AfriForum Jeug se Vaalharts-tak bring kleur en vreugde na ouetehuis


AfriForum Jeug se Vaalharts-tak het op 3 September die blomtuin by Huis Theresa vir bejaardes in Hartswater opgekikker met blomme en saailinge wat deur Oasis Kwekery geskenk is om lente te vier.

“Dit is ’n klein blykie van waardering vir die mense wat die gemeenskap help bou en ontwikkel het. Daar is baie wat die jeug by senior burgers kan leer,” sê Hendrik Jacobs, AfriForum Jeug se Vaalharts-voorsitter.
“Dit was wonderlik om te sien hoe die jeug op só ’n wyse in die gemeenskap kan terugploeg om ’n verskil in ander se lewens te maak,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Bo-Karoo.

AfriForum Jeug se Vaalharts-tak wil graag ’n veilige bymekaarkomplek skep waar jong Afrikaners nie hoef te voel dat hul kultuur en taal onderdruk word nie en moedig die jeug van Vaalharts aan om by die tak aan te sluit.
 

Soortgelyke plasings