|

AFRIFORUM JEUG EN ANDER GROEPE VEG VIR HISTORIESE BEHOUD IN KIMBERLEY

AfriForum Jeug het op 31 Julie 2021 ’n skoonmaakaksie by die Konsentrasiekampmonument in Kimberley aangepak in samewerking met lede van die Rapportryers, die Voortrekkers en Landsdiens.  

Dié monument is opgerig op die plek waar die konsentrasiekamp van 1899–1902 geleë was om eer te toon aan die vroue en kinders wat daar aangehou is en gesterf het. Sowat 30 vrywilligers het gehelp om die historiese terrein en monument skoon te maak. Ná afloop van die skoonmaakprojek het hulle ook ’n krans by die monument gelê.  

“Dit is vir my baie verblydend om te sien dat ’n gemeenskap op so ’n wyse bymekaar kan kom om self verantwoordelikheid vir hul erfenis te neem deur dit te beskerm en die terreine skoon en netjies te hou,” sê Petri van der Walt, AfriForum Jeug se nasionale koördineerder vir dorpstrukture.  

Soortgelyke plasings