|

Nuwe De Rust-buurtwagbestuur gereed om misdaad die stryd aan te sê

Die beveiliging van ’n gemeenskap kan nie in afsondering geskied nie. Dít is volgens Nico Grobbler, die nuwe buurtwagleier  van AfriForum se De Rust-buurtwag, die rede waarom hierdie buurtwag deel is van ’n netwerk van AfriForum-veiligheidstrukture. Dié nuwe buurtwagbestuur is gereed om saam met die gemeenskap te werk om ’n veiliger omgewing vir almal te skep.

Grobbler word in sy rol as buurtwagleier ondersteun deur Willem Burger (operasionelespanleier), Elmarie Els (inligtingspanleier) en Crystelle Grobbler (steunspanleier).

“Die uitdagings wat ons gemeenskappe ten opsigte van veiligheid ervaar verg ’n buurtwag wat toegerus is met die nodige kennis om met selfvertroue op te tree in noodsituasies. AfriForum bied deurlopend opleiding aan ons buurtwaglede om hulle te bemagtig met die nodige vaardighede om die gemeenskap te beveilig,” sê David Olivier, AfriForum se veiligheidshoof in die suidstreek.

Besoek www.afriforumbuurtwag.co.za om deel te word van dié buurtwag.

Soortgelyke plasings