|

AfriForum se Warmbad-tak begin met slaggatprojek

AfriForum se Warmbad-tak het hulle slaggatprojek op Saterdag 7 Mei afgeskop. Die tak het ongeveer 4,1 ton teer gebruik om slaggate in verskeie strate te vul.

Die tak het slaggate by die Kwagga- en Gilfillaan kruising gevul sowel as Grobler-, Moffat-, Meininger-, Swanepoelstraat en Mentzlaan.

“Ek wil graag ’n beroep op elke inwoner in Warmbad doen om by hierdie tipe projekte betrokke te raak. Saam sal ons ’n verskil kan maak. Instansies wat hande wil vat met die AfriForum-tak is ook baie welkom, want selfdoen is beter as niksdoen,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir die groter Pretoria-Noord area.

Die Warmbad-tak doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak by hierdie projek. Die gemeenskap kan aktief betrokke raak en ook donasies maak in ’n poging om Warmbad slaggatvry te maak.

Om betrokke te raak by die projek kan julle gerus vir Carin Botha kontak by 082 853 4176.

Sluit gerus aan met n maandelikse vrywillige bydrae of SMS “Warmbad” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings