|

AfriForum se Port Elizabeth-tak help om bome te plant

Die AfriForum-tak in Port Elizabeth het op 30 September in samewerking met die Nelson Mandela Baai Metropolitaanse Munisipaliteit bome by ’n parkie in Sherwood geplant om die parkie te verfraai.

“Die tak het die munisipaliteit genader om hulle te help om vyf bome te plant. Die bome gaan in die toekoms baie skaduwee vir besoekers aan die parkie bied,” sê Hannes Oosthuizen, leier van AfriForum se Walker Drive-buurtwag.

“Om ’n boom te plant wys dat ’n mens geloof in die toekoms het. Al gaan jy dalk nie die vreugde van die boom geniet nie, het jy die geloof dat jou nageslag dit wel sal kan geniet. Ek wil mense aanmoedig om regdeur die jaar bome te plant om sodoende hoop vir die toekoms te help skep,” sluit Oosthuizen af.

“AfriForum versoek alle gemeenskappe om by hul plaaslike AfriForum-strukture betrokke te raak om sodoende na hul eie toekoms te begin omsien. Sluit dus vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak aan,” sê Wikus van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

Raak vandag nog betrokke deur www.wordlid.co.za te besoek.

Soortgelyke plasings