|

AfriForum Jeug-tak in Secunda woeker met goedvoel projekte

AfriForum Jeug in Secunda het op 13 November 2021 ’n modelkompetisie aangebied om die gemeenskap die geleentheid te bied om hul talente te wys. Dit was die derde jaar wat hulle dié kompetisie aanbied.

Die kompetisie bestaan uit vier kategorieë; Mevrou, Mejuffrou, Senior en Junior. Elke wenner het ’n kontantprys van R 1 500 ontvang

Daar is ook geskenkpakkies geborg deur Hero Print en AfriForum Jeug aan alle wenners oorhandig. Voor die aand se verrigtinge amptelik begin het was daar ook ’n mark gewees waar die gemeenskap hul eie produkte kon verkoop het aan die publiek.

Die skoolbestuur van Laerskool TP Stratten het ruimhartig aangebied dat AfriForum Jeug die kompetisie op hulle perseel aanbied.

“Dit is ’n goeie geleentheid om die gemeenskap, oud en jonk, bymekaar te kry om pret te hê en in ’n veilige omgewing mekaar te ondersteun en talente ten toon te stel,” sê Petri van der Walt, nasionale koördineerder vir AfriForum Jeug se dorpstrukture.

“Hierdie was vir ons só ’n lekker projek en ek is bly om te sien dat daar mense is wat van in en om Secunda gekom het om dit te ondersteun,” sê Sindi Cronje, AfriForum Jeug se takvoorsitter in Secunda.

Raak vandag nog by die jeug strukture in jou gemeenskap betrokke en help om n verskil te maak. Stuur n epos na petri.vanderwalt@afriforum.co.za  of sms ‘jeug’ na 32687 (R1 per SMS).

Soortgelyke plasings