfriForum se Orania-tak het ’n nuwe bestuur verkies.

 Kimberley

  • AfriForum se Kimberley-tak het ’n veiligheidsvergadering met openbare deelname gehou.
  • AfriForum se Kimberley-tak het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.

 Vaalharts

  • AfriForum se Vaalharts-tak het voer aan boere naby Strydenburg en Olifantshoek geskenk.
  • AfriForum se Vaalharts-tak het ’n monument gerestoureer en verskuif.
  • AfriForum se Vaalharts-tak het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.

 Williston

  • AfriForum se Williston-tak het met die distrikshoof verantwoordelik vir paaie vergader.

OOS-KAAP

Aliwal-Noord

  • AfriForum se Aliwal-Noord-tak het drie vragte voer aan boere in die Aggenys- en Springbok-omgewing geskenk.
  • AfriForum se Aliwal-Noord-tak het ’n nuwe bestuur verkies.

 Port Elizabeth

  • Die Port Elizabeth-tak het ’n gemeenskapsvergadering gehou met Ernst Roets as gasspreker. Kwessies soos die huidige politieke klimaat, die impak van AfriForum, asook plaasmoorde is bespreek. Dit was baie geslaagd en uitstekend aangebied.

Patensie

  • Ernst Roets het ook die gemeenskap van Patensie besoek. Die vergadering is deur die Patensie-tak gereël en bywoning was baie goed. Die vergadering het weer eens bewys dat gereelde interaksie met die gemeenskap vir momentum sorg wanneer ’n tak gestig moet word.

Jeffreysbaai

  • Weens ’n druk skedule kon die tak slegs tyd inruim vir ’n kort geselsie en interaksie tussen Ernst Roets en die takbestuur. Interessante vrae is tydens die sessie gevra en dit is as verrykend en motiverend ervaar.

Elliot

  • AfriForum se Elliot-tak het aan die nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • AfriForum se Elliot-tak het gehelp om ’n gekaapte motor op te spoor.
  • AfriForum se Elliot-tak se volgehoue druk het gesorg dat die dorp weer toegang tot water kon kry nadat betogers die pompe gebreek het.

 WES-KAAP

 Kaapstad-Noord

  • AfriForum se Brackenfell- en Bellville-buurtwag het patrollies in hul onderskeie gebiede uitgevoer ten einde polisiëringsigbaarheid op te skerp.
  • AfriForum se Bellville- en Brackenfell-buurtwag het 12 geselekteerde lede op ’n tien week lange selfverdedigingskursus gestuur. Hierdie kursus word in samewerking met COBRA Self-Defence Academy

Kraaifontein

  • AfriForum se Kraaifontein-buurtwag het in samewerking met gemeenskapslede, Landry Securitas, Capital Security Services, C-Max Security Services en ADT Security Services patrollies in hul onderskeie gebiede uitgevoer ten einde polisiëringsigbaarheid op te skerp.

 Vredendal

  • AfriForum se buurt- en plaaswagte in die Matzikama-streek het in samewerking met die SAPD en verkeersdepartemente ’n patrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Sowel die Lutzville-, Koekenaap-, Nuwerus-, Vredendal-, Kleinrivier- en Trawal-plaaswag as die Lutzville-buurtwag het aan die patrollie deelgeneem.

 Overstrand

  • AfriForum se Alfa-buurtwag, wat deel van dié burgerregte-organisasie se Overstrand-tak vorm, het opleiding in regsaspekte ontvang wat op patrollies van toepassing is.
  • AfriForum se Alfa-buurtwag in die Overstrand het hulp verleen tydens ’n motorongeluk by die Sandbaai-kruising waarin twee mense beseer is.
  • AfriForum se buurtwagte in die Overstrand het in samewerking met die SAPD, Safe Security Systems en Secma International Security ’n patrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Die Alfa-, Voëlklip- en Groter Gansbaai-buurtwag het ook aan die patrollie deelgeneem.

 Malmesbury

  • AfriForum se Rondeberg-buurtwag, wat deel van dié burgerregte-organisasie se Malmesbury-tak vorm, het in samewerking met die polisie hul omgewing help beveilig as deel van AfriForum se nasionale massapatrollie. Rondeberg se privaat K9-eenheid is ook ingespan.

 Mosselbaai         

  • Die Mosselbaai-tak van AfriForum het ’n uiters suksesvolle inligtingsessie met Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep, gehou. Dit is deur ongeveer 200 mense bygewoon en het veral goeie gesindhede teenoor AfriForum bevorder.

Oudtshoorn

  • AfriForum se Oudtshoorn-tak het ’n forum geïnisieer waar verskeie belangegroepe uit die gemeenskap met die munisipale bestuur kon vergader en kwessies van gemeenskaplike belang kon bespreek. Die gesprek is opgevolg met ’n skrywe aan minister Bredell van die Wes-Kaapse provinsiale regering en die algemene gevoel is dat goeie vordering in die bou van verhoudinge gemaak word.

 Worcester

  • AfriForum se Worcester-buurtwag, wat deel van dié burgerregte-organisasie se Worcester-tak vorm, het opleiding in regsaspekte ontvang wat op patrollies van toepassing is.
  • AfriForum se Worcester-buurtwag het Worcester en omliggende gebiede veilig gehou as deel van ’n nasionale massapatrollie wat AfriForum geloods het.

 Velddrif

  • AfriForum se Velddrif-buurtwag het in samewerking met ander rolspelers dié dorp en omliggende gebiede veilig gehou as deel van AfriForum se nasionale massapatrollie.

 

Soortgelyke plasings