| |

AFRIFORUM SE BLOEMFONTEIN-BUURTWAGTE HELP OM VELDBRANDE TE BLUS

Die AfriForum-buurtwagte in Bloemfontein het sedert die begin van Julie reeds gehelp om 28 veldbrande in die gebied te bestry en te blus. 

Aan die begin van Julie is daar verskeie kere om hulp gevra op die AfriForum-buurtwagte in Bloemfontein se noodgroepe. Een van die brande wat die grootste verwoesting veroorsaak het, was by Jagersfontein waar verskeie buurtwaglede hulp aan die plaasgemeenskap en plaaslike brandweer verleen het.  

“Die aankoop van brandbestrydingstoerusting bemagtig ons buurtwagte om die gemeenskap en brandweer in noodsituasies te help,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein. “Ek wil ook graag die boere en kleinhoewe-eienaars in die omgewing aanmoedig om by hulle plaaslike brandvereniging aan te sluit om sodoende die korrekte prosedures te volg wanneer hulle beheerde brande uitvoer en brandpaaie maak om verwoesting te vermy.”  

“Ek moedig die gemeenskap aan om aan te sluit by hul plaaslike AfriForum-tak en ’n verskil te maak. Taklede se bydraes stel ons in staat om die werk te doen wat ’n verskil maak en om ons omgewing te beveilig,” sluit Groenewald af.  

Help jóú gemeenskap en raak betrokke by AfriForum: SMS “AfriForum” na 45344 (R1). 

Soortgelyke plasings