|

AfriForum publiseer handleiding oor hoe om stygende gevalle van eiendomskaping te verhoed en hoe slagoffers moet reageer

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n handleiding op sy webtuiste gepubliseer wat burgers presies inlig oor hulle regte in hierdie verband, hoe om die styging van eiendomskaping te verhoed sowel as hoe slagoffers in dié situasie moet reageer.

In Suid-Afrika is die kaping van residensiële en ander tipe eiendomme aan die toeneem, met georganiseerde kriminele sindikate wat mobiliseer juis as gevolg van die regering wat misluk en verouderde en onpraktiese wetgewing. Georganiseerde eiendomkapingssindikate dwing hulself in onbewoonde eiendomme in en beset dit, sit huurders of eienaars met geweld uit, en vervang diegene met huurders van hul keuse. Voorvalle hiervan het onlangs veral in Pretoria-Oos plaasgevind, in besonder wanneer eienaars op vakansie is. In Kaapstad was daar ook in die laaste tyd ’n toename in eiendomskapings.

“Dit is beter om misdaad te voorkom as om daarop te reageer. Daarom help AfriForum sy lede sowel as die breër publiek om hulself só te posisioneer om te verhoed dat hulle eiendom binnegeval of gekaap word. Dít is natuurlik meer koste-effektief as om die regskostes, verbonde aan die verkryging van ’n uitsettingsbevel, te betaal,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

“Dit is kommerwekkend dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens gereeld onwillig óf bloot nie in staat is nie, dikwels weens ’n gebrek aan hulpbronne, om behoorlik teen gevalle van betreding op te tree. Daarom is dit ’n goeie idee om by ’n AfriForum-veiligheidstruktuur in jou area betrokke te raak,” sluit Van Zyl af. 

* Klik hier om die handleiding te lees.

Soortgelyke plasings