|

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak woeker in die Noordelike voorstede

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het op 28 September 2021 ’n skoonmaakaksie op die hoek van Kingsmead- en Van der Stelstraat in Oakdale, Bellville aangepak om sodoende ’n skoner omgewing vir inwoners te skep en te help dat die woonbuurt nie agteruit gaan nie.  

Die aksie is beplan en uitgevoer nadat die tak verskeie klagtes rakende rommel in die omgewing ontvang het en die munisipaliteit nie aandag aan die klagtes geskenk het nie. Die tak het ’n bakkievrag vol rommel opgetel en weggery. 

“Aksies soos hierdie wys weereens die krag van ’n gemeenskap wat oplossings vir probleme soek eerder as om te wag vir iemand anders om die probleme op te los,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder in die Boland. “Daar sal planne gemaak word om aksies soos hierdie ook in ander areas aan te pak.”

Die tak moedig die gemeenskap aan om by soortgelyke projekte betrokke te raak en deel te word van die oplossing. Sluit vandag nog by AfriForum se Kaapstad-Noord-tak aan: SMS ‘’Kaapstad-Noord’’ na 45350. (R1)

Soortgelyke plasings