AfriForum plaas vullisterreine onder die mikroskoop

AfriForum het met behulp van takstrukture en vrywilligers die laaste twee maande vullisterreine oor Suid-Afrika heen onder die mikroskoop geplaas. Baie dankie aan al die betrokke persone. Julle skep hoop en verseker dat ons vry, veilig en voorspoedig kan voortbestaan.

AfriForum is besorg oor die gemeenskap en die omgewing waarin hulle hulself bevind. Dit is om dié rede uiters belangrik om die vordering van vullisbestuur gereeld te meet. Meer spesifiek is die eindbestemming van die gemeenskap se rommel, naamlik vullisterreine, die beginpunt vir AfriForum.

Die doeltreffende bestuur van vullisterreine kan die siklus (rivier op) van rommelbestuur verbeter. Vullisterreine kan potensiaal vir opbrengste inhou of, op die keersy, ’n groot las wees.

Dus het AfriForum in 2019 vir die sesde agtereenvolgende jaar oor Suid-Afrika heen vullisterreine gemeet in die vorm van AfriForum se munisipale vullisterreinoudit.

Sien die uitslag van jou provinsie en die nasionale stand van vullisterreine HIER. (English Audit HERE.) Jy kan ook AfriForum se voorstelle vir verbetering hier besigtig.

Hoe het AfriForum en die gemeenskap die Libanon-vullisterrein in Westonaria gekry om 100% in die oudit te behaal?

In die grafiek hierbo kan jy sien hoe jy en die gemeenskap die verskil kan maak. AfriForum staan jou in die geveg vir ’n gesonder omgewing by.

Hoe jy kan help of betrokke raak:

  • Sluit by jou naaste AfriForum-tak aan of raak by jou afvalmoniteringskomitee betrokke.
  • Nomineer jou dorp of gebied vir inspeksie of die vullisterreinoudit.
  • Kontak jou naaste AfriForum-tak. Stuur ’n e-pos na gemeenskapsake@afriforum.co.za of skakel AfriForum by 086 10 200 30 en vra om met jou streekskoördineerder te gesels.

Sluit HIER (https://afriforum.co.za/sluit-aan/) aan of stuur ’n SMS met jou dorp se naam na 45354. SMS’e kos R1.

Nomineer jou dorp of gebied:

 

Volg gerus dié skakel om op hoogte van AfriForum se omgewingsaksies te bly: https://afriforum.co.za/takke/omgewingsake/

 

Soortgelyke plasings