|

AfriForum se Bloemfontein-takke dien GOP voorstelle in

Die AfriForum-takke in Bloemfontein het hul voorstelle vir die jaarlikse Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) by die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit ingedien. Hierdie voorstelle is gemaak om die vullisterreine, waterwerke, paaie, parke, straatligte en riolering op te gradeer en in stand te hou. Die vullis moet ook op ’n gereelde basis verwyder word, soos die metro se regulasies stipuleer.

Die Bloemfontein-takke wat hul GOP-voorstelle ingedien het, bedien ook groter omliggende buurte, naamlik Rayton-Heuwelsig, Bloemfontein-Noord, Bloemfontein-Noord, Langenhovenpark, Wilgehof, Pellissier, Fichardtpark, Uitsig, Hospitaalpark en Leeuwberg. Die takke in Boshof, Dealesville, Hertzogville en Zastron het ook hul GOP-voorstelle ingedien.

“Dit is belangrik dat takke deelneem aan die GOP-proses om hierdie tipiese voorstelle in te dien wat sal bydra tot ontwikkeling in ons gemeenskappe. Ons kan nie net terugsit en wag dat Bloemfontein totaal verval nie en daarom sal AfriForum die gemeenskap met hierdie deelname ondersteun,” sê Christo Groenewald, distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

Die gemeenskap word aangemoedig om by die Bloemfontein-takke betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Bloemfontein” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings