|

AfriForum se Bronkhorstspruit-tak hou kranslegging by Slag van Bronkhorstspruit-monument

Die AfriForum-tak in Bronkhorstspruit het op Vrydag 24 September 2021, saam met die plaaslike FAK-Kultuurnetwerk, ’n kranslegging by die Slag van Bronkhorstspruit-monument op Klipeiland gehou.

Hoewel die Slag van Bronkhorstspruit op 20 Desember 1880 plaasgevind het, was Erfenisdag die ideale dag om die kranslegging te hou. Ds. Gerhard Olivier het ’n kragtige boodskap gelewer en die dag met gebed begin. Kolonel Chris van Wyk (afgetree) het ook bietjie agtergrond gegee oor die huidige toestand van die monument en waar die standbeeld, wat oorspronklik deel was van die monument, nou geleë is. Ná die verrigtinge het almal saam braaivleis gaan eet by die Country BBQ Restaurant. 

“Geskiedenis is baie belangrik en speel ’n groot rol in ons lewe. Dit help ons om uit die lesse van die verlede te leer om sodoende beter besluite te neem in die toekoms. Juis daarom is dit só belangrik dat hierdie geskiedkundige monumente wat ons aan die verlede herinner behoue moet bly vir die toekoms,” sê Sampie Steinberg, distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord-gebied. “Ons moedig graag die plaaslike skole, ondernemings en alle inwoners aan om by ons projekte betrokke te raak en ons gemeenskap só te verbeter. Dis wonderlik om te sien hoe takstrukture al hoe meer volhoubare aksies dryf in hulle gemeenskappe.”

Sluit gerus aan met ’n maandelikse vrywillige bydrae deur ’n kort verifiëring op die gratis Telegram-toep by https://t.me/AfriForumBuurtBot te doen. Andersins kan jy “Bronkhorstspruit” na 45340 SMS (R1).

Soortgelyke plasings