AfriForum doen aansoek om verlof tot appèl teen “Kill the Boer”-haatspraaksaak uitspraak

Die burgerregteorganisasie AfriForum se regspan het vandag hulle aansoek om verlof tot appèl teen die “Kill the Boer”-haatspraaksaak uitspraak ingedien by die Hooggeregshof in Johannesburg.

In Augustus 2022 het die Gelykheidshof verklaar dat die dreunsang, “Kill the Boer”, nie haatspraak is nie.

Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, sê dat sukses in hierdie appèlsaak van groot belang is omdat die aanmoediging om lede van ’n groep te vermoor of skade te berokken gebaseer op hul identiteit ’n ernstige saak is wat nie geduld kan word nie, veral nie in die lig van die plaasmoordkrisis in Suid-Afrika nie.

“Hierdie appèlsaak gaan vir ons ’n belangrike aanduider wees van die stand van sake wat ons politieke bestel betref. As die regstelsel egter sy rug draai wanneer minderhede met geweld gedreig en geteiken word, is die belangrikste opsie wat oorbly dat ons na ons eie veiligheid moet omsien,” sluit Van Zyl af.

Soortgelyke plasings