|

AFRIFORUM-BUURTWAG BEVEILIG DULLSTROOM

Die AfriForum-buurtwag in Dullstroom het in Februarie op verskeie gebiede gehelp om die dorp te beveilig.

Die buurtwag het by heelwat ongelukstonele in en om Dullstroom bystand verleen en gehelp om die verkeer te reguleer terwyl die nooddienste op die tonele gewerk het. By een ongeluk moes die pad heeltemal gesluit word en die buurtwag het toegesien dat die lugambulans veilig kon land om die pasiënt te vervoer.

Bo en behalwe die gereelde patrollies om te help om misdaad in die dorp te bekamp, is ’n massapatrollie ook gehou. Hulle het ook gehelp met die soektog na ’n moordenaar wat ontsnap het.

“Buurtwaglede staan nie ’n oomblik terug om te help om die dorp se mense te beskerm nie en ons is trots om saam met hierdie span mense te kan werk,” sê Gerhard Delport, leier van AfriForum se Dullstroom-buurtwag.

Raak by jou naaste AfriForum-buurtwag betrokke: SMS jou naam na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings