| |

Noordstreek-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel

Die AfriForum-buurtwagte in die noordstreek (Gauteng, Limpopo en Mpumalanga), het op 4 Augustus aan dié organisasie se nasionale patrollie deelgeneem.

34 AfriForum-buurtwagte en 557 patrolleerders in 312 voertuie het aan dié patrollie deelgeneem waartydens meer as 160 insidente hanteer is. Alle voorvalle is suksesvol hanteer in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en private sekuriteitsmaatskappye.

Saam met AfriForum se buurtwagte het ander veiligheidsinstellings soos private sekuriteitsmaatskappye, mediese vennote en ander veiligheidsorganisasies ook aan die patrollie deelgeneem. Verskeie suksesse is aangemeld, onder meer die arrestasie van ’n verdagte vir diefstal en dwelmbesit.

“AfriForum loods hierdie tipe inisiatiewe om verskillende organisasies saam te koördineer in ’n gesamentlike poging om misdaad te bekamp,” sê Llewellyn Hemmens, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.

“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en hul veiligheid te prioritiseer. Ons kan nie op die regering alleen staatmaak om ons veilig te hou nie,” sluit Hemmens af.

Raak vandag nog betrokke by een van AfriForum se buurtwagte. Kontak vir Llewellynn Hemmens by 064 850 1633.

Soortgelyke plasings