|

AfriForum stig plaaswag in Uitenhage

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 24 Mei die Winterberg-plaaswag in Uitenhage gestig.

Die bestuur bestaan uit Darius Stumke (plaaswagleier), Pieter Jacobs (operasionele spanleier), Brandon Buckley (steun spanleier), Yvette du Piesanie (inligting spanleier).

Dié plaaswag vorm deel van AfriForum se takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie en ander plaaslike veiligheidsinstansies in nood te help.

“Ek is baie opgewonde oor die stigting van ons plaaswag en nooi die gemeenskap uit om by ons in te skakel. Ons kan nie langer die geveg teen misdaad op die skouers van die polisie alleen laat rus nie; ons moet self betrokke raak,” sê Stumke, leier van die Winterberg-plaaswag.

“Die veiligheidsuitdagings wat ons gemeenskappe deesdae in die gesig staar vereis dat ’n buurtwaglid toegerus is met die nodige kennis om met selfvertroue op te tree en goeie besluitneming aan die dag te kan lê. Ons het ’n uitgebreide opleidingsprogram en sal dus spoedig daarmee begin,” sê Wikus van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

Inwoners wat graag by hierdie AfriForum-plaaswag betrokke wil raak, kan vir Tania Pienaar by 067 739 0871 kontak.

Klik hier om vandag nog by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke te raak.

Soortgelyke plasings