|

AFRIFORUM SE NOORDSTREEK-BEHEERKAMER BIED BYSTAND AAN BUURTWAGTE

AfriForum se noordstreek-beheerkamer het gedurende Desember 2020 bystand verleen aan die AfriForum-buurtwagte in die noordstreek (Gauteng, Limpopo, Mpumalanga). Die doel van hierdie beheerkamer is om AfriForum se buurtwagte te versterk en te verseker dat hulp en die nodige hulpbronne vinniger ontbied kan word.

Meer as 260 gevalle is gedurende Desember deur hierdie beheerkamer hanteer. Hier volg ’n paar hoogtepunte:

  • Die beheerkamer het die SAPD tydens ’n huisbraak in Pietersburg ontbied waar die verdagte vasgetrek is.
  • Die beheerkamer verleen ook bystand en ontbied die SAPD tydens ’n gewapende rooftog in Warmbad en die rowers word in hegtenis geneem.
  • Na ’n motorongeluk in Centurion het die beheerkamer hulp verleen deur die nooddienste en SAPD na die toneel te ontbied.
  • Tydens ’n huisbraak in Krugersdorp ontbied die beheerkamer die SAPD en een verdagte word vasgetrek.
  • Tydens ’n huisbraak in Standerton ontbied die beheerkamer weer die SAPD en een verdagte word vasgetrek en in hegtenis geneem.
  • Die beheerkamer het ook bystand in Ellisras verleen deur die nooddienste te ontbied vir ’n manlike pasiënt wat gesukkel het om asem te kry. Die nooddienste het betyds opgedaag om hom te help.

“Die suksesse wat behaal en bystand wat verleen word deur hierdie beheerkamer beklemtoon weereens die belangrike rol wat die beheerkamer speel om ons gemeenskappe te versterk en te beveilig,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek. “Die AfriForum-buurtwagte is daagliks besig om hulle gemeenskappe te beveilig en dit is juis vir hierdie rede wat AfriForum projekte soos hierdie aanpak om seker te maak dat ons lede, wat vrywillig hulle tyd opoffer, beter hulpbronne het om optimaal te funksioneer en misdaad binne die raamwerk van die wet te bekamp.”

Soortgelyke plasings