|

Noordstreek-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel

AfriForum se buurtwagte in Gauteng, Mpumalanga en Limpopo het op 14 en 15 April in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), gemeenskapslede en verskeie sekuriteitsmaatskappye aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem. Dit het om 16:00 die middag begin en tot 06:00 die volgende oggend geduur. Die doel van hierdie patrollie is om sigbaarheid te verhoog in die onderskeie provinsies en sodoende misdaad teen te werk.

Altesaam 799 AfriForum-patrolleerders het deelgeneem, 24 358 km in 512 voertuie is afgelê en die buurtwagte het 35 insidente hanteer.

“Ek is baie trots op die noordstreek-buurtwagte wat altyd bereid is om deel te neem. Ek bedank ook elke patrolleerder, wat elke nag bereid is om hulle tyd op te offer om na die veiligheid van hul onderskeie gemeenskappe om te sien. Die verhoogde sigbaarheid in dorpe speel ’n belangrike rol in gemeenskapsveiligheid en daarom is dit belangrik dat patrollies soos hierdie moet plaasvind,” sê Sampie Steinberg, waarnemende veiligheidspesialis vir die noordstreek en AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Klik hier en raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke.

Soortgelyke plasings