|

AfriForum eis duidelikheid oor Matlosana Plaaslike Munisipaliteit se kortingsbeleid

Die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit het steeds nie hul kortingsbeleid implementeer nie hoewel dit reeds goedgekeur is saam met die munisipaliteit se 2023/-24 begroting. Dié munisipaliteit het ’n 10% korting beloof aan inwoners wat hul rekeninge betyds en volledig vereffen. Die AfriForum-tak in Klerksdorp wil nou weet wanneer hierdie beloofde korting implementeer gaan word.

Dié tak wil onder meer die volgende weet:

  • Wanneer gaan die korting implementeer word?
  • Hoe gaan dié korting inwoners se rekeninge beinvloed?
  • Is daar duidelike bewyse dat hierdie beleid in lyn is met die begroting wat reeds goedgekeur is?

Die tak vra ook vir deursigtigheid in hierdie proses. Inwoners het die reg om te weet hoe besluite hulle sakke gaan raak en AfriForum wag vir ’n spoedige antwoord van die munisipaliteit.

“Omdat deursigtigheid en verantwoordbaarheid die hoekstene vorm van goeie regering, vertrou ons dat die munisipaliteit spoedig sal antwoord en die beleid sal implimenteer en so die vertroue tussen die munisipaliteit en die inwoners sal versterk,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Inwoners wat wil deel word van die AfriForum-tak, kan vir Theo Gresse skakel by 083 232 3405.

Soortgelyke plasings