|

AfriForum se Kroonstad-tak help om die dorp skoon te hou

Die AfriForum-tak in Kroonstad het op Saterdag, 18 September, saam met vrywilligers en ondernemings uit die gemeenskap ’n grootskaalse skoonmaakaksie aangepak om die pad na die Kroonpark Vakansieoord op te ruim.

Kroonpark Vakansieoord was in die verlede onder die top 10 vakansieoorde in die land en die gemeenskap sal graag wil hê dat Kroonpark en Kroonstad se beeld in die toerismebedryf herstel moet word.

“Rommel wat sommer net in die bosse en langs die pad gestrooi word, is nie net onooglik nie, maar dit is ook ’n gesondheids- én omgewingskwessie,” sê Gabrie Grobbelaar, AfriForum se takvoorsitter in Kroonstad.

AfriForum se Kroonstad-tak bedank elke persoon, onderneming en organisasie wat die nodige masjinerie, toerusting, tyd en fondse bygedra het om ons gemeenskap ’n beter, skoner en veiliger plek te maak vir ons en ons kinders.

Chris Morgan, distrikskoördineerder vir die Hoogland, moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak by AfriForum se Kroonstad-tak en sodoende te help bou aan ’n beter toekoms.

SMS “Kroonstad” na 45344 (R1) om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak.

Soortgelyke plasings