AfriForum se Endicott-plaaswag blus brande in Springs-gebied


AfriForum se Endicott-plaaswag het die afgelope naweek verskeie brande in Endicott en Vischkuil geblus. Dít volg nadat gemeenskapslede wat op kleinhoewes bly die afgelope tyd onder ’n groot aantal brande gebuk gaan.

“Die Springs-tak het in Junie vanjaar ’n waterkar aangekoop wat aangewend word om brande in die omgewing te blus. Alhoewel die brande beheerbaar is, is ons bekommerd oor die toename daarvan. Hierdie is die grootste aantal brande wat die gemeenskap in etlike jare moes beheer. Ons is dankbaar vir bystand en ondersteuning uit die gemeenskap, wat bereid is om saam te staan en ’n probleem proaktief aan te pak,” sê Roben Collen, voorsitter van AfriForum se Endicott-plaaswag.
“Gemeenskappe moet self vir hul omgewing verantwoordelikheid neem en in tye van nood saamstaan. Opleiding en toerusting speel ’n deurslaggewende rol in die strewe na selfstandigheid,” sê Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak.

Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings