|

AFRIFORUM SE DULLSTROOM-BUURTWAG ONTVANG TOERUSTING

AfriForum se buurtwag in Dullstroom het op 13 November nuwe patrollietoerusting ontvang.

Hierdie toerusting bestaan uit magnete vir voertuie, glimbaadjies, patrollieligte en radio’s. Die toerusting help dat lede hoë sigbaarheid tydens patrollies kan handhaaf en die radio’s help dat lede by AfriForum se nasionale radionetwerk kan inskakel.

“Hierdie toerusting verseker dat ons lede doeltreffend hulp kan verleen in enige situasie. In die toekoms sal daar oorweeg word om gevorderde toerusting soos lyfpantser en nagsigtoestelle aan te skaf indien daar ’n behoefte daarvoor ontstaan,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van Gemeenskapsveiligheid in die noordstreek.

Sluit vandag nog aan by AfriForum se Dullstroom-buurtwag: SMS “Dullstroom” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings