|

AfriForum se Noord-Kaap-takke toets water vir cholera

AfriForum se Noord-Kaap-takke het op 5 Junie watermonsters in die streek begin neem. Dit volg nadat sterftes weens cholera en rioolstorting in verskeie riviere reg oor die land tot groot kommer gelei het.

Dorpe langs die Oranje- en Vaalrivier, se water sal nog getoets word om die omvang van die besmetting te bepaal sodat inwoners van die provinsie ingelig en veilig kan wees. Van die dorpe wat se water reeds getoets is sluit in: Douglas, Warrenton, Barkly-Wes en Upington.

“Dié AfriForum takke sal hierdie week watermonsters in Keimoes, Kakamas en Springbok neem, sodat ons die stand van sake in die provinsie kan vasstel,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

Hoë E.coli-vlakke is in April vanjaar reeds in die Vaalrivier gevind nadat Strauss die water laat toets het.

“Ons sal die uitslae aan die publiek bekend maak sodra ons die resultate van die laboratorium af terug ontvang, dit is beter om eerder proaktief as reaktief op te tree,” sluit Strauss af.

Soortgelyke plasings