|

Bethal-tak laat nie gras onder hulle voete groei nie

Die AfriForum-tak in Bethal het onlangs op verskeie plekke in dié dorp gras gesny om die area netjies te maak en ook om die brandgevaar op spesifieke plekke te verminder.

Die gras rondom die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Jabulani Selepistraat is gesny tot by die R35 Middelburg-duikweg. Die DBV het die tak genader om te help omdat die gras om hulle perseel hoog staan en ’n brandgevaar inhou. Die tak het dus ’n 2 m breë strook om al die geboue op die perseel skoongesny om die risiko te verlaag. Die gras by die Nestlé-brug is ook gesny.

Die tak sal ook eersdaags die N17 skoonsny, hierdie area word nou al vir ’n paar jaar deur die Bethal-tak onderhou aangesien dit ’n belangrike roete vir Bethal is.

“Die eerste dink wat mense sien as hulle deur die dorp ry is hoe dit lyk. Daarom is netheid belangrik en ons sal deurdruk met ons volhoubare aksies om die dorp skoon te hou,” sê Ingrid Human, voorsitter van AfriForum se Bethal-tak.

Besoek www.wordlid.co.za om by die Bethal-tak aan te sluit en ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak.

Soortgelyke plasings