|

AfriForum se Bo Karoo-tak bied opleiding aan

Die AfriForum-tak in die Bo Karoo het die afgelope week skietopleiding vir verskeie groepe in die streek aangebied. Inwoners van Orania, Modderrivier, Kimberley, Douglas en De Aar het aan die opleiding deelgeneem.

Hierdie opleiding dien as ’n pro-aktiewe benadering tot veiligheid sodat mense kan leer hoe om hulself, hul geliefdes en hul gemeenskap te beveilig.

Die skietopleiding is in samewerking met Leo Prinsloo aangebied, wat verlede jaar naam gemaak het toe hy ’n transitorooftog met kalmte hanteer het.

“Dit is vir ons belangrik dat veral vroue en kinders in die streek hulself vertroud maak met die hantering en gebruik van vuurwapens om hulself te kan verdedig in tye van nood,” sê Magdaleen Kleynhans, voorsitter van AfriForum se Bo Karoo-tak.

“Ons wil ons streek weerbaar en veilig maak. Dit is ook vir ons lekker om te sien hoe mense uit die gemeenskap bymekaarkom en mekaar op hierdie manier beter leer ken. Sodoende kan ons ’n sterk veiligheidsnetwerk in die streek bou,” voeg Kleynhans by.

Die tak beplan om vanjaar nog verskeie opleidingsessies aan te bied en wil die gemeenskap graag nooi om meer betrokke te raak. Raak vandag nog by AfriForum se Bo Karoo-tak betrokke en help bou aan ’n sterker veiligheidsnetwerk: SMS “Bo Karoo” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings