|

AfriForum se Noord van die berg-tak verfraai omgewing

AfriForum se Noord van die berg-tak het hul eie tuinspan op die been gebring, en het verlede week hard in die Pretoria-Noord-omgewing gewoeker.

Daar word ongeveer 60 swartsakke met vullis per dag verwyder. Dié span het onder meer Pretoria-Noord se stadsaal in Emily Hobhousestraat, Monumentpoort se parkie in President Steynstraat, die Jackson van Zyl-park in Francoisstraat en die park in Theresapark in Bokmakieriestraat skoongemaak.

“Ek wil graag ’n beroep op elke inwoner in die noorde van Pretoria doen om by hierdie tipe projekte betrokke te raak. Saam kan ons ’n verskil maak. Instansies wat hande met hierdie AfriForum-tak wil vat is welkom, want selfdoen is beter as niksdoen,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

AfriForum se Noord van die berg-tak moedig die gemeenskap aan om by hierdie projek betrokke te raak. Die gemeenskap kan aktief betrokke raak en/of donasies maak in ’n poging om die noorde van Pretoria weer netjies te maak.

Om by die projek betrokke te raak of by jou plaaslike AfriForum-tak aan te sluit, kontak Quentin Meyer by 082 304 8985.

Sluit aan met ’n maandelikse vrywillige bydrae of SMS “Noord van die berg” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings